Marin Alsop

Marin Alsop (gebore op 16 Oktober 1956) is 'n Amerikaanse vroulike dirigent en violis.

Sy is tans musiekdirekteur van beide die Baltimore Simfonieorkes en die Orquestra Sinfônica do Estado de São Paulo (Afrikaans: São Paulo Staat-simfonieorkes), asook hoofdirigent van die Wene Radio-simfonieorkes.

Marin Alsop
Marin Alsop
Agtergrondinligting
Gebore16 Oktober 1956 (1956-10-16) (67 jaar oud)
New York Stad
GenresKlassiek
Beroep(e)Dirigent
InstrumenteViool
EtiketteNaxos

Diskografie

Alsop het haar eerste opname in 2008 gedirigeer saam met die Koninklike Skotse Nasionale Simfonieorkes met 'n seleksie werke deur Samuel Barber, wat vrygestel was as deel van die American Classics-reeks op Naxos. Hierdie plaat was gevolg deur 'n verdere vier plate wat tussen 2001–2004 vrygestel was, gewy aan die werke van Samuel Barber. In 2003 het Alsop haar eerste plaat van Leonard Bernstein vrygestel wat opgeneem is met die Bournemouth SO en Koor.

In Junie 2006 het Alsop die Baltimore SO gedirigeer, saam met die violis Joshua Bell, in 'n uitvoering van John Corigliano se Vioolconcerto (bekend as The Red Violin) wat deur Sony Classical Records opgeneem is en in September 2007 vrygestel is. Alsop en die Baltimore SO het hul eerste lewendige opname en vrystelling vir iTunes gemaak van Igor Strawinski se Die Rite van Lente. Nadat Alsop die Baltimore pos bekom het, was een van haar eerste projekte as musiekdirekteur die maak van 'n reeks opnames van Dvořák se werke vir Naxos. Die eerste plaat in die reeks, met o.a. Dvořák se Simfonie No. 9, Van die Nuwe Wêreld en die Simfoniese Variasies van Dvořák, was in Februarie 2008 vrygestel en was genomineer vir die BBC Musiek-tydskrif se 2008 Plaat van die Jaar.

Ander opnames deur Alsop met Naxos sluit 'n simfoniese siklus van Brahms saam met die Londen Filharmoniese Orkes, en 'n reeks Bournemouth SO opnames, welke Bartók se Die Wonderbaarlike Mandaryn, Bernstein se Chichester Psalms en die simfonieë van Kurt Weill insluit, in.In 2009 het Alsop 'n opname van Leonard Bernstein se Mis (musiek) vrygestel wat opgeneem is saam met die Baltimore SO. In 2010 het Alsop se opname van Jennifer Higdon se Perkussieconcerto saam met die Londen Filharmoniese Orkes en die solis Colin Currie ook lof ontvang.Ander onlangse vrystellings sluit Dvořák se simfonieë no. 7 & no. 8 saam met die Baltimore SO; Nixon in China, en werke deur Roy Harris, Aaron Copland, en Barber; in, alles op Naxos. In 2012 het Alsop en die Baltimore SO 'n opname van Gustav Mahler se Simfonie No. 1, ook op Naxos, vrygestel.

Verwysings

Eksterne skakels

Kulturele poste
Voorafgegaan deur
Philippe Entremont (Denver Simfonieorkes)
Musiekdirekteur, Colorado Simfonieorkes
1993-2005
Opgevolg deur
Jeffrey Kahane
Voorafgegaan deur
Yakov Kreizberg
Hoofdirigent, Bournemouth Simfonieorkes
2002-2008
Opgevolg deur
Kirill Karabits
Voorafgegaan deur
Yan Pascal Tortelier
Hoofdirigent, Orquestra Sinfônica do Estado de São Paulo
2012-tans
Opgevolg deur
ingesetene

Tags:

16 Oktober1956AfrikaansDirigentVerenigde StateViolis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BrasiliëMandalaLys van Afrikaanse skrywersBorsSpringbokDokterAngssteuringVigsItaliëDiarreeDemografie van Suid-AfrikaOnderhandelinge om apartheid te beëindigKommunismeWekkerStrykysterKlimaatveranderingOorstromingTsoenamiIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieBrandmondsindroomGroot vyfJagluiperdMassaAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidPaulus van TarsusZoeloesPinksterEnsiklopedieLys van Suid-Afrikaanse musikanteSuid-Afrikaanse randVlag van Suid-AfrikaSatellietErektiele disfunksiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaIronieDroogteVerenigde State van AmerikaLys van politieke partye in Suid-AfrikaRuslandBoomOmgewingsbeheerJohannes HahnKolonisasieKrieketAalwynOopbroninhoudBewussynGregoriaanse kalenderBloedsomloopstelselHolocaustWolkWebjoernaalLongontstekingSkaakVoedingVoorsetselGlasAfrikanersVeeartsHemelvaartLettergreepPapierConsolidated B-24 LiberatorKoolstofdioksiedAustraliëKatKunsSokkerGasLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSlag van BloedrivierIntensiewe vormHartversakingBrendan Peyper🡆 More