Margate, Kwazulu-Natal: Dorp in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika

Margate is 'n kusvakansiedorp aan die KwaZulu-Natalse Suidkus, ongeveer 20 km suid-suidwes van Port Shepstone geleë.

Die rivier wat in die see vloei by Margate is bekend as die "Nkongweni"-rivier (plek van onthaal) omdat daar berig word dat die oorspronklike inwoners baie wreed was met reisigers, en dat die reisigers hulle moes smeek vir gasvryheid.

Margate
Margate se hoofstrand
Margate se hoofstrand
Margate is in KwaZulu-Natal
Margate
Margate
Margate, Kwazulu-Natal: Geskiedenis, Vakansieoord, Margate–monster Margate se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 30°51′00″S 30°22′00″O / 30.85000°S 30.36667°O / -30.85000; 30.36667 30°22′00″O / 30.85000°S 30.36667°O / -30.85000; 30.36667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikUgu
MunisipaliteitRay Nkonyeni
Stigting1908
Oppervlak
 • Totaal29,21 km2 (11,28 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal26 785
 • Digtheid917/km2 (2 380/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense46.9%
 • Indiërs/Asiërs3.1%
 • Bruin mense2.2%
 • Swart mense47.3%
 • Ander0.6%
Taal (2011)
 • Engels 35.8%
 • Xhosa 22.5%
 • Afrikaans 19.8%
 • Zoeloe 18.4%
 • Ander 3.5%
Poskode (strate)
4275
Poskode (posbusse)
4275
Skakelkode039

Geskiedenis

In 1908, het Henry Richardson, 'n Engelse stadsbeplanner die dorp uitgelê en dit Margate, Kent genoem, na 'n ander kusvakansiedorp aan die noordkus van Kent, in die Verenigde Koninkryk. In 1941 is die nedersetting tot dorpsgebied verklaar en munisipale status het in 1947 gevolg. Die Margate-lughawe is in 1973 sowat 4 km vanaf die dorp geopen.

Vakansieoord

Margate beskik oor pragtige strande vir onder andere swem, branderplankry, en snorkel. Daar is ook baie woonstelle wat akkommodasie bied aan inwoners en besoekers. Margate word gekomplimenteer deur 'n afgeslote straat vir inkopies en talle restaurante, kroeë en nagklubs, wat dit 'n gesogte plek onder Suid-Afrikaners en buitelandse besoekers maak; dié spandeer graag hulle vakansies hier.

Die dorp is op sy besigste gedurende skoolvakansies en op openbare vakansiedae wanneer binnelanders na die kus reis. Kersfees en Paasfees is veral besige tye, met Margate se hoofstraat gewoonlik erg beset deur die vakansieverkeer. Margatestrand is as 'n Blouvlagstrand gesertifiseer.

Margate–monster

Margate het die wêreld se hoofnuus gehaal in 1922 (alhoewel hierdie datum betwis word, en sommige meen dit is 1924) toe 'n enorme, wit, wollerige kreatuur (gedoop as "Trunko" as gevolg van die groot olifantagtige slurp wat dit gehad het) op die strand uitgespoel het. Ongelukkig was die "Margate–monster" te ver ontbind om dit ordentlik te kon identifiseer.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Margate, Kwazulu-Natal GeskiedenisMargate, Kwazulu-Natal VakansieoordMargate, Kwazulu-Natal Margate–monsterMargate, Kwazulu-Natal Sien ookMargate, Kwazulu-Natal VerwysingsMargate, Kwazulu-NatalKwaZulu-NatalPort ShepstoneRivier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Finale OplossingAnglisismeInternetLoftus MaraisPad na jou hartLetterkundeWetenskaplike klassifikasieGrondbesoedelingKatIngrid JonkerJan van RiebeeckMIVWoestynPieter PieterseSonkragNazi-DuitslandHoofkarakterVerlede tydVingerseksLimpopo (rivier)WoordsoortWitbloedselKlein-KarooMobutu Sese SekoSwangerskapAntoniemGeskiedenis (vakgebied)JohannesburgSenuweestelselBakterieEuropaBayer 04 LeverkusenC. Louis LeipoldtIslamStruktuur van die AardeStaalJan van TonderLodewyk XVI van FrankrykOogproblemeMiddelmisbruikStereotipeBlonde stereotipeAardbewingWikiquoteAborsie in Suid-AfrikaEngelsTienerVryheidsdagGeskiedenis van Suid-AfrikaKindermishandelingPolisieKoerantVlinderGoogleAalwynDwelmonttrekkingWoordeboek van die Afrikaanse TaalVarkgriepMisdaadromanGoudkus (streek)SebraWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaHomofoonAlkoholismeKonsentrasiekampDeon MeyerMark (ekonomie)SeekatDubbelpuntLugbesoedelingWaterbesparing in Suid-AfrikaBestuiwingErektiele disfunksieGroot Trek🡆 More