Maraisburg

Maraisburg is 'n voorstad van Roodepoort in Gauteng.

Maraisburg
Maraisburg is in Gauteng
Maraisburg
Maraisburg
Maraisburg Maraisburg se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°10′30″S 27°55′23″O / 26.17500°S 27.92306°O / -26.17500; 27.92306 27°55′23″O / 26.17500°S 27.92306°O / -26.17500; 27.92306
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Johannesburg
HoofplekRoodepoort
Oppervlak
 • Totaal1,26 km2 (0,49 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal3 053
 • Digtheid2 423/km2 (6 280/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense16,4%
 • Indiërs/Asiërs6,2%
 • Bruin mense34,8%
 • Swart mense39,9%
 • Ander2,8%
Taal (2011)
 • Engels 43,2%
 • Afrikaans 22,6%
 • Tswana 7,5%
 • Zoeloe 7,4%
 • Ander 19,3%

Dit word begrens deur, kloksgewys van die weste: Florida, Florida-Noord, Delarey, Industria-Noord en Bosmont. ’n Stukkie in die ooste lê aan die ander kant van die N1 Westelike Verbypad en ’n ewe klein gedeelte in die noordweste ander kant Ontdekkersweg. Die oos-wes-spoorlyn verdeel Maraisburg in min of meer twee gelyke dele.

Geskiedenis

Maraisburg 
Die kerkgebou (regs) en saal (links) van die eertydse NG gemeente Kriel, wat moontlik so genoem is om verwarring met die NG gemeente Maraisburg in die Oos-Kaap te voorkom.

Maraisburg is aangelê op die plaas Paardekraal en genoem na die eienaar, Abraham Petrus Marais. Reeds in 1904 is dit met Roodepoort geamalgameer. Intussen het ene Daniël Marais, diaken van die NG gemeente Burgersdorp, omstreeks 1870 ontdek sommige jong mense van 14 tot 16 jaar in die omgewing van sy plaas was nog nie gedoop nie. Deur sy toedoen is die plaas Boorfontein gekoop om as skool- en kerkplek te dien en so is die dorp Maraisburg in 1873 aangelê. Ten einde verwarring met die (jonger) Maraisburg aan die Rand te voorkom, is die dorpie se naam in 1911 na Hofmeyr verander ter ere van Onze Jan Hofmeyr. Eers in die 1970's is die NG gemeente se naam ook verander, na NG gemeente Hofmeyr, pleks van Maraisburg. Die NG gemeente in Maraisburg, Roodepoort, het met sy afstigting van die NG gemeente Florida in 1944 die naam Kriel gekry ter ere van ds. Abraham Kriel. Intussen leef die naam Maraisburg in die Oos-Kaap voort as die naam van die landdrosdistrik waarvan Hofmeyr die setel is.

Demografie

Die grense van Maraisburg vir die doeleindes van die sensusse van 2001 en 2011 verskil ietwat, maar nie genoegsaam om vergelykings in die syfers onmoontlik te maak nie. In 2011 was die voorstad se totale bevolking 2 892 van wie 1 093 (37,8%) wit was, 914 (31,6%) swart en 754 (26,1%) bruin. Destyds het 1 231 (42,6%) van die inwoners hul huistaal as Engels aangedui en 777 (26,87%) as Afrikaans. Soos in tallose ouer en mindergegoede voorstede van Johannesburg het ook Maraisburg se swart bevolking in die daaropvolgende 10 jaar tot die sensus van 2011 aansienlik toegeneem, in dié geval tot 1 217 (39,9%), ’n toename van meer as 33%, vergeleke met die voorstad se toename van net 5,6% tot 3 053, moontlik vanweë die veranderde grense. In dieselfde tyd het die wit bevolking meer as gehalveer tot 500 (16,4%). Ook onder die bruin inwoners was daar ’n toename tot 1 061 (34,8%).

Verwysings

Bronne

Tags:

Maraisburg GeskiedenisMaraisburg DemografieMaraisburg VerwysingsMaraisburg BronneMaraisburgGautengRoodepoort

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MuishondNatriumsulfietVars waterProstaatkankerSpringbokkeBrittany Ashton HolmesNoord-KaapHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalPaasfeesTweede WêreldoorlogErica BoyerOrtopedie2001Angina pectorisMuskeljaatkatWaterbesparing in Suid-AfrikaArabies-Israeliese konflikViëtnamSokkerHandelsmerkWet op NaturellengrondHolocaustWortelNag van die lang messeMigrasie van voëlsGeldMenslike skeletGevolge van aardverwarming op oseaneWerkwoordDuitse maselsApokriewe boekeStadLys van hoofstedePiesangOntwerpPersLys van Kaapstad se voorstedeVaginale kankerLys van elemente volgens simboolLiefdeNiemetaalGrondwet van Suid-AfrikaViëtnamoorlogDuitslandC.J. LangenhovenGroepsgebiedewetBesoedelingFiela se kindVennootskapMetafoorMaagWikiquoteHeupvervangingVraag en aanbodWoestynPornografiePoësieBestuiwingSeksismeEngelsWeervoorspellingOligopolieKoperKommunikasieMandalaGlasAfrikaConsolidated B-24 LiberatorKolonoskopiePesachRobert SobukweE-posWinterDesmond TutuGesondheidAssonansie🡆 More