Marais Viljoen

Marais Viljoen (2 Desember 1915, Robertson – 4 Januarie 2007, Pretoria) het tussen 4 Junie 1979 en 3 September 1984 as Suid-Afrika se laaste seremoniële (nie-uitvoerende) staatshoof gedien.

Dié amp is met die grondwetwysiging van 1983 verander in een met uitvoerende magte. Hy is opgevolg deur P. W. Botha. Hy het voorheen waargeneem as staatspresident tussen 21 Augustus 1978 en 10 Oktober 1978, waarna B.J. Vorster tot die amp verkies is.

Marais Viljoen
Marais Viljoen

Ampstermyn
4 Junie 1979 – 4 September 1984
Eerste minister Pieter Willem Botha
Voorafgegaan deur John Vorster
Opgevolg deur Pieter Willem Botha (uitvoerend)

Staatspresident van Suid-Afrika (waarnemend as president van die Senaat)
Ampstermyn
21 Augustus 1978 – 10 Oktober 1978
Eerste minister John Vorster‎
Pieter Willem Botha
Voorafgegaan deur Nicolaas Johannes Diederichs‎
Opgevolg deur John Vorster

President van die Senaat
Ampstermyn
22 Januarie 1976 – 19 Junie 1979
Voorafgegaan deur Jan de Klerk
Opgevolg deur Jimmy Kruger

Persoonlike besonderhede
Gebore 2 Desember 1915
Robertson, Kaapprovinsie, Unie van Suid-Afrika
Sterf 4 Januarie 2007 (op 91)
Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika
Politieke party Nasionale Party
Eggenoot/-note Dorothea Maria Brink (1940–2005; haar dood)
Kind(ers) Elizabeth Magdalena
Religie Nederduitse Gereformeerde Kerk

Viljoen is op 2 Desember 1915 op die plaas Takkap buite Robertson in die Wes-Kaap gebore as die jongste van die ses kinders van Gabriel Francois (Blits) Viljoen en Magdalena Debora (Lenie) de Villiers, en het aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad skoolgegaan. Hy moes weens geldnood (sy vader is oorlede toe Viljoen vier maande oud was) sy skoolloopbaan kortknip, maar het later sy matriek buitemuurs voltooi.

Hy het by die Maitland-poskantoor as telegrafis begin werk en was later ’n vertaler by die Poskantoor se hoofkantoor in Pretoria. Op 1 Oktober 1937 het hy hom as verslaggewer aangesluit by Die Transvaler, wat toe onder die redakteurskap van dr. H.F. Verwoerd was.

Op 20 April 1940 is hy met Dorothea Maria (Marietjie) Brink, ’n musiekonderwyseres en boorling van Potchefstroom, getroud. Hulle het 'n dogter, Elna Meyers, gehad. Brink is op 10 Mei 2005 oorlede.

Viljoen was van 1958 Volksraadslid vir Alberton en het later onder meer gedien as adjunkminister van arbeid en mynwese (1958-1966), minister van arbeid en kleurlingsake (1966-1970), minister van arbeid en pos- en telekommunikasiewese (1970-1976), en ook as president van die Senaat (1976-1979). Hy was tussen Augustus en Oktober 1978 twee maande lank waarnemende staatspresident ná die afsterwe van Nicolaas Johannes Diederichs en voor John Vorster president geword het.

Viljoen is op 4 Januarie 2007 in Pretoria aan hartversaking oorlede. Ingevolge regeringsbeleid is 'n staatsbegrafnis op Saterdag 13 Januarie gehou wat bestaan het uit 'n gedenkdiens in Pretoria en 'n teraardebestelling in Bloemfontein wat volgens die familie se versoek beperk is in skaal. Adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka het die begrafnisdiens namens President Thabo Mbeki bygewoon.

Verwysings

Voorafgegaan deur
Nicolaas Johannes Diederichs
Staatspresident van Suid-Afrika (wnd.)
1978
Opgevolg deur
John Vorster
Voorafgegaan deur
John Vorster
Staatspresident van Suid-Afrika
1979–1984
Opgevolg deur
Pieter Willem Botha (uitvoerende Staatspresident)
Voorafgegaan deur
Jan de Klerk
President van die Senaat
1976–1979
Opgevolg deur
Jimmy Kruger
Presidente van Suid-Afrika
 1961–1994  seremonieel: Charles Robberts Swart | Jozua François Naudé (waarnemend) | Jacobus Johannes Fouché | Nicolaas Johannes Diederichs | Marais Viljoen (waarnemend) | John Vorster | Marais Viljoen | uitvoerend: Pieter Willem Botha | Frederik Willem de Klerk
Marais Viljoen 
 1994–  Nelson Mandela | Thabo Mbeki | Kgalema Motlanthe | Jacob Zuma | Cyril Ramaphosa
Marais Viljoen 

Tags:

10 Oktober191519781979198319842 Desember200721 Augustus3 September4 Januarie4 JunieB.J. VorsterP. W. BothaPretoriaRobertsonSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DuitslandLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameBTWPlantMenstruasieHemelvaartsdagSpinnekopGalileo GalileiAlkoholismeVerenigde State van AmerikaKlavierLys van Afrikaanse digtersElon MuskKolorektale kankerInternetSkarlakenkoorsWoordsoortEskomHipoteseSwangerskapAdolf HitlerKarlien van JaarsveldPoësieSkildklierGeweldGeboorteWatersuiweringSportOranje-VrystaatEngelsBloeddrukStaalGroepsdrukLimpopo (rivier)EmosieTweede WêreldoorlogAppelTeam Fortress 2VryheidsmanifesBeurtkragHerfsPlae van EgipteRumatiekPad na jou hartSpierVerlede tydMetaalStereotipeWinterLys van Suid-Afrikaanse digtersRefentse MorakeBorsMaatskappyEeuChristendomKewerDiepaartromboseOlimpiese SomerspeleSeksuele opwekkingNederlandDuitse masels1200Bek-en-klouseerOrgasmeProstaatkankerJuan Antonio VillacañasAalwynViëtnamLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaVerkleurmannetjieAboriginesProstaatklierBokmakierieE-posWaterkringloopKoue Oorlog🡆 More