Manuel Ferrara

Manuel Jeannin (IFA: manɥɛl ʒanɛ̃; gebore 1 November 1975), professioneel bekend as Manuel Ferrara, is 'n Franse pornografiese akteur en regisseur.

Manuel Ferrara
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Ferrara in 2019.

Geboortenaam Manuel Jeannin
Alias Manu, Manuel, Manuel Ferrera, Manu Ferrara, Emanuel Ferrara, Manu Ferraro, Frog Ferrara, Manu Ferrera, Manual Ferrara, Manu Gaussian, Manuel Ferrara, grand chibrax
Geboorte 1 November 1975 (1975-11-01) (48 jaar oud)
Le Raincy, Frankryk
Nasionaliteit Frans
Lewensmaat Dana Vespoli,
Kayden Kross
Beroep(e) Pornografiese akteur, regisseur
Aktiewe jare 1997-tans
Webwerf manuelferrara.com
Toekennings AVN-prys vir manlike kunstenaar van die jaar: 6 keer
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Ferrara is een van die vooraanstaande akteurs in die pornografiebedryf en het al meer as 60 pryse gewen, onder meer die AVN-prys vir manlike kunstenaar van die jaar, wat hy 'n rekordgetal van ses keer ingepalm het. Hy is opgeneem in die heldesaal van AVN en XRCO.

Lewe en loopbaan

Ferrara is in Le Raincy, Frankryk, gebore. Hy het sy eerste toneel in harde pornografie in 1997 geskiet, terwyl hy studeer het, nadat hy op 'n advertensie in 'n Franse pornografietydskrif gereageer het. Hy het toe sy pornografieloopbaan begin en in verskeie Franse en Europese prente verskyn. Hy het sy verhoognaam gekies omdat hy effens lyk soos die bokser Stéphane Ferrara, wat later 'n akteur geword het.

Ferrara het die beskermling geword van Rocco Siffredi, wat hom aanbeveel het vir 'n rol in John Stagliano se Fashionistas, waarin hy sy Amerikaanse debut gemaak het. In 2003 het hy gonzo-pornografie begin regisseer en in 2004 vir Red Light District Video.

Ná twee jaar het Ferrara vir Evil Angel begin regisseer en hy was sedertdien die regisseur van verskeie prente.

Op 22 Januarie 2012 het Ferrara die eerste akteur geword wat AVN se prys vir manlike kunstenaar van die jaar vier keer gewen het. Hy het dit daarna, in 2014 en 2019, weer gewen.

Ferrara het gedurende sy loopbaan in sowat 2 200 prente verskyn. In 2012 het hy en die pornografiese aktrise Zoe Voss in 'n eksplisiete sekstoneel in die hoofstroomprent Starlet verskyn.

Verwysings

Skakels

  • Manuel Ferrara  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

IFAPornografiese akteur

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Orale seksWet op BevolkingsregistrasieDokterWillie JoubertMiddeloorontstekingIntensiewe vormKaaps-Hollandse stylKimberleyWikipediaAnti-inflammatoriese middelMark (ekonomie)WaterpokkiesLabia (geslagsdele)SatellietfotoWet op NaturellengrondFilosofieMeeueBank (finansiële instelling)HartversakingLieweheersbesieMisdaadMiljardHerpes simplexRomanDrakensbergeEkotoerismeSnaarinstrumentBybelAnglisismeAlkoholismeSoogdierDomineeHibernasieGipsKolorektale kankerGeslagGroot vyfJeugdagVaste stofPubiese hareVaginale kankerStereotipeSkisofrenieBosvarkItaliëVrystaatEuropaKultuurEugenetikaInnes en Franna BenadéDemokrasieSan Andreas-breukTsoenamiNasiebouAfrikaanse TaalmonumentKrieketWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaWaterbesparing in Suid-AfrikaKongo-krisisAnale seksRasionale getalBreinkaartSpringbokSkaapRenaissanceSaartjie BaartmanHartseerGroepsdrukTrekarbeidWet op Bantoe-onderwysVlag van Suid-AfrikaDubbelpuntSwaelAngina pectorisWater (molekuul)ReënSekondêre sektor van die ekonomie🡆 More