Vajrayana: Boeddhistiese stroming

Vajrayana is ’n komplekse stelsel van Boeddhistiese denkrigtings en praktyke met vele fasette wat oor verskeie eeu ontwikkel het.

Dit is ook bekend as Tantristiese Boeddhisme, Tantrayana, Mantrayana, Geheime Mantra of Esoteriese Boeddhisme.

Volgens Vajrayana-geskrifte verwys die term Vajrayana ("die Diamantvoertuig") na een van drie voertuie of paaie wat lei na verligting; die ander twee is Sravakayana (ook bekend as Hinayana, "die Klein Voertuig") en Mahayana ("die Groot Voertuig).

Agtergrond

Vajrayana is deur Indiese mahasiddhas gestig en volg die Boeddhistiese tantra-geskrifte.

Tantristiese Boeddhisme het in ’n groot mate te doen met rituele en meditasiepraktyke. Een aspek van Vajrayana is die inspan van psigo-fisieke energie deur rituele, visualiserings, fisieke oefeninge en meditasie as ’n manier om die gees te ontwikkel. Deur dié tegnieke kan iemand boeddhaskap in een leeftyd behaal, of selfs in drie jaar. Dié praktyke kan seksuele joga insluit, maar net vir sommige gevorderde beoefenaars.

Geskiedenis

Hoewel die eerste Boeddhistiese tantras van die 3de tot die 12de eeu in Indië verskyn het, glo geleerdes soos Hirakawa Akira dat Vajrayana waarskynlik in die 6de of 7de eeu ontstaan het, terwyl die term Vajrayana self in die 8ste eeu begin gebruik is.

Die Vajrayana is voorafgegaan deur die Mantrayana en is gevolg deur die Sahajayana en Kalacakrayana.

Verwysings

Bronne

  • Buswell, Robert E., ed. (2004), Encyclopedia of Buddhism, Macmillan Reference USA, ISBN 0-02-865910-4 
  • Williams, Paul (1989), Mahayana Buddhism: the doctrinal foundations, London: Routledge, ISBN 0-415-02537-0 
  • Williams, Paul; Tribe, Anthony (2000), Buddhist Thought: A complete introduction to the Indian tradition, Routledge, ISBN 0-203-18593-5 
  • Keown, Damien; Prebish, Charles S. (2004), Encyclopedia of Buddhism, London: Routledge, ISBN 978-0-415-31414-5 
  • Akira, Hirakawa (1993), Paul Groner, ed., History of Indian Buddhism, Translated by Paul Groner, Delhi: Motilal Banarsidass Publishers 
  • Schumann, Hans Wolfgang (1974), Buddhism: an outline of its teachings and schools, Theosophical Pub. House 
  • Vajrayana: Agtergrond, Geskiedenis, Verwysings  Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wiki

Tags:

Vajrayana AgtergrondVajrayana GeskiedenisVajrayana VerwysingsVajrayana BronneVajrayanaBoeddhismeKomplekse stelsel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Slag van BloedrivierAkwariumWaterpokkiesLys van oseane, seë en mereEjakulasieKaapstadMuskietGlobaliseringCounter-Strike (videospeletjie)LeierJan van HunksWikimedia-stigtingAngssteuringKoolstofdioksiedRenosterJesus van NasaretJan van RiebeeckViëtnamoorlogMaatskappyKoringInternetLys van landeAbstraksie (rekenaarwetenskap)PersMauritiusHenry MurrayOseaanbesoedeling2024 Chinese Grand PrixSeksArmoedeverligtingApartheidOvulasieJan-Willem BreureNeerslagOseaanGalblaasLikkewaanVingerseksVoëlGewone luislangMusiekteaterAngina pectorisSeksueel oordraagbare infeksieMetaalSteenkoolBeeldspraakJames AlexanderZack du PlessisBonné de BodMalariaBeaufortskaalWielewaalHeuningWiki CommonsMenslike penisgrootteMaselsJaarNic de JagerGeskiedenis van AfrikaansAt BothaKunsAfrikaanse TaalmonumentRenaissanceTurksvy7de LaanMis (weerkunde)Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalRina HugoKoppeltekenGrondwet van Suid-AfrikaSendelingposisieWaterstofAkademia🡆 More