Francois Du Toit Mannetjies Roux (gebore 12 April 1939) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
Hy het in 27 toetse gespeel, 6 keer as vleuel en 21 keer as senter, waartydens hy 6 drieë gedruk het.
| |||||
Volle naam | Francois Du Toit Roux | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 12 April 1939 | ||||
Geboorteplek | Victoria-Wes, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1.7 m | ||||
Massa | 72.6 kg | ||||
Skool | Paarl Boys High | ||||
Eggenote | Charlotte | ||||
Kinders | 2 | ||||
Beroep | Boer, Lugmagvlieënier | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Senter | ||||
Springbokno. | 367 | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Stellenbosch, Weermag, Victoria-Wes | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1960 1961 1965 | Westelike Provinsie Noord-Transvaal Griekwaland-Wes | ||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1960-1970 | Suid-Afrika | 27 | (30) |
Mannetjies het in 1959 saam met die Junior Springbokke na Argentinië getoer. Hy het in 1960 die eerste keer vir die Springbokke gespeel teen Wallis op Cardiff Arms Park. In 1962 speel hy in drie toetse teen die Britse Leeus in Suid-Afrika. Hy sal altyd onthou word vir sy wettige duikslag op die Leeu, Richard Sharp; hy het Sharp se wangbeen gebreek in die proses. Mannetjies sal altyd onthou word vir die insident in die 1969/70 "betogertoer" na die Britse Eilande toe hy 'n betoger met die bal gegooi het. Hy was ook deel van die Springbokspan in 1970 wat die All Blacks 3-1 getroef het.
In 1970 het hy die Griekwaland-Wes span aangevoer wat die Curriebeker, teen alle verwagtinge, gewen het teen Noord-Transvaal. Ian Kirkpatrick was Griekwaland se afrigter en sy wedstrydplan vir die eindstryd was eenvoudig: "wanneer Mannetjies die bal kry, moet die ander veertien net by hom uitkom. Julle sal nie weet wat hy gaan doen nie, maar hy weet ook nie, maar dinge sal gebeur as hy die bal kry!" Dit het gebeur en Griekwaland wen 11-9.
Mannetjies Roux by www.genslin.us/bokke
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Mannetjies Roux, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.