Mangaan In Suid-Afrika

Suid-Afrika beskik oor tussen 75% en 80% van die wêreld se geïdentifiseerde mangaanreserwes en ongeveer 24% van die wêreld se totale reserwes, wat hoofsaaklik in die Noord-Kaap gevind word.

Daar is 22 mangaanmyne in Suid-Afrika, waarvan slegs vier op die Johannesburgse aandelebeurs genoteer is. Daarby is 18 van die myne in die Noord-Kaap en die oorblywende vier myne in Noordwes, Mpumalanga en die Wes-Kaap.

Geskiedenis

Die eerste mangaan wat in Suid-Afrika ontdek is, het nie in die Noord-Kaap plaasgevind nie, maar wel in die omgewing van Kaapstad in 1873. Die eerste eksplorasie vir mangaan is naby die begin van die huidige Chapman’s Peak-pas naby Houtbaai gedoen. Die metaal was egter nie van veel waarde aan die begin nie en die neerslag is nooit ontgin nie. Eers met die metallurgiese ontdekking van mangaanallooi, as bestanddeel om staal te versterk, is daar opnuut na die Houtbaaireserwe gekyk.

Teen 1910 was die Houtbaai-myn ten volle in bedryf en teen 1912 is ontginning gestaak. Intussen het aanvanklike studies in die Kalahari, noordwes van Kuruman, op beduidende mangaanneerslae begin wys. Reeds in 1907 het Dr. A.W. Rogers die geologiese oorsig van die Kaap die Goeie Hoop gepubliseer wat die eerste keer na die mangaanneerslae van Black Rock, naby Hotazel, verwys het.

In 1927 kom die Italiaanse myningenieur Guido Sacco in die geweste aan en karteer die Gloucester-neerslag tussen Postmasburg en Kuruman. Na aanleiding van hierdie kartering, word Gloucester Managanese Mines Ltd in 1928 gestig. Die ontginning van die Gloucester-neerslag het eers in 1936 begin. Sacco het voortgegaan en in 1940 die Black Rock-neerslag gekarteer en gou besef dat die neerslag ʼn besonder hoë ertsgraad (mineraal per ton gruis) het. Wat nou bekend staan as Assmang het vinnig gespeel en die plase Belgravia, N’Chwaning en Santoy gekoop en die ontginning van die wêreld se rykse mangaanneerslag het afgeskop in 1942.

Gebruike van mangaan

Mangaan word vir die volgende redes gebruik:

  • 90% van alle mangaan word in die staalbedryf aangewend; en
  • dit dien as ʼn allooimetaal.

Ontginning

Mangaanerts word ontgin in die vorm van mangaanoksied en moet verskeie stappe van verwerking ondergaan alvorens dit tot allooi gesmelt kan word. Die belangrikste mangaanallooie is ferromangaan met ʼn hoë koolstofinhoud (HC FeMn), verfynde ferromangaan (RF FeMn) en silikomangaan (SiMn). Daar is geen voldoende alternatief vir mangaan in staal nie.

Mark vir mangaan

Suid-Afrika se mangaanproduksie het in 2021 R38.09 miljard beloop, volgens data van Statistiek SA. Dit is ʼn skerp toename van R11.4 miljard wat in 2012 aangeteken is.

Die meerderheid van Suid-Afrika se mangaan word uitgevoer. In 2019 is 96% van alle mangaan uitgevoer. Mangaanmyne dra 6.1% tot alle mynbou-inkomste in Suid-Afrika by.

Ekonomiese bydrae van mangaan

Die getal werkers in mangaanmyne neem stelselmatig toe. In 2012 het mangaanmyne 6 812 werkers in diens gehad en teen 2019 het dit tot 10 032 gegroei. Die totale besteding deur hierdie myne binne die ekonomie het R22.6 miljard in 2019 beloop.

Verwysings

Tags:

Mangaan In Suid-Afrika GeskiedenisMangaan In Suid-Afrika Gebruike van mangaanMangaan In Suid-Afrika OntginningMangaan In Suid-Afrika Mark vir mangaanMangaan In Suid-Afrika Ekonomiese bydrae van mangaanMangaan In Suid-Afrika VerwysingsMangaan In Suid-AfrikaMangaanSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Demi Lee MooreAardeAtoomPuberteitLeah van NiekerkKonjunktivitisKoedoeMobutu Sese SekoBateLewerWelwitschiaVryheidsdagDansMeningsverskil oor aardverwarmingVierkantswortelVoedselkettingFabelEuropaKaartVaginaNoag se arkGeskiedenis van die BoererepubliekePad na jou hartLidwoordDepressie (gemoedstoestand)VoëlDroogteSteenkoolWaterstofGeskiedenis van AfrikaansNiemetaalVerkleurmannetjieSeksismeWaterpokkiesStilleweLandbouKindermishandelingSpysverteringstelselDie Laaste Avondmaal (Leonardo)GrondwetWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaHoofstadSwart mensePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaElon MuskSuiwelprodukSportAbsolute monargieNatuurbewaringRooibokWeer (meteorologie)LenteDikdermWortelTrekarbeidGemeenskapKartografieLys van kinderspeletjiesOrtopedieBeaufortskaalKappie (skryfteken)InstagramGroepsdrukE-posSlawernyDemografie van Suid-AfrikaMusiekSekondêre sektor van die ekonomieLongontstekingSinoniemWapen van Suid-AfrikaVlag van Suid-Afrika🡆 More