Mandese Alfabet

Die Mandese alfabet is gebaseer op die Aramese alfabet en word gebruik om die taal Mandees te skryf.

Die Mandese naam vir die skrif is Abagada of Abaga, na aanleiding van die eerste letters daarvan. Anders as die antieke Semitiese name van die letters ("alaph", "beth", "gimal"), is die letters bekend as "â", "bâ", "gâ", ens.

Mandese alfabet
Mandese Alfabet
Soort skryfstelsel   Alfabet
Rigting Regs na links
Tale Mandees
Stelsels
Moederstelsels
ISO 15924 Mand, 140
Unicode Mandaic, U+0840–U+085F
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels
Mandese Alfabet
Die Mandese alfabet

Letters

Die alfabet bestaan uit 24 letters: die 22 letters van die Aramese alfabet plus twee bykomende letters. Omdat dit die aantal ure is van sonsondergang tot sonsondergang, is 24 ’n gelukkige getal vir die Mandese en die bykomende letters is ietwat kunsmatig. Die 23ste letter is die betreklike partikel "adu" en die laaste letter is ’n herhaling van die eerste letter, "a".

Die eerste en laaste letter, "a", word gebruik vir ’n reeks oop klinkers. Die sesde letter, "wa", word gebruik vir die agterklinkers "u" en "o" en die tiende letter, "ya", vir die voorklinkers "i" en "e". Laasgenoemde twee kan ook as die konsonante "w"/"v" en "y" dien. Die agtste letter, "eh", word uitgespreek as ’n lang "i"-klank, maar word selde gebruik omdat die Mandese glo dit is ’n heilige voorstelling van die oog van God. Die sestiende letter, "e", verteenwoordig gewoonlik "e" aan die begin van ’n woord, of wanneer dit deur "wa" of "ya" gevolg word, vir ’n begin-"u" of -"i" onderskeidelik. Die Mandese glo dat al die letters in hul alfabet magiese eienskappe het, soos gesien kan word in die laaste kolom van die voorbeeld regs.

Moderne Mandees gebruik baie Persiese woorde. Vier bykomende letters word gebruik om nie-klassieke woorde te skryf. Hulle is egter aanpassings van ander letters en word nie as deel van die alfabet beskou nie. Die letters "gha", "dha", "fa" en "ja" is geskep deur twee punte onder onderskeidelik "ga", "da", "pa" en "sha" te sit.

Unicode

Die Mandese alfabet is by die Unicode-standaard gevoeg in Oktober 2010, met die uitreiking van weergawe 6.0. Die Unicode-blok vir Mandees is U+0840–U+085F

Sien ook

Geskiedenis van die alfabet

Verwysings

  • Häberl, C.G. 2006. “Iranian Scripts for Aramaic Languages: The Origin of the Mandaic Script”, Bulletin of the American Schools of Oriental Research 341: 53-62.

Eksterne skakels

Tags:

Mandese Alfabet LettersMandese Alfabet UnicodeMandese Alfabet Sien ookMandese Alfabet VerwysingsMandese Alfabet Eksterne skakelsMandese AlfabetAramese alfabetSemitiese taalfamilie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

YsterInflasiePad na jou hartLys van veltoestandeWerkloosheidOogproblemeMotorvoertuigKankerCalviniaMane van GalileiAfvalbestuurKonsonantImpakte van toerismeDemokratiese Republiek die KongoBoontjieMenstruasieKunsEjakulasieFinale OplossingOntbossingPoësieSydneyJodeSekondêre sektor van die ekonomie7de LaanGeestesteuringUnie van Suid-AfrikaKlimaatGeslagKatoenErosieWaterbesoedelingGoudkus (streek)Jode in Suid-AfrikaPerdLys van politieke partye in Suid-AfrikaToringRenteErfenisSkaakMondGawes van die Heilige GeesKimberleyNatuurAfro-AmerikanersPizzaRekeningkundeAtoomMassaKaapstadUitwerking van klimaatsveranderingReënPussy RiotGevolge van aardverwarming op oseanePeach van PletzenWitbloedselOranjerivierLiewe HeksieDermpoliepMisdaadKoorsblaarWater (molekuul)Kaapse florarykJaco JacobsVerenigde KoninkrykMediese diagnoseFamilie (verwantskap)AsiëDierGeelsugAkademiaLys van nedersettings in Suid-AfrikaKinderregteWiskundige terminologieSeevlakKonsentrasiekampCristiano Ronaldo🡆 More