Malva

Die malva is ’n groep plante van die familie Geraniaceae wat ook bekend is onder die genusnaam Pelargonium.

Dit is ’n blomplant wat sowat 200 spesies meerjarige plante, vetplante en struike insluit.

Malva
Malva
Pelargonium cucullatum
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Geraniales
Familie:
Genus:
Pelargonium

L'Hér.
Subgenera
  • Magnipetala
  • Parvulipetala
  • Paucisignata
  • Pelargonium

Ander families

Slegs een verteenwoordiger, die sogenaamde motvrugboom (Acridocarpus natalitius), word in Suider-Afrika aangetref, en wei in die woude langs die kus van Mosambiek en Natal. Die Zygophyllaceae is kenmerkend vir die droër wêrelddele, insluitende Suider-Afrika, en is meestal houtagtige meerjarige plante. Die berugte dubbeltjie (genus Tribulus), 'n onkruid in Suid-Afrika, behoort onder meer tot die familie. Die plant kry sy Latynse naam van 'n ou viervurkige Romeinse oorlogsinstrument wat gebruik is am perde mee kruppel te maak.

Die familie Balanitaceae het net een genus (Balanites), met 25 spesies wat in tropiese Afrika en Asië voorkom. Drie daarvan groei in Suider-Afrika, waarvan een, Balanites maughamii, 'n olie soortgelyk aan olyfolie lewer. Die balsemfamilie (Balsaminaceae) word gekenmerk deur 2 genera met meer as 450 spesies van sagte, dikwels deurskynende, kruidagtige plante. Die familie was oorspronklik inheems in Afrika en Asië, maar het ook in die gematigde dele van Europa gevestig geraak.

Die bekendste genus is Impatiens, met ongeveer 420 spesies, waarvan 'n paar as pot plante gekweek word. Tydens hul ontwikkeling draai die blomme in 'n halfsirkel, sodat hulle eintlik onderstebo aan die stingel vassit. Die 5 meeldrade is vergroei tot 'n kappie wat oor die vrugbeginsel le. Die vrug is 'n vlesige doosvrug wat uitdroog totdat dit oopbars en die saadjies uitskiet. Voorbeelde van die genus is die potplant Impatiens sultani, Impatiens duthieae, wat 'n algemene komponent van die kruidstratum van Suid-Afrikaanse bergwoude is, en Impatiens balsamina, wat in lande soos Indië en Nepal as naelkleursel gebruik word.

Die familie Tropaeolaceae bestaan hoofsaaklik uit kruidagtige klimplante. Die meeste van hulle het groot, skildvormige blare en blomme waarvan 3 kelkblare met mekaar vergroei is tot 'n spoor. Die bekende, maklik groeiende kappertjie (Tropaeolus majus), wat baie in tuine geplant word, is ʼn voorbeeld van 'n lid van die familie. Nog elf families word onder die Geraniales geklassifiseer, maar hulle het geen verteenwoordigers in Suider-Afrika nie, en hulle is ook nie om ander redes belangrik nie. Die meeste van hulle is klein families.

Eienskappe

Die malva is ’n immergroen plant wat inheems is aan Suider-Afrika, en is bestand teen hitte en droogte, maar nie teen swaar ryp nie. Ongeveer 98 spesies in Suid-Afrika is geofiete, waarvan 87 endemies is. Sommige spesies is baie gewilde tuinplante, veral in gematigde streke. Die regop stam dra blomme met vyf kroonblare in trosse, wat soms vertak. Al die blomme kom nie gelyk uit nie, maar maak van die middel af buitentoe oop. Die blare is gewoonlik afwisselend en is gelob of geveer.

Die malva het vier subgenera:

  • Magnipetala: 24 spesies. Meerjarig tot kortstondig. Vyf kroonblare, maar kan ook vier hê; meestal wit. Kom veral in die winterreënvalstreek van Suid-Afrika voor. Een spesie in Noord-Namibië en Botswana. Twee spesies in Oos-Afrika en Ethiopië.
  • Parvulipetala: 39 tot 42 spesies. Meerjarig, sommige is eenjarig. Vyf kroonblare; wit tot pienk of pers-rooi. Hoofsaaklik Suid-Afrika, maar ook in ander streke van die Suidelike Halfrond, behalwe Suid-Amerika; ’n paar spesies in Oos-Afrika en Ethiopië.
  • Paucisignata: 25 tot 27 spesies. Regop struike; vyf kroonblare; pienk tot rooi en soms wit. Somerreënvalstreek van Suid-Afrika, tot in Noord-Namibië, met ’n paar spesies in tropiese Afrika, Ethiopië, Somalië, Madagaskar, die Arabiese Skiereiland en Klein-Asië.
  • Pelargonium: 167 spesies. Dikwels bladwisselende meerjarige plant, soms immergroen struike of eenjarige kruidplante. Vyf kroonblare; van pienk tot pers of geel. Winterreënvalstreek van Suid-Afrika en Namibië, met twee spesies in tropiese Afrika.

Daar is sowat 200 spesies. Aansienlike verwarring bestaan oor watter malvas ware spesies is en watter kultivars of hibriede is.

Malvas se belangrikste vereiste is ’n warm, sonnige en beskutte plek. Baie variëteite sal vir kort rukke droë toestande deurstaan. Hulle word meestal in parke en tuine gesien, maar kan ook as huisplante dien as hulle genoeg lig kry. Kruipende en meer kompakte soorte is ideaal vir vensterbakke en hangmandjies. Hulle plant maklik voort deur middel van steggies.

Probleme

Liggeel konsentriese kringe op die blare is ’n aanduiding van virussiekte; die plant moet vernietig word en geen steggies moet daarvan gemaak word nie. Misvormde lote kan dui op bakteriese siekte; die plant moet dan ook vernietig word. Swaksiekte kan voorkom as die grond te nat gehou word. Witvlieg kan ook ’n probleem wees.

Galery

Verwysings

Bron

Eksterne skakels

Tags:

Malva Ander familiesMalva EienskappeMalva ProblemeMalva GaleryMalva VerwysingsMalva BronMalva Eksterne skakelsMalva

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wikimedia-stigtingVierkantswortelAfrikaanse TaalmonumentRooikatSkuinsstreepSoutsuurLys van Afrikaanse rolprenteSelakantLys van myne in Suid-AfrikaRefentse MorakeCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaPaasfeesElon MuskBelastingSlawernyParasitiese siektesBank (finansiële instelling)KinderregteVerbondsarkCounter-Strike 2Jak de PriesterKoppeltekenProteïenIngenieursweseSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Distrik SesWaterstofHannes van WykGeskiedenis van AfrikaansChemiese elementMosambiekkanaalGrondwet van Suid-AfrikaTerracottaleërSlag van BloedrivierSwangerskapViëtnamoorlogKleurMisdaadBloeddrukMigrasie van diereKappie (skryfteken)RentePrivaat maatskappyRomanLodewyk XVI van FrankrykSonpaneelLeierOorkruipersSwartkwasmuishondProvinsies van Suid-AfrikaPseudowetenskapWatersuiweringKaaps-Hollandse stylBek-en-klouseerVarkgriepTandbederfMobutu Sese SekoVioolVarkPussy RiotSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024KoolstofdioksiedUitwerking van klimaatsveranderingAppel (sanger)ImmunologieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSelfstandige naamwoordVerlede tydWolkBreinVerkouePizzaNamakwalandPubiese hareAfro-AmerikanersElandré🡆 More