Malmö (Sweeds: , luister (hulp·inligting); Deens: Malmø, ) is 'n metropool van die suidwestelike deel van die Suid-Sweedse skiereiland Skone en die derde grootste stad in die land ná Stockholm en Gotenburg met 'n oppervlakte van 332,6 vierkante kilometer en 'n bevolking van 360 249 (31 Julie 2023).
Malmö is die administratiewe setel van die gelyknamige munisipaliteit (Sweeds: Malmö kommun) en die provinsie Skåne län.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Swede |
Provinsie | Skone |
Distrik | Skåne län |
Koördinate | 55°35′N 13°02′O / 55.583°N 13.033°O |
Stigting (eerste verwysing) | 1275 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 332,6 vk km |
- waarvan land | 156,9 vk km |
Hoogte bo seevlak | 12 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Julie 2023) | 360 249 |
- Bevolkingsdigtheid | 4 049/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde seeklimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 9,2 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 0,8 / 18,5 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 673,2 mm |
Burgemeester | Katrin Stjernfeldt Jammeh (S) |
Amptelike webwerf | malmo.se |
Malmö is een van die oudste handel- en nywerheidstede van Swede wat danksy die opening van die indrukwekkende Öresundbrug, wat Malmö met die Deense hoofstad Kopenhagen verbind, 'n baie dinamiese groei getoon het. Malmö is tans 'n sentrum van die inligtings- en biotegnologie-bedrywe en die setel van 'n beduidende universiteit. Een van die bekendste argitektoniese bakens van Malmö is die wolkekrabber Turning Torso, wat in 2005 volgens 'n ontwerp van die Spaanse argitek Santiago Calatrava as een van die hoogstes in Europa in die westelike hawebuurt Västra Hamnen ontstaan het. As 'n voormalige nywerheidsbuurt het Västra Hamnen tot 'n moderne kwartier met opspraakwekkende argitektuur ontwikkel.
As die hoofstad van die historiese landskap Skåne pronk Malmö daarnaas met 'n ryk argitektoniese erfenis soos Lilla Torg, die Middeleeuse markplein, die Stortorget-plein met die historiese raadsaal en die multikulturele omgewing van die Möllevångstorget-plein. Malmö was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Malmö, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.