Malgas

Malgas is ‘n gehug met ‘n aantal vakansiehuise aan die Breederivier.

    Die artikel handel oor die Wes-Kaapse dorp, vir die voël, sien witmalgas. Vir 'n artikel oor die eiland kyk by Malgas (eiland)

Dit lê aan grondpaaie tussen Swellendam en Witsand.

Malgas

Malagas
Gehug
Malgas is in Wes-Kaap
Malgas
Malgas
Koördinate: 34°18′0″S 20°35′0″O / 34.30000°S 20.58333°O / -34.30000; 20.58333 20°35′0″O / 34.30000°S 20.58333°O / -34.30000; 20.58333
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitOverberg
Plaaslike MunisipaliteitSwellendam
TydsoneUTC+2 (SAST)
Malgas
Malgas se pont, die laaste van sy soort in Suid-Afrika

Aanvanklike eienaars

Reeds in 1791 is aan Adriaan Odendaal hier weiregte toegeken. In die middel van die 19de eeu is P.G. van der Byl en H.J. de Nysschen die eienaars van die plaas Mallegaskraal aan die Breederivier, 40 km stroomop van die monding. ‘n Sestien km. stuk kronkelende rivieroewer was besonder mooi. Landmeter W.M. Hopley van Swellendam is deur die eienaars opdrag gegee om hierdie stuk aan die suidwestelike oewer in 421 erwe te verdeel met elkeen ‘n maksimum van 25 meter aan die rivier. Van die verwagte ontwikkeling het blykbaar niks gekom nie.

Barry and Nephews

Toe die Swellendamse firma Barry and Nephews die rivierhawe hier aanlê, het die ontwikkeling ook vinnig uitgebrei. Omdat die rivier tot ten minste hier goed bevaarbaar is, is goedere hier van die skip op ossewaens oorgelaai om na die binneland vervoer te word.

Die firma het ‘n aantal van die erwe gekoop en van die plaasgeboue omskep en nuwe geboue opgerig vir gebruik as magasyne, doeanekantoor, hotel, personeelwonings, poskantoor, skool en selfs gevangenis. Enkele erwe is aan individue verkoop.

Die NG-kerkgebou is op 7 Desember 1861 in gebruik geneem. In 1977 is die gebou met sy klokkestoel tot nasionale monument verklaar.

Teenswoordig

Vandag is Malgas ‘n rustige vakansieoord vir hengelaars, watersportentoesiaste en natuurliefhebbers. Die gehuggie beskik oor ‘n kerkie, ‘n hotel en ‘n winkel. Die handaangedrewe pont oor die rivier is uniek in die land. ‘n Besonder hoë reënval in die wye opvanggebied van die Breederivier lei tot periodieke oorstromings (soos op 13 November 2008) van die geboue op die rivieroewer.

Sien ook

Bron

Tags:

Malgas Aanvanklike eienaarsMalgas Barry and NephewsMalgas TeenswoordigMalgas Sien ookMalgas BronMalgasBreederivierSwellendamWitsand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Paulus van TarsusVoegwoordWinnie Madikizela-MandelaNierLieweheersbesieAfrikaanse TaalmonumentNic de JagerMenslike seksuele gedragWitbloedselDikdermVulvaOlimpiese SomerspeleVeeartsSkaakKangogrotteWoordeboek van die Afrikaanse TaalSout (chemiese stof)HolocaustUnited Democratic FrontStrykysterAborsie in Suid-AfrikaSendelingposisieBoelieryWaterkringloopOranjerivierOranje-VrystaatAarverkalkingKasteel die Goeie HoopKunselementeWekkerVleilandHeidelberg, GautengPaarl GimnasiumNederduitsch Hervormde KerkByvoeglike naamwoordHorlosieKunstenaarInfeksieMisdaadromanWikimedia-stigtingSkaapStam (taalkunde)NetbalLys van landeBokmakierieCarles Puigdemont1200SeksMiltRenaissanceSpreeuWitrenosterKindermishandelingEkotoerismeC. Louis LeipoldtNasionalismeInligtingAfrikaanse taalleer23 AprilMaanMaroela MediaMiddeloorontstekingGawes van die Heilige GeesEkostelselVaginale kankerStedelike hitte-eilandDolfynLys van Suid-Afrikaanse skrywersChris HaniBruin menseLarry PageWerkwoordElon MuskErektiele disfunksieGeskiedenis van AfrikaansLys van Nederlandse skildersHeuning🡆 More