Maleisiese Grand Prix

Die Maleisiese Grand Prix was 'n jaarlikse Formule Eenmotorwedren in Sepang, Maleisië.

Die finale wedren was op 1 Oktober 2017.

Maleisiese Grand Prix
Ingang na die Sepang Internasionale Renbaan in Maleisië.
Maleisiese Grand Prix
Die Sepang Internasionale Renbaan.

Geskiedenis

Die wedren is op 17 Oktober 1999 vir die eerste keer by die Sepang Internasionale Renbaan gehou en is deur Eddie Irvine gewen, wat hom gehelp het met sy kampioenskapambisies, met sy Ferrari-spanmaat Michael Schumacher in die tweede plek. In 2000 het Michael Schumacher gewen, met Rubens Barrichello tweede. Dit was dieselfde geval in 2001, behalwe vir 'n kort reënbui wat die ren net na die wegspring getref het. In 2002 het Ralf Schumacher gewen en in 2003 het Kimi Räikkönen sy deurbraakoorwinning behaal.

In 2004 het Michael Schumacher weereens gewen. Fernando Alonso het in 2005 gewen en in 2006 het Giancarlo Fisichella gewen met Alonso tweede. Fernando Alonso het sy eerste oorwinning vir die McLarenspan behaal in 2007 en in 2008 het Kimi Räikkönen weereens gewen.

Die rekordwenner in Maleisië is Sebastian Vettel met 4 oorwinnings.

Politiek

Op 22 Januarie 2008 word aangekondig dat die baandirekteur Mokhzani Mahathir vanaf 2009 'n nagwedren op hierdie baan wil hou. Weens die hoë koste kon hierdie plan egter nie voortgaan nie. Daar is eerder besluit om die wedren 'n bietjie later in die dag te hou. Die temperature is dan laer, en Europese TV-kykers kon die wedren regstreeks volg op 'n tyd wat vir hulle normaal is.

Die laaste byeenkoms van die Grand Prix is ​​in 2017 gehou. Volgens die Maleisiese regering was die wedloop nie meer winsgewend nie. Max Verstappen het die laaste wedren gewen.

Voormalige wenners

Jaar Renjaer Vervaardiger Plek
2018–
tans
Sedert 2018 nie plaasgevind nie
2017 Maleisiese Grand Prix  Max Verstappen Maleisiese Grand Prix  Red Bull-TAG Heuer Sepang
2016 Maleisiese Grand Prix  Daniel Ricciardo Maleisiese Grand Prix  Red Bull-TAG Heuer
2015 Maleisiese Grand Prix  Sebastian Vettel Maleisiese Grand Prix  Ferrari
2014 Maleisiese Grand Prix  Lewis Hamilton Maleisiese Grand Prix  McLaren-Mercedes
2013 Maleisiese Grand Prix  Sebastian Vettel Maleisiese Grand Prix  Red Bull-Renault
2012 Maleisiese Grand Prix  Fernando Alonso Maleisiese Grand Prix  Ferrari
2011 Maleisiese Grand Prix  Sebastian Vettel Maleisiese Grand Prix  Red Bull-Renault
2010 Maleisiese Grand Prix  Sebastian Vettel Maleisiese Grand Prix  Red Bull-Renault
2009 Maleisiese Grand Prix  Jenson Button Maleisiese Grand Prix  Braun-Mercedes
2008 Maleisiese Grand Prix  Kimi Räikkönen Maleisiese Grand Prix  Ferrari
2007 Maleisiese Grand Prix  Fernando Alonso Maleisiese Grand Prix  McLaren-Mercedes
2006 Maleisiese Grand Prix  Giancarlo Fisichella Maleisiese Grand Prix  Renault
2005 Maleisiese Grand Prix  Fernando Alonso Maleisiese Grand Prix  Renault
2004 Maleisiese Grand Prix  Michael Schumacher Maleisiese Grand Prix  Ferrari
2003 Maleisiese Grand Prix  Kimi Räikkönen Maleisiese Grand Prix  McLaren-Mercedes
2002 Maleisiese Grand Prix  Ralf Schumacher Maleisiese Grand Prix  Williams-BMW
2001 Maleisiese Grand Prix  Michael Schumacher Maleisiese Grand Prix  Ferrari
2000 Maleisiese Grand Prix  Michael Schumacher Maleisiese Grand Prix  Ferrari
1999 Maleisiese Grand Prix  Eddie Irvine Maleisiese Grand Prix  Ferrari

Tags:

Formule EenMaleisië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VratPampoentjiesTermietAsemhalingBruin menseKunsmatige algemene intelligensieInternetMusieksimbolePeter SnydersGlasLimpopo (rivier)KoorsDikdermVerenigde State van AmerikaNatuurbewaringKlimaatsverandering in Suid-AfrikaNedersettingToutrekDieremishandelingBybelBeroerteRymGeslagTradisionele Afrika-medisyneVerdampingHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalHorlosieSteve BikoGetalAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidMagsverheffingPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHomofoonWekkerMandalaKaapstadse waterkrisis 2015-2018Consolidated B-24 LiberatorJudaïsmeStereotipeKewerKlinkerSpelerposisies in rugbyHokkieBurgerregteLys van Afrikaanse rolprenteSkerpioenHomoniemVoegwoordMolekuulUitwerking van klimaatsveranderingKoperMosesBeesGrondwet van Suid-AfrikaBeesvleisDie ontstaan van die dramaOutismeJakkalsSkildklierInsekKwaZulu-NatalPseudowetenskapLabia (geslagsdele)MaagsweerWolkMenslike skeletMadison IvyNasionalismeNoord-KaapSamespanningHoenderVoorvoegselTatoeëermerkWaterstofVersamelnaamLys van Griekse mitologiese figure🡆 More