Maledive

Die Maledive of Maledive-eilande (Dhivehi: ދިވެހިރާއްޖެ, Dhivehi Raa'jey), amptelik die Republiek die Maledive (ދިވެހިރާއްޖޭގެ ޖުމްހޫރިއްޔާ, Dhivehi Raajjeyge Jumhooriyya), is 'n tropiese eilandstaat in Suid-Asië en die Indiese Oseaan.

Dit bestaan uit 1 192 eilande, waarvan ongeveer 200 bewoon is. Die Maledive is die kleinste onafhanklike land in Asië met 'n oppervlakte van 300 km² en 'n bevolking van 521 020 in 2022. Die hoofstad en grootste stad is Malé. Die Maledive is sowat 700 km suidwes van Indië, 400 km suidwes van Sri Lanka en 500 km noord van die Chagos-argipel geleë. In die noordweste sluit die Arabiese See aan.

Republiek die Maledive
ދިވެހިރާއްޖޭގެ ޖުމްހޫރިއްޔާ (Dhivehi)
Dhivehi Raajjeyge Jumhooriyyaa
Vlag van Maledive Embleem van Maledive
Vlag Embleem
Nasionale leuse: الدولة المحلديبية
(Dhivehi vir: "Staat van die Mahal Dibiyat")
Volkslied: ޤައުމީ ސަލާމް
Gaumii salaam
(Dhivehi vir: "Nasionale saluut")
Ligging van Maledive
Hoofstad Malé

4°10′N 73°30′O / 4.167°N 73.500°O / 4.167; 73.500

Grootste stad Malé
Amptelike tale Dhivehi
Regering

President
• Adjunkpresident
Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Mohamed Muizzu
Hussain Mohamed Latheef
Onafhanklikheid
• Onafhanklikheid
• Huidige grondwet
van die Verenigde Koninkryk
26 Julie 1965
7 Augustus 2008
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
300 km2  (187ste)
120 myl2
≈99
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2022-sensus
 - Digtheid
 
392 473 (175ste)
521 020
1 102,5 / km2 (8ste)
2 855,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$14,740 miljard (157ste)
$37 094 (54ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$6,977 miljard (161ste)
$17 559 (58ste)

MOI (2021) Maledive 0,747 (90ste)  –  hoog
Gini (2019) 29,3 –  medium
Geldeenheid Rufiyaa (MVR)
Tydsone
 - Somertyd
MVT (UTC+5:00)
nie toegepas nie (UTC+5:00)
Internet-TLD .mv
Skakelkode +960
Maledive
Nasa-Satellietbeeld van die Maledive
Maledive
Kaart van die Maledive

Die naam "Maledive" is waarskynlik ontleen aan die Tamil-woorde maalai ("krans") en theevu ("eiland"), of මාල දිවයින (Maala Divaina, "halssnoereilande") in Singalees. In Sanskrit beteken mālādvīpa (मालाद्वीप) "krans van eilande". Die landsnaam verwys darem ná die Maledive se geografiese vorm as 'n eilandketting. Die antieke Sri Lankaanse kroniek Mahawamsa verwys ná 'n eiland met die naam Mahiladiva ("eiland van vroue", महिलादिभ) in Pali, wat waarskynlik 'n verkeerde vertaling van die Sanskritnaam is.

Die Maledive het in 1887 'n Britse protektoraat geword, maar op 26 Julie 1965 word dit 'n onafhanklike land. In onlangse jare het die Maledive 'n belangrike en gewilde toeristebestemming geword wat die ekonomie laat groei het. Saam met Sri Lanka is die Maledive net een van twee Suid-Asiatiese lande wat as "hoog" op die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI) geranglys word en sy MOI-gradering per capita-inkomste is die hoogste onder Suid-Asiatiese lande.

Die Maledive word ernstig deur klimaatverandering bedreig en saam met ander klein eilandstate beywer die regering hulle vir die bekamping van aardverwarming. Die Maledive handhaaf sterk bande met ander eilandstate in die Indiese Oseaan soos die Comore-eilande, Mauritius en die Seychelle. In 2016 het die Maledive die Britse Statebond verlaat, uit protes teen internasionale kritiek op sy rekord in verband met korrupsie en menseregte. Die Maledive het, nadat hulle funksionerende demokratiese prosesse en volksondersteuning kon bewys, weer op 1 Februarie 2020 by die Statebond aangesluit.

Geskiedenis en politiek

Die eerste kontak met die Weste dateer uit 1518, toe die Portugese vergeefs probeer het om die Maledive vanuit Goa te koloniseer. Ná voortdurende aanvalle deur seerowers van die Malabarkus het die sultan van die eilande die Nederlandse koloniste op Ceylon (huidige Sri Lanka) in 1645 om beskerming genader.

Ná die oordrag van Ceylon aan die Verenigde Koninkryk het die Maledive onder Britse beskerming gestaan en in 1887 het dit 'n Britse protektoraat geword. Met die onafhanklikwording van Ceylon in 1948 is selfbestuur aan die eilande toegeken, hoewel die Verenigde Koninkryk steeds vir die buitelandse beleid verantwoordelik gebly het.

Die Maledive het in 1965 onafhanklik geword en in 1968 is die grondwetlike monargie (sultanaat) in 'n grondwetlike republiek omskep.

Nasionale simbole

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

Maledive Geskiedenis en politiekMaledive Nasionale simboleMaledive Sien ookMaledive VerwysingsMaledive BronnelysMaledive Eksterne skakelsMalediveArabiese SeeAsiëChagos-argipelDhivehiEilandEilandstaatHoofstadIndiese OseaanIndiëMaléSri LankaSuid-Asië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PampoentjiesLiturgiese jaarDoziDemokrasieGrasHeupvervangingOlifantLikkewaanHemelvaartsdagRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Trappe van vergelykingBiljoenInstagramAasblomKoggelmanderGesinsdagWikiSowjetunieIdioomDanie du ToitOosters-Ortodokse KerkOoiNagmaalEuropese RugbykampioenskapSteve HofmeyrVolumeMenstruasieWortelPersentasiePersKrokus Stadsaal-aanvalLongIerse nasionale rugbyspanVolkekundeVlag van AfghanistanAmalia UysUnited Democratic FrontISBNVrouToorbergDuitsBrongitisWikisourceSkrikkeljaarSlukdermJodeGeslagNarsismeNagapieDermpoliepSeksuele stimulasieVerenigde State van AmerikaLys van Suid-Afrikaanse musikanteMarsArmand AucampHartLuiperdGeboorteHolocaustEpilepsieNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughawePublieke domeinMagda van BiljonGeurmiddelWikimaniaAfghanistanDuitsland2024 Japannese Grand Prix🡆 More