Malcolm Gladwell: Joernalis en skrywer

Malcolm Gladwell (gebore 3 September 1963) is 'n Brits gebore Kanadese joernalis, skrywer en pop-sosioloog.

Hy woon in New York Stad en is 'n medewerker vir The New Yorker sedert 1996. Hy is veral bekend as die skrywer van die boeke The Tipping Point (2000), Blink (2005), Outliers (2008), What the Dog Saw: And Other Adventures (2009), David and Goliath (2013) en Talking to Strangers (2019).

Malcolm Gladwell
Malcolm Gladwell: Vroeë lewe, Loopbaan, Werk
Malcolm Gladwell in 2014
Gebore
Malcolm T. Gladwell

3 September 1963
NasionaliteitVlag van Kanada Kanada
BeroepNie-fiksie skrywer en joernalis
Bekend virThe Tipping Point (2000)
Blink (2005)
Outliers (2008)
What the Dog Saw: And Other Adventures (2009)
David and Goliath (2013)
Talking to Strangers (2019)
Ouer(s)Joyce (Nation) Gladwell
Graham Gladwell

Vroeë lewe

Gladwell se Engelse vader, Graham, is 'n siviele ingenieur professor aan die Universiteit van Waterloo; sy moeder, Joyce, is 'n Jamaikaans gebore psigoanalis. Gladwell het gesê dat sy moeder wie 'n boek getitel Brown Face, Big Master in 1969 gepubliseer het, is sy rolmodel as skrywer. Hy is gebore in die Verenigde Koningkryk, maar word groot in Elmira, Ontario, Kanada en gradueer met 'n graad in geskiedenis an die Universiteit van Toronto se Trinity College in 1984. Gedurende sy hoërskool jare was Gladwell 'n uitstaande middelafstand atleet en wen die 1500m Midget Boys titel tydens die 1978 Ontario hoërskool kampejoenskappe in Kingston, Ontario, in 'n tweestryd met die latere Kanadese Ope rekordhouer David Reid.

Loopbaan

Gladwell begin sy loopbaan by The American Spectator, 'n konserwatiewe maandelikse publikasie. Van 1987 tot 1996, was hy 'n wetenskapskrywer en later die New York burohoof, vir The Washington Post. Hy is tans 'n stafskrywer vir The New Yorker. Sy boeke — The Tipping Point (2000) en Blink (2005) — was internasionale topverkopers. Gladwell ontvang 'n een miljoen dollar voorskot vir The Tipping Point, wat oor twee miljoen kopieë in die Verenigde State verkoop het. Blink verkoop ook goed. Sy nuutste boek, Outliers: The Story of Success, word op 18 November 2008 vrygestel.

Werk

Gladwell se boeke en artikels gaan dikwels oor die onverwagte implikasies van navorsing in die geesteswetenskappe. Hy maak gereeld gebruik van akademiese werk, veral op die terreine van sosiologie, sielkunde en sosiale sielkunde. Hy word gekritiseer deur sommige akademici vir sy navorsingsmetodiek, sowel vir die feit dat hy na bewering soms oorsaaklikheid stel waar dit nie noodwendig wetenskaplik bewys is nie.

Gladwell se eerste werk, The Tipping Point, bespreek die potensieële massiewe implikasies van kleinskaal sosiale gebeure, terwyl sy tweede boek, Blink, verduidelik hoe die mens se onderbewussyn gebeure of leidrade intrepreteer en hoe ondervinding mense toelaat om geinformeerde besluite oombliklik te kan maak. Sy jongste werk, Outliers, ondersoek hoe 'n individu se omgewing 'n invloed kan uitoefen op sy of haar geleenthede tot sukses. Gladwell stel dit as volg, "Die hoop met die Tipping Point was dat dit die leser sal help om te verstaan dat werklike verandering moontlik is. Met Blink, het ek ten doel gehad om mense sover te kry om die enorme mag van hulle intuïsie ernstig op te neem. My wens met Outliers is dat dit ons sal laat verstaan tot hoe 'n mate sukses 'n groepsproses is. Wanneer uitskieters uitskieters word is dit nie net as gevolg van hulle eie pogings nie. Dit is as gevolg van die bydraes van verskeie mense en verskillede omstandighede."

Eerbewyse

In 2005, benoem Time Malcolm Gladwell as een van die 100 mees invloedryke mense, omdat al drie boeke in die nommer een posisie op die New York Times Best Seller lys gehad het. In 2007, ontvang hy die Amerikaanse Sosiologiese Vereniging se eerste Award for Excellence in the Reporting of Social Issues. In 2007, ontvang Gladwell ook 'n ere Doctor of Letters graad van die Universiteit van Waterloo.

Bibliografie

  • The Tipping Point (2000)
  • Blink (2005)
  • Outliers (2008)
  • What the Dog Saw: And Other Adventures (2009)
  • David and Goliath: Underdogs, Misfits, and the Art of Battling Giants (2013)
  • Talking to Strangers: What We Should Know About the People We Don't Know (2019)
  • The Bomber Mafia: A Dream, a Temptation, and the Longest Night of the Second World War (2021)


Tags:

Malcolm Gladwell Vroeë leweMalcolm Gladwell LoopbaanMalcolm Gladwell WerkMalcolm Gladwell EerbewyseMalcolm Gladwell BibliografieMalcolm Gladwell196319962000200520082009201320193 SeptemberJoernalisKanadaNew York StadSkrywerVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Paarl GimnasiumOnderhandelinge om apartheid te beëindigWerkersdagStikstofRob HersovMynbedryf van Suid-AfrikaSwangerskapVersamelnaamSuid-Afrikaanse GrensoorlogOrgasmePeter SnydersKankerStilleweLeeuNelson MandelaGeboorteOorstromingMaagsweerPseudowetenskapPlastiekHerfsAnneli van RooyenNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaKimberleySeekoeiAfrikaanse WikipediaSportLys van Nederlandse skildersAarde se atmosfeerReënvalbepalingSamestellende afleidingLionel MessiOnderhoudBelgiëTekstielAboriginesFranse RewolusiePenisAvbobRassismeSonkragKweekhuiseffekIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieSwartrenosterVoortrekkermonumentDroomVryheidsmanifesAfrikaanse taalleerStereotipeWiskundeNasionale VrouedagKaapse florarykDeelwoordAfrikaansSuid-Afrikaanse randEmo AdamsNieuwoudtvilleNedersettingNiemetaalSlangGeldBreingewasBloukraanvoëlVleilandPornhubSwawelDataverwerkingAkuutKatOlimpiese SomerspeleBorskankerAfvalbestuurAsemhalingSinoniemJo Black🡆 More