Malaysia Airlines-Vlug 17

Malaysia Airlines-vlug 17 (MH17/MAS17) was 'n geskeduleerde vlug van Amsterdam, Nederland na Kuala Lumpur, Maleisië.

Op 17 Julie 2014 het die vliegtuig in die ooste van Oekraïne, naby die Russiese grens neergestort. Die vliegtuig is deur 'n lugafweermissiel neergeskiet.

Malaysia Airlines-vlug 17
9M-MRD, die vliegtuig in 2010.
9M-MRD, die vliegtuig in 2010.
Datum 17 Julie 2014
Oorsaak Neergeskiet
Plek van ramp Oostelike Oekraïne
Sterftes 298 (almal)
Beserings 0
Vliegtuigtipe Boeing 777-200ER
Vliegtuigstertnommer 9M-MRD
Oorsprong Lughawe Schiphol, Amsterdam, Nederland
Bestemming Kuala Lumpur, Maleisië
Passasiers 283
Bemanning 15
Oorlewendes 0

Dit was die tweede passasierstraler van Malaysia Airlines wat binne enkele maande neerstort. Die eerste een, Malaysia Airlines-vlug 370, het op 8 Maart spoorloos verdwyn onderweg van Kuala Lumpur na Beijing. Die vliegtuig het vermoedelik in die Indiese Oseaan neergestort, maar die wrak is nooit gevind nie.

Die ongeluk

Malaysia Airlines-Vlug 17 
Roete van MH017

Die Boeing 777-200ER vertrek op 17 Julie 2014 om 12:14 (UTC+2) vanaf Lughawe Schiphol na die Kuala Lumpur Internasionale Lughawe. Omstreeks 15:15 verdwyn dit van die radar oos van die stad Donetsk in die Oekraïne, slegs 50 kilometer van die Russiese grens. Op daai oomblik was die vliegtuig ongeveer 10 000 meter hoog. Die vliegtuig het geen noodroepe gemaak nie en die vlugroete is voor die tyd veilig verklaar. Dit het egter verder noordwaarts as gewoonlik uitgewyk. Oekraïne se lugverkeerbeheer het die bemanning gevra om hoogte te verminder en laer as gewoonlik te vlieg.

Die vliegtuig stort uiteindelik naby die dorp Hrabove in die Donetsk-oblast neer. Wrakstukke is oor 'n oppervlak van 15 km versprei. Die ondersoek word bemoeilik omdat die gebied deur pro-Russiese separatiste beheer word en die infrastruktuur tydens gevegte met regeringsmagte in puin gelê is.

Dit kom later aan die lig dat die vliegtuig deur 'n Buk-missielstelsel neergeskiet is. Die missiel is vanaf 'n gebied wat deur rebelle beheer word gelanseer.

Die vliegtuig

Malaysia Airlines-Vlug 17 
'n Buk-missielstelsel, soortgelyk aan die een wat die vliegtuig neergeskiet het.

Die Boeing 777-200ER met registrasienommer 9M-MRD was toegerus met twee Rolls-Royce Trent-800-motors en het sitplek vir 282 passasiers gehad. Sedert sy eerste vlug op 17 Junie 1997 het die vliegtuig altesaam 11 434 vlugte van 75 322 uur gevlieg. Die laaste onderhoud aan die vliegtuig is op 11 Julie 2014 in 'n loods van Malaysia Airlines op die lughawe van Kuala Lumpur uitgevoer.

Bemanning en passasiers

Vlug MH17 het 283 passasiers en 15 bemanningslede aan boord gehad. Al 298 van hulle het in die ramp omgekom. Die meeste passasiers was Nederlandse burgers. Slegs een Suid-Afrikaner wat met 'n Britse paspoort gevlieg het is in die voorval oorlede. Aangesien drie babas aan boord was, is daar meer slagoffers as sitplekke op die vliegtuig.

Nasionaliteit Passasiers Bemanning
Malaysia Airlines-Vlug 17  Nederland 192+1
Malaysia Airlines-Vlug 17  Maleisië 29 15
Malaysia Airlines-Vlug 17  Australië 27
Malaysia Airlines-Vlug 17  Indonesië 12
Malaysia Airlines-Vlug 17  Verenigde Koninkryk 10
Malaysia Airlines-Vlug 17  België 4
Malaysia Airlines-Vlug 17  Duitsland 4
Malaysia Airlines-Vlug 17  Filippyne 3
Malaysia Airlines-Vlug 17  Kanada 1
Malaysia Airlines-Vlug 17  Nieu-Seeland 1
dubbeltelling -1
Totaal: 283 15

Russiese mediadekking

In Julie 2014, kort ná die ongeluk, het die Russiese opposisie liberale koerant Nowaja Gazeta 'n hoofopskrif in Nederlands gepubliseer wat lees "Vergeef ons, Nederland".

Dekking deur amptelike media en liggame verskil egter van die dekking in die meeste ander lande en het mettertyd aansienlik verander gewoonlik in antwoord op nuwe getuienis wat deur die Nederlandse Veiligheidsraad (DSB) en die ondersoekspan gepubliseer is.

Volgens die peiling wat die Levada Center tussen 18 en 24 Julie in 2014 uitgevoer het, het 80% van die ondervraagde Russe geglo dat die ongeluk van MH17 deur die Oekraïense weermag veroorsaak is. Slegs 3% van die respondente in die peiling het die ramp op pro-Russiese separatiste in die ooste van die Oekraïne geblameer.

Aanvanklike reaksies

Op die aand van die ongeluk het die Russiese nuusagentskap, LifeNews in 'n verklaring van die separatiste gesê dat 'n "Oekraïense "Lugmag An-26-vervoervliegtuig" deur 'n missiel afgeskiet is en neergestort het. ITAR-TASS en RIA Novosti het ook berig dat 'n An-26 deur die separatistiese militisie neergeskiet is naby Torez omstreeks 16:00 plaaslike tyd, in wat beskryf word as "nog 'n oorwinning van selfverdediging vir die DPR." Daar was geen bewyse oor die hoogte van die vliegtuig en die wapens wat gebruik is nie.

Kort nadat dit duidelik geword het dat die vliegtuig 'n burgerlike vliegtuig was, het die separatistiese media ontken dat hulle enige betrokkenheid by die ongeluk het en ook dat hulle nie in besit is van teenvliegtuigmissiele wat hierdie hoogte kon bereik nie.

Samesweringsteorieë

Op 18 Julie word die bevelvoerder van die Donbass People's Militia Igor Ivanovich Strelkov (ook bekend as Igor Girkin) aangehaal dat "'n beduidende aantal liggame [wat ná die ongeluk gevind is] nie vars was nie". Hy het opgevolg deur te sê "Oekraïense owerhede is in staat tot enige bastheid"; en beweer ook dat bloedserum en medikasie in groot hoeveelhede in die wrak van die vliegtuig gevind is. Girkin het ook beweer dat sommige van die passasiers al enkele dae voor die ongeluk dood is.

Die Russiese TV-stasie, RT, wat deur die regering befonds word het aanvanklik gesê dat die vliegtuig moontlik deur die Oekraïne neergeskiet is in 'n mislukte poging om Wladimir Poetin te vermoor, 'n komplot wat georganiseer is deur Oekraïne se "Westerse ondersteuners". Dit is vinnig van die hand gewys omdat Poetin se vlugroete honderde kilometers noord van die Oekraïne geloop het.

Ander samesweringsteorieë wat deur Russiese media gepropageer is, sluit in dat die Oekraïners per ongeluk die vliegtuig neergeskiet het, en ook parallelle getrek het met die verdwyning van Siberia Airlines-vlug 1812 in 2001); dat die Oekraïense lugverkeersleiers die vlug doelbewus herlei het om oor die oorlogsone te vlieg (onwaar bewys deur die DSB-ondersoek); en dat die Oekraïense regering die aanval op die vliegtuig gereël het om roem te verwerf vir die pro-Russiese rebelle.

'n Aantal alternatiewe teorieë is vinnig in die Russiese massamedia versprei, insluitend 'n beweerde spioensatellietfoto wat wys dat die vliegtuig van agter geskiet is deur 'n Oekraïense Su-25-vegvliegtuig. Die egtheid van die foto is onmiddellik verwerp, omdat die relatiewe skaal van die vliegtuie verkeerd was, wat daarop dui dat dit swak "kopieer-en-plak"-fabrikasie was.

In Julie 2014 het Sara Firth, wat die vorige vyf jaar as korrespondent by RT gewerk het, bedank uit protes teen die dekking van die kanaal oor die ongeluk, wat sy as 'leuens' beskryf het. RT het gesê dat Firth na 'n ander pos verskuif het.

In 2017 het die Nederlandse koerant NRC Handelsblad beskryf hoe vals verhale oor die MH17-ongeluk gepropageer is met die steun van die politikus Pieter Omtzigt, wie 'n Russies-sprekende Oekraïense man voorgestel het as 'n 'ooggetuie' van die ongeluk tydens 'n openbare kundige debat in Mei 2017. Die man, wat 'n asielsoeker uit die Oekraïne was, het nie die ongeluk gesien nie en sy toespraak wat deur Omtzigt voor die onderhoud aan hom gestuur is , het die Russiese weergawe herhaal dat die Oekraïense vegvliegtuig die Boeing neergeskiet het.

Verwysings

Eksterne skakels

38°37′25.78″O / 48.1264472°N 38.6238278°O / 48.1264472; 38.6238278

Tags:

Malaysia Airlines-Vlug 17 Die ongelukMalaysia Airlines-Vlug 17 Die vliegtuigMalaysia Airlines-Vlug 17 Bemanning en passasiersMalaysia Airlines-Vlug 17 Russiese mediadekkingMalaysia Airlines-Vlug 17 VerwysingsMalaysia Airlines-Vlug 17 Eksterne skakelsMalaysia Airlines-Vlug 1717 Julie2014AmsterdamKuala LumpurMaleisiëNederlandOekraïneRusland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Finansiële staatAardeOnderhandelinge om apartheid te beëindigSinoniemHeuningbySosiale mediaTsoenamiNG gemeente JansenvilleSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Wieg van die MensdomWerkloosheidRandall WicombGawes van die Heilige GeesPubiese hareLyfstraf in skolePinksterLys van Afrikaanse rolprenteSuid-Afrikaanse RugbyunieVaginale kankerMagnesiumDolfynVrymesselaryXenofobieKondensasieEwenaarSonja HerholdtVoorvoegselMiddeloorontstekingAnette EngelbrechtGeweldWeer (meteorologie)JohannesburgSonsteekPlaasjapieAuschwitz-konsentrasiekampSuid-Afrikaanse randAlkoholismeSkoolWaterpokkiesEngelsVryheidsdagAt BothaVlinderLika BerningElzette MaarschalkVerantwoordelikheidChristendomReënvalbepalingLys van oseane, seë en merePseudowetenskapMichael JacksonTelwoordLiewe HeksieEmfiseemLys van konings van IsraelBipolêre gemoedsteuringJan van HunksVingerseksSteentydperkSwartwitpensGeldDiepaartromboseInflasieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaBeenbreuke en ontwrigtingsRegardt van den BerghKolorektale kankerAnton GoosenHoërskool OuteniquaPerdebyeVolhoubare ontwikkelingEmosie🡆 More