Maksimilian Wolosjin

Maksimilian Wolosjin

Russies-Oekraïense digter


Gebore
28 Mei 1877
in Kiëf, Oekraïne
(destyds Russiese Ryk)


Oorlede
8 November 1932
in Koktebel, Krim
Sowjetunie


Literêre stroming
Simbolisme


Bekende werke

Anno mundi ardentis (1915)
Die doofstomme demone (1919)
Die paaie van Kain (1921–23)
Gedigte oor die terreur (1923)
Rusland (1924)

Maksimilian Aleksandrowitsj Kirienko-Wolosjin (Russies: Максимилиа́н Алекса́ндрович Кирие́нко-Воло́шин), algemeen bekend as Max Wolosjin (* 28 Mei 1877, † 8 November 1932), was 'n Russies-Oekraïense digter, landskapskilder en publisis. Sy literêre werke word by die sogenaamde Silwertydperk van die Russiese literatuur gereken.

Wolosjin, wat in Oekraïne gebore is, was een van die belangrikste verteenwoordigers van die simbolistiese beweging in die Russiese kultuur en literatuur en het bekendheid as digter en kuns- en literatuurkritikus verwerf. Sy bydraes het in leidende vroeë 20ste eeuse tydskrifte verskyn, waaronder Wesi, Zolotoje roeno ("Die Goue Vlies") en Apollon. Hy het daarnaas ook bekendgestaan vir 'n reeks meesterlike Russiese vertalings van Franse poësie en prosa.

As landskapskilder het Wolosjin hom veral tot die Krim aangetrokke gevoel waar hy skoolgegaan en vanaf 1917 tot sy afsterwe in 1932 gebly het.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Vergelykings (taalkunde)WolfBobbejaanTandbederfAlfabetDawidWaterbesoedelingNoag se arkHoëveldWaterstofTrappe van vergelykingTweede Nuwe JaarLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsEkostelselMobutu Sese SekoLys van politieke partye in Suid-AfrikaAgtervoegselLegendeAnale seksIndo-Europese taleGeskiedenis van AfrikaansDiskriminasieFranse RewolusieHangbrugLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameWerkloosheidKorrupsieChatGPTVoedselkettingAt BothaMuishondTelefoonShakaEjakulasieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalHomoniemWatersuiweringPaaiementberekeningNasionale VrouedagOogproblemeYouTubeKortverhaalVulkanismeGewasboerdery in Suid-AfrikaPiet ByleveldSinoniemWaterDeon MeyerSlag van BloedrivierTobie CronjéSkisofrenieIrma SternAuschwitz-konsentrasiekampRumatiekLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLys van kleureGrondsoorteTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinBreinvliesontstekingLys van Afrikaanse televisiereekseVrystaatJan Willem JanssensGedigAardeSosiale mediaDiepaartromboseEngelandKlem-in-die-kaakBayer 04 Leverkusen20ste eeuChris HaniJode in Suid-AfrikaSpinnekopNederduitsch Hervormde KerkArendAardkorsRuhan du ToitWyn🡆 More