Maksimiliaan I

Keiser Maksimiliaan I (22 Maart 1459 – 12 Januarie 1519) was Koning van die Romeine (ook bekend as Koning van die Duitsers) vanaf 1486 en Heilige Romeinse Keiser vanaf 1493 tot en met sy dood, alhoewel hy nooit deur die pous gekroon is nie, omdat die reis na Rome altyd te riskant was.

Hy was die seun van Frederik III, Heilige Romeinse Keiser, en Eleonora Helena van Portugal. Hy was mederegeerder in die laaste dekade van sy vader se heerskappy, van om en by 1483 tot 1493.

Maksimiliaan I
Aartshertog van Oostenryk
Koning van die Romeine
Keiser van die Heilige Romeinse Ryk
Keiser Maksimiliaan I geskilder deur Albrecht Dürer
Keiser Maksimiliaan I geskilder deur Albrecht Dürer
Dinastie Habsburg
Bewind 16 Februarie 148612 Januarie 1519 (Koning van die Romeine)
4 Februarie 150812 Januarie 1519 (Heilige Romeinse Keiser)
Kroning 9 April 1486 (Koning van die Romeine)
Gebore (1459-03-22)22 Maart 1459
Wiener Neustadt, Neder-Oostenryk
Gesterf 12 Januarie 1519 (op 59)
Wels, Opper-Oostenryk
Wiener Neustadt
Voorganger Frederik III
Opvolger Karel V
Eggenote Maria, Hertogin van Bourgondië (1477–1482)
Anna, Hertogin van Bretagne (1490–1492)
Bianca Maria Sforza (1494–1510)
Nakomelinge Filips I van Kastilië
Margaret van Oostenryk
Vader Frederik III
Moeder Eleonora van Portugal

Maksimiliaan het die invloed van die Huis van Habsburg deur oorlog uitgebrei en sy huwelik in 1477 met Maria van Boergondië, die erfgenaam van die Hertogdom Boergondië. Na die dood van Maria is hy met die erfgename van die hertog van Milaan getroud. Sy seun, Filips, het in 1496 met Johanna de Waansinnige, erfgename van die Spaanse kroon, laat trou.

Hy moes egter wel die Oostenrykse grondgebiede in hedendaagse Switserland aan die Ou Switserse Eedgenootskap afstaan. Deur sy seun Filips I van Kastilië se huwelik met die uiteindelike koningin Johanna van Kastilië in 1498, het Maksimiliaan tot die totstandkoming van die Habsburg-koningshuis in Spanje bygedra, wat sy kleinseun Karel in staat sou stel om die trone van Kastilië sowel as Aragon te bestyg.

So het die Habsburgers die rykste en magtigste vorstehuis in Europa geword, maar tesame daarmee het hulle hul ongelukkig ook die afguns en vyandskap van die Franse konings op die hals gehaal.

Sien ook

Bronnelys

Tags:

Heilige Romeinse RykPortugalRome

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Liturgiese jaarSiberiëRoekelose DadeGoogle TranslateVerenigde State van AmerikaMuishondPeniskankerSkaakPerdNuwe TestamentMensHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalPornografieWiki CommonsMaanVolhoubaarheidLily CarterToorbergKoekie (rekenaarwetenskap)MangelFritz HaberNatuurbewaringHomofoonOntsteking (geneeskunde)EnsiklopedieHorlosieMarsAfrikaansIngrid JonkerMiljardStrandbeestEpilepsieAnnelize van der RystGuillain-Barré-sindroomKompasJaco du PlessisAardbewingLys van slangePG du PlessisVigsSpelerposisies in rugbyPaulus van TarsusNardusSpookvoëlIntensiewe vormDanie du ToitLys van kleureDaggaBrongitisNierversakingCecil John RhodesAppelblaarWeeluisThabo MbekiSteve HofmeyrDermpoliepEier (biologie)FiksieAnrich HerbstTarentaleKnopiespinnekopDieregeluideOnderwys (geskiedenis)Anglo-BoereoorlogRuslandYouTubeGeurmiddelGesinsdagRooiwater🡆 More