Makemake: Derde grootste dwergplaneet in die sonnestelsel

Makemake, amptelik (136472) Makemake (simbool: ), is die derde grootste dwergplaneet in die Sonnestelsel en een van die grootste Kuipergordelvoorwerpe (KGV's).

Makemake het 'n deursnee wat gelykstaande is aan ongeveer driekwart van Pluto s'n en het een bekende natuurlike satelliet, S/2015 (136472) 1. Die dwergplaneet het 'n uiters koue gemiddelde temperatuur van -243,2 °C (of 30 Kelvin), wat daarop dui dat sy oppervlak met metaan-, etaan- en moontlik stikstofysse bedek is.

Makemake   🝼
Makemake en sy maan, soos gesien deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Makemake en sy maan, soos gesien deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Ontdekking
Ontdek deur Michael E. Brown
Chad Trujillo
David Rabinowitz
Datum 31 Maart 2005
Kleinplaneet-benaming(136472) Makemake
Alternatiewe name2005 FY9
Kleinplaneet-kategorie Dwergplaneet
TNV
Plutoïde
(cubewano)
Etimologie Makemake
Wentelbaaneienskappe
Epog 28 Januarie 1955
(JD 2 435 135,5)
Afelium 53,074 AE
7,939 Tm
Perihelium 38,509 AE
5,760 Tm
Halwe lengteas 45,791 AE
6,850 Tm
Wentelperiode 309,88 jaar
(113 183 dae)
Gem. omwentelingspoed 4,419 km/s
Gem. anomalie 85,13°
Baanhelling 28,96°
Lengteligging van stygende nodus 79,382°
Periheliumhoek 298,41°
Natuurlike satelliete 1
Fisiese eienskappe
Gem. radius 750 km
710 ± 30 km
Oppervlakte ~6 300 000 km2
Volume ~1,59 km3
Massa ~321 kg (aanvaar)
(0,0005 aardmassas)
Gem. digtheid ~2 g/cm3 (aanvaar)
Oppervlak-
aantrekkingskrag
~0,4 m/s2
Ontsnapping-
snelheid
~0,75 km/s
Sideriese
rotasieperiode
7,771 ± 0,003 uur
Temperatuur 30-35 K
Spektraaltipe: B-V = 0,83, V-R = 0,5
Skynmagnitude 16,7 (opposisie)
Absolute magnitude -0,44

Makemake is oorspronklik deur 'n sterrekundige span onder leiding van Michael Brown op 31 Maart 2005 ontdek, maar die ontdekking is eers op 29 Julie 2005 aangekondig. Die dwergplaneet is genoem na die mitologiese god Makemake, wat in die geloof van die Rapa Nui (die inwoners van Paaseiland) die god van die mensdom en vrugbaarheid is.

Satelliet

Op 26 April 2016 het sterrekundiges wat waarnemings van die Hubble-ruimteteleskoop van April 2015 bestudeer het, die ontdekking aangekondig van ’n maan met ’n deursnee van ~175 km (vir ’n aangenome albedo van 4%) wat op ’n afstand van ≥21 000 km van Makemake af om hom wentel, met ’n wentelperiode van ≥12 dae (indien die wentelbaan rond is). Dit het die voorlopige naam S/2015 (136472) 1 gekry, maar word ook MK 2 genoem.

Die meeste ander groot Trans-Neptunus-voorwerpe, Eris, Haumea en Pluto, het minstens een natuurlike satelliet elk.

Wentelbaan en klassifikasie

Makemake: Satelliet, Wentelbaan en klassifikasie, Galery 
Wentelbane van die groot cubewano's in vergelyking met Pluto. (Makemake in blou, Haumea in groen, Pluto in rooi en Neptunus in grys).

In April 2019 was Makemake 52,5 AE van die Son af, amper so ver as wat dit kan kom in sy wentelbaan. Dit volg ’n soortgelyke wentelbaan as Haumea: met ’n groot baanhelling van 29° en ’n gemiddelde eksentrisiteit van sowat 0,16. Tog is Makemake se wentelbaan effens verder van die Son in terme van beide sy halwe lengteas en perihelium. Sy wentelperiode is 308 jaar, meer as Pluto se 248 jaar en Haumea se 285 jaar. Makemake en Haumea is albei op die oomblik ver van die sonnebaan – teen ’n hoek van amper 29°. Makemake kom nader aan sy afelium in 2033, terwyl Haumea sy afelium vroeg in 1992 bereik het.

Makemake is ’n klassieke Kuipergordelvoorwerp, wat beteken sy wentelbaan is ver genoeg van Neptunus s’n af om oor die bestaan van die Sonnestelsel stabiel te bly. Anders as plutino's, wat Neptunus se baan kan kruis vanweë hulle 2:3-baanresonansie met die planeet, het klassieke voorwerpe periheliums verder van die Son, onaangeraak deur Neptunus se versteurings. Makemake het ’n resonansie van naby 11:6 met Neptunus.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Makemake SatellietMakemake Wentelbaan en klassifikasieMakemake GaleryMakemake VerwysingsMakemake Eksterne skakelsMakemakeDwergplaneetEtaanKuipergordelMetaanNatuurlike satellietPluto (dwergplaneet)SonnestelselSterrekundige simboolStikstof🝼

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OranjerivierLys van politieke partye in Suid-AfrikaWebwerfTaalStilleweTatoeëermerkKaapstadWekkerRumatoïede artritisDundermMobutu Sese SekoHoofstad7de LaanChemiese elementLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaKoperJakkalsJudaïsmeDokterKartografieArmoedeverligtingErns GrundlingAarde se atmosfeerPenisArmoedeKewerTelefoonWoordsoortNederlandsKostuumsBlourokkeJohannes HahnHulpwerkwoordGeslagBTWStikstofEkonomieBiologieMIV/vigs in Suid-AfrikaKoos du PlessisDonderstormTussenwerpselUnited Democratic FrontSimboolOnse VaderRugbyMiddelmisbruikYslandMaagOos-KaapStam (taalkunde)Lys van Nederlandse skildersGloeilampWaterFranse RewolusieKlimaatsverandering in Suid-AfrikaVergelykings (taalkunde)VormKoppeltekenNarsistiese persoonlikheidsteuringIngrid JonkerOmtrek, oppervlakte en volumeSirkelMIVProstaatklier3D-rolprentGedigLetterkundeLys van Afrikaanse skrywersMaroela MediaVolhoubaarheidAardbewingWhatsAppWoestyn🡆 More