Kiesafdeling Maitland

Maitland was 'n kiesafdeling naby Kaapstad se middestad vir die Suid-Afrikaanse Volksraad van 1933 met tussenposes tot 1994.

Kiesafdeling Maitland
Genl. Jan Smuts gesels met lede van sy kabinet, sen. A.M. Conroy, James Wellwood Mushet (Maitland se LV van 1938 tot 1943), Jannie Hofmeyr en Frederick Sturrock, in 1946.

1933-1943

In die eerste verkiesing in Maitland wen die kanidaat van die Suid-Afrikaanse Party, wat voor die verkiesing 'n koalisie aangegaan het die Nasionale Party om die Goudstandaardkrisis die hoof te bied, Reuben John du Toit met 'n meerderheid van 667 stemme teen die onafhanklike A.J. Chiappini. Du Toit was van 1938 tot 1953 LV vir Kaapse Vlakte en van 1953 tot 1958 vir Pinelands. In 1938 gaan staan Du Toit in Kaapse Vlakte, maar in Maitland wen die Verenigde Party se kandidaat, James Wellwood Mushet, 'n minister in die laaste kabinet van genl. Jan Smuts en LV vir Liesbeek van 1920 tot 1921 en later vir Vasco van 1943 tot 1953, met 'n meerderheid van 353 drie die Nasionale Party se P.J.H. Hofmeyr. Die Arbeidersparty se W.A. Costello was derde met slegs 432 stemme, vergeleke met Mushet se 3 780.

1948-1958

In 1943 en 1948 se algemene verkiesings word dié deel van Kaapstad oënskynlik by Mowbray en ander omliggende kiesafdelings ingelyf en in eersgenoemde jaar word Mushet LV vir Vasco. In 1953 is Maitland terug en nou word Zach de Beer, latere leier van die Progressiewe Federale Party en die Demokratiese Party, verkies met 'n meerderheid van 2 105 teen die N.P. se L.T. Weichardt. Hy het in 'n tussenverkiesing in 1936 in Port Elizabeth-Noord, toe hy as Gryshemp gestaan het, net-net 498 stemme op hom verenig. 'n Jaar voor De Beer en 11 ander Verenigde Party-lede die party sou verlaat om die Progressiewe Party te stig, wen hy in Maitland met 'n meerderheid van 3 174 stemme teen die N.P. se F.J. van der Merwe.

1961 en later

Maitland bevestig sy destydse status as veilige opposisiesetel toe kiesers in die volkstemming oor republiekwording in 1960 oorweldigend teen die voorstel stem: 7 029 nee-stemme en 3 866 ja-stemme. De Beer probeer sy ou setel in die 1961-behou vir die P.P., maar kom slegs derde met 1 688 stemme. Die V.P. se Tony Hickman wen met 4 610 stemme en die onafhanklike Frank Waring (wat die V.P. verlaat het en na die verkiesing, na hy Vasco onbestrede in 1962 in 'n tussenverkiesing vir die N.P. gewen het, een van die eerste twee Engelssprekendes in 'n N.P.-kabinet sou word toe dr. H.F. Verwoerd hom aanstel. Douglas Carr van die N.P. verslaan vir Hickman in 1966 met 'n meerderheid van slegs 160 stemme, maar Hickman verhang die bordjies in 1970 en wen met 'n meerderheid van 1 511, weer teen Carr.

Hickman behou die setel in die algemene verkiesing van 1974 met 'n vergrote meerderheid van 1 977, maar na die ontbinding van die V.P. voor die 1977-verkiesing, sou die N.P. telkens daarin slaag om Maitland te wen.

Sien ook

Bellville, Claremont, Constantia, De Kuilen, Durbanville, Groenpunt, Groote Schuur, Kaapse Vlakte, Kaapstad-Hawe, Kaapstad-Kasteel, Kaapstad-Sentraal, Kaapstad-Tuine, Liesbeek, Mowbray, Nuweland, Parow, Pinelands, Rondebosch, Seepunt, Simonstad, Soutrivier, Suid-Skiereiland, Tygervallei, Vasco, Woodstock, Wynberg

Bronne

  • Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
  • Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.

Tags:

Kiesafdeling Maitland 1933-1943Kiesafdeling Maitland 1948-1958Kiesafdeling Maitland 1961 en laterKiesafdeling Maitland Sien ookKiesafdeling Maitland BronneKiesafdeling MaitlandKaapstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RieldansLys van Afrikaanse televisiereekseKolorektale kankerRooibokHeelgetalWikipediaSwart nasionalismeTandbederfNagapieKoolhidraatKhoikhoiBaälCovid-19-pandemieUniegebouAntjie KrogGrootste rampe in Suid-AfrikaTurksvyGemeenskapsorganisasieVerkoueAfrikanersRooikatElektrisiteitsvoorsieningLourensrivierWaterKongo-krisisPikkewynTafeltennisTrekarbeidDanie du ToitKarooOmtrek, oppervlakte en volumeKakiebosNkosi Sikelel' iAfrikaVryheidsdagLionel MessiBraaiJohannesburgAppelKletsrymRassismeProvinsies van Suid-AfrikaHulpwerkwoordVoorvoegselSuikerbekkiesGroot vyfPinksterMolekuulLetterlike en figuurlike taalgebruikWayde van NiekerkMenstruasieMisdaadNasiebouMondMuskeljaatkatLys van Griekse mitologiese figureChristendomHeuningPretoriaPornhubTropiese sikloonVarkgriepVergelykings (taalkunde)BaarmoederDepressie (gemoedstoestand)DroomSteentydperkValentynsdagGeografie van Suid-AfrikaDokterInternetOorstromingNeologismeKolitis🡆 More