Magnus Carlsen: Noorse skaakspeler

Sven Magnus Øen Carlsen (gebore op 30 November 1990) is 'n Noorse skaakspeler en die huidige wêreldkampioen.

Sy beste gradering van 2882, wat hy in 2014 bereik het, is die hoogste in die geskiedenis van skaak. Carlsen het die wêreldkampioenskap in 2013, 2014, 2016 en 2018 gewen.

Magnus Carlsen
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Naam Sven Magnus Øen Carlsen
Geboorte 30 November 1990 (1990-11-30) (33 jaar oud)
Tønsberg, Vestfold, Noorweë
Nasionaliteit(e) Vlag van Noorweë Noorweë
Titel Grootmeester 2004
FIDE rang No. 1 (November 2018)
Beste gradering 2882 (Mei 2014)
Wêreldkampioen 2013–nou

Kinderdae

Carlsen is op 30 November 1990 in Tønsberg, Noorweë, gebore. Sy moeder is Sigrun Øen, 'n chemiese ingenieur, en sy vader Henrik Albert Carlsen, 'n IT-konsultant.

Hy het drie susters, en in 2010 het hy gesê dat een van die dinge wat hom gemotiveer het om skaakspeel ernstig te beoefen, die begeerte was om sy oudste suster te kon klop. As skaakwonderkind het hy in 2002 gelykgespeel vir eerste plek in die Wêreld-onder-12 skaakkampioenskap.

Carlsen was bekend vir sy aanvallende styl as 'n tiener, maar het sedertdien tot 'n universele speler ontwikkel. Hy gebruik 'n verskeidenheid openings om dit vir sy teenstanders moeiliker te maak om voor te berei en ook die effek van rekenaaranalise te verminder.

Wêreldkampioen

Hy het in 2013 die wêreldkampioen geword nadat hy Viswanathan Anand verslaan het. In 2014 het hy Anand weer verslaan, en ook die jaar se blitsskaak-wêreldkampioenskap gewen. In 2016 het hy sy titel teen Sergey Karjakin verdedig. In 2018 het hy Fabiano Caruana geklop.

Boeke en films

  • Valaker, O; Carlsen, M. (2004). Lær sjakk med Magnus [Learn Chess with Magnus]. Gyldendal Norsk Forlag. ISBN 978-82-05-33963-7.
  • The Prince of Chess, a film about Magnus Carlsen (2005). Directed by Øyvind Asbjørnsen.
  • Opedal, Hallgeir (2011). Smarte trekk. Magnus Carlsen: Verdens beste sjakkspiller [Smart Moves. Magnus Carlsen: The World's Best Chess Player]. Kagge. ISBN 978-82-489-1050-3
  • Mikhalchishin, Adrian; Stetsko, Oleg. (2012). Fighting Chess with Magnus Carlsen (Progress in Chess). Edition Olms. ISBN 978-3-283-01020-1.
  • Crouch, Colin (2013). Magnus Force: How Carlsen Beat Kasparov's Record. Everyman Chess. ISBN 978-1-78194-133-1.
  • Kotronias, Vassilios & Logothetis, Sotiris (2013). Carlsen's assault on the throne. Quality Chess. ISBN 978-1-906552-22-0.
  • Magnus (2016). Directed by Benjamin Ree.

Verwysings

Tags:

Magnus Carlsen KinderdaeMagnus Carlsen WêreldkampioenMagnus Carlsen Boeke en filmsMagnus Carlsen VerwysingsMagnus CarlsenSkaak

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AnilingusKaapstadInligtingMosambiekGoogle TranslateSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989KommunikasieAfrikaansWerwelkolomAfrikaanse woordelys en spelreëlsEoraptorFrankrykMenseregtedagKoreaanse nasionale rugbyspanKappie (skryfteken)ParysBakterieArabiesWitbloedselAfkappingstekenSterFredi NestSowjetunieDinosourusDemokrasieNederduitse Gereformeerde KerkNieuwoudtvilleDulcie van den BerghWoordOopbroninhoudGeelslangLys van nedersettings in Suid-AfrikaKoue OorlogEuropaOraniaJannie du ToitByWashington, D.C.Lys van lande volgens bevolkingAarde se atmosfeerCecil John RhodesOntbinding van die SowjetunieMarita NapierLSerafín DengraHekseryPalmsondagBrasiliëSuid-KoreaPsigopatieAtriale fibrillasieLiewe HeksieJagluiperdMenseregteLionel MessiAfrikaFamilie (verwantskap)AkroniemKoppeltekenKoos du PlessisOnderhandelinge om apartheid te beëindigMoslemLys van woestyneOssewaJada FireAfkortingGoogleLys van Suid-Afrikaanse atletiekrekordsErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2DiepaartromboseBreingewasKoolhidraat🡆 More