Magaliesberg: Bergreeks in Pretoria-Rustenburg omgewing

Die Magaliesberg is 'n bergreeks wat van Pretoria in die noorde van Gauteng tot suid van Pilanesberg, in die Noordwesprovinsie, strek.

Magaliesberg
Magaliesberg: Naam, Flora, Fauna
bergreeks
LandSuid-AfrikaWysig
Geografiese liggingWysig
Materiale gebruikAfsettingsgesteenteWysig

Die bergreeks is ongeveer 120 km lank. Die hoogste punt van die bergreeks is by Nooitgedacht, 1 852 meter bo seespieël, maar slegs 300 m bo die omliggende vlakte. Die Hartbeespoortdam, Buffelspoortdam en Olifantsnekdam is in die Magaliesberg geleë. Byna die hele berg is tot 'n natuurreservaat verklaar.

Magaliesberg: Naam, Flora, Fauna
Topografie van die Magaliesberg en Pilanesberg
Magaliesberg: Naam, Flora, Fauna
Hamerkopkloof in die Magaliesberg
Magaliesberg: Naam, Flora, Fauna
Tonquanikloof in die Magaliesberg
Magaliesberg: Naam, Flora, Fauna
Hamerkopkloof

Naam

Die Magaliesberge was in die verlede bekend as die Macalisberg of as die Kashanberge. Die berge is glo vernoem na die Tswana-hoofman Magali (Mohale), wat 'n stam in die noorde van die berge regeer het.

Flora

Daar is meer as 130 spesies van bome in die Magaliesberg. Die Olyfgroen vingertjie (Frithia pulchra) is 'n dwergplantjie uit die vygiefamilie wat endemies aan die gebied is. Die vuurpylaalwyn Aloe peglerae groei net in die Magaliesberg en aangrensende berge.

Aan die suidelike hange van die bergreeks is die klimaat droeër en die meeste van die plantegroei in valleie aan die voet van die kranse gekonsentreer. Aan die noordelike hange kom wilgebome voor en laer teen die hange kan maroelabome gevind word.

Fauna

Die Magaliesberge was eens die tuiste van olifante, renosters, buffels, kameelperde, groot katte en verskeie spesies van bokke. Hoewel baie van die groot dierespesies oor die jare uit die gebied verdwyn het is sommige privaat wildskampe besig om 'n paar spesies in die streek te hervestig. Van besondere betekenis is die hervestiging van die swartwitpens wildsbok. Dit was in die Magaliesberge teenwoordig waar William Cornwallis Harris dié spesies ontdek het in 1836.

Klimaat

Die bergreeks vorm 'n natuurlike versperring tussen die laagliggende Bosveld in die noorde en die koeler Hoëveld in die suide. Die reeks ontvang reënval in die somer in die vorm van donderbuie met 'n gemiddelde reënval van 650 mm per jaar. In die winter kom ryp dikwels voor in die valleie aan die suidekant van die berg, maar amper nooit op die noordelike hange nie.

Die Magaliesberge het 'n gemiddelde temperatuur van 22°C, en 'n tipiese humiditeit van 67%. Wind kom meestal van die noorde af.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

27°31′48″O / 25.8583°S 27.530°O / -25.8583; 27.530

Tags:

Magaliesberg NaamMagaliesberg FloraMagaliesberg FaunaMagaliesberg KlimaatMagaliesberg Sien ookMagaliesberg VerwysingsMagaliesberg Eksterne skakelsMagaliesbergBergBuffelspoortdamGautengHartbeespoortdamNatuurreservaatNoordwesOlifantsnekdamPilanesbergPretoriaSeevlak

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PlastiekMiddelmisbruikAlliterasie2001OlifantDirekte en Indirekte redeWes-KaapJeugdagPuberteitKinderregteVarkgriepCarles PuigdemontSitrusRonelda KamferOrgasmeErfenisdag (Suid-Afrika)MynbouIslamitiese StaatEtniese groepSinkHokkieSwart nasionalismeKunstenaarSkoolPseudowetenskapVoëlOmgewingsbeheerHoofpynVrouVlinderWieg van die MensdomReënReënspinnekopKasteel die Goeie HoopKankerKlereLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaEngelsKommunikasieHibernasieMensEjakulasieSelfoonGroot vyfRassisme in AfrikaPoesFossielbrandstofByAkuutBrasiliëMonopolieRomanHernubare energieRussiese inval in Oekraïne sedert 2022SebraKewerBestaansboerderyKrieketStam (taalkunde)Waterbesparing in Suid-AfrikaRoofvoëlBruto binnelandse produkAsiëLTeam Fortress 2AluminiumOos-KaapKunsKanadaPoësieFrankrykSikloonBosluisKGeskiedenis van Afrikaans🡆 More