Die Maclear-baken is 'n klipstapel wat die hoogste punt op Tafelberg aandui.
Die klipstapel van 3 m hoog is in 1979 tot 'n gedenkwaardigheid verklaar. Trigonometriese baken (28) Tafelberg is 1 087 m bo seevlak en 19 meter hoër as die boonste kabelstasie geleë.
Genl. J.C. Smuts het deur sy staptogte op Tafelberg die paadjies rondom die baken bekend gemaak. Die bakenpunt is 3 km van die kabelstasie af, en word na 'n staptog van 45 minute bereik. Ooswaarts bied dit 'n uitsig oor die Kaapse Vlakte en die Hottentots-Hollandberge.
Sir Thomas Maclear (1794–1878) was die sterrekundige by die Koninklike Sterrewag. Tussen 1841 en 1848 het hy groot dele van die Kaapkolonie opgemeet vir die kontrolering en uitbreiding van die Franse sterrekundige Nicolas-Louis de Lacaille (1713–1762) se meridiaanboog. Die doel was om die presiese vorm en grootte van die aardbol te bepaal. Die peilbaken op Tafelberg is in Desember 1844 opgerig en word steeds deur kartograwe gebruik. Maclear het 'n begin gemaak met die geodetiese opmeting van Suid-Afrika en met die oog op die honderdjarige herdenking van sy dood op 14 Junie 1979 is die klipstapel gerestoureer.
Naby die baken is 'n gedenkteken vir nege gesneuweldes van die Bergklub van Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog. Die plat bronsskild wat van 1922 dateer, is bo-op 'n rots naby die baken gemonteer, en is die volgende jaar onthul. Sedertdien word 'n jaarlikse gedenkdiens elke Februarie by die baken gehou. Genl. Smuts het met die onthulling die hooftoespraak by die baken gelewer:
Omtrent die nege gesneuweldes het hy gesê:
Genl. Smuts sou op ouderdom 80 weereens die berg via Skeletonkloof bestyg om die hooftoespraak vir die Bergklub se jaarlikse gedenkdiens te lewer. 'n Bronsplaket vir Smuts teen 'n nabye rotswand bevat die bekende lofspraak van Shakespeare se Julius Ceasar:
18°25′32,05″O / 33.9667333°S 18.41667°O
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Maclear-baken, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.