Machadodorp

Machadodorp is 'n dorp in die Nkangala-distriksmunisipaliteit van Mpumalanga, Suid-Afrika.

Die naam van die dorp is in 2010 amptelik gewysig na eNtokozweni.

Machadodorp

(eNtokozweni)
'n Uitsig oor Machadodorp
'n Uitsig oor Machadodorp
Machadodorp is in Mpumalanga
Machadodorp
Machadodorp
Machadodorp Machadodorp se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°40′S 30°14′O / 25.667°S 30.233°O / -25.667; 30.233 30°14′O / 25.667°S 30.233°O / -25.667; 30.233
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikNkangala
MunisipaliteitEmakhazeni
Oppervlak
 • Totaal33,17 km2 (12,81 vk. myl)
Hoogte
1 550 m (5 090 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal8 835
 • Digtheid266/km2 (690/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense8.1%
 • Indiërs/Asiërs0.7%
 • Bruin mense1.4%
 • Swart mense89.5%
 • Ander0.2%
Taal (2011)
 • Swazi 45.3%
 • Zoeloe 23.5%
 • Afrikaans 8.8%
 • Ndebele 7.5%
 • Ander 14.9%
Poskode (strate)
1170
Poskode (posbusse)
1170
Skakelkode013
Webwerfhttp://www.machadodorp.co.za/

Geskiedenis

Machadodorp 
Machadodorp se NG kerk

Die dorp het begin as 'n spoorwegstasie wat gebou is toe die spoorlyn in 1894 geopen is. Die dorp is op die plaas Geluk van Cornelis Potgieter uitgelê en in 1904 geproklameer. Die dorp is vernoem na Joachim Machado, 'n Portugese ingenieur wat die roete vir die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn in die 1890's opgemeet het en later die goewerneur-generaal van Mosambiek geword het. Die dorp was 'n belangrike uitspannings plek vir die togryers in die dae voor die spoorlyn gebou was.

Na die val van Pretoria tydens die Tweede Vryheidsoorlog was Machadodorp van 5 Junie tot 27 Agustus 1900 die setel van die Transvaalse regering. Sir Redvers Buller het die dorp na sy welslae by die Slag van Bergendal begin bombardeer wat die Transvaalse regering genoodsaak het om Machadodorp te verlaat.

Distrik

Die Emakhazeni munisipale area is 4 736 km² groot en sluit Belfast, Dullstroom en Waterval-Boven in.

Die ekonomie van die distrik is hoofsaaklik op bees- en skaapboerdery gegrond. Die omgewing is ook gewild onder forelhengelaars.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Machadodorp GeskiedenisMachadodorp DistrikMachadodorp Sien ookMachadodorp VerwysingsMachadodorp Eksterne skakelsMachadodorpDorpMpumalangaNkangala-distriksmunisipaliteitSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ElandréStrandbeestVolksrepubliek ChinaGriekelandDonderstormNardusKarlien van JaarsveldLibiëAkkedisWaterpokkiesMiddeloorontstekingLetterlike en figuurlike taalgebruikVlag van BangladesjPG du PlessisDonker materieWynand du ToitLika BerningRooiwaterOlimpiese godeVerkleurmannetjieSeksueel oordraagbare infeksieDuitslandEkonomieEuropese RugbykampioenskapBorsbeenHelm (geboorte)Peach van PletzenTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinNarsistiese persoonlikheidsteuringAkuutPofadder (slang)MiljardLimfvatstelselBrongitisAfrikaanse taalleerKoöperasiestoriesSkrikkeljaarDemensieDroomErektiele disfunksieDagroofvoëlsLMuggieSigaretPampoentjiesSuikersiekteOnse VaderGriepPankreasJohannes VermeerWit-DonderdagOraniaSlag van BloedrivierSally EsterhuizenInternetPersentasieVrymesselaryDie BylPeniskankerIndiëKompasAnale seksGemengde ekonomieDanie du ToitHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalDissipel vir wie Jesus baie lief wasSamsung GroepMenslike skeletEreksieEikelAustraliëSamestellingHeupEkonomie van Suid-Afrika🡆 More