Maas: Rivier in Wes Europa

Die Maas (Duits: Maas, Engels: Meuse, Frans: Meuse, Latyn: Mosa, Limburgs: Maos, Wallonies: Mouze) is 'n Wes-Europese rivier, wat vanaf Frankryk deur België na Nederland vloei.

Dit is 'n rivier wat hoofsaaklik deur reën gevoed word. Die herkoms van die naam is nie bekend nie.

Maasrivier
Die Maas-rivier naby Dinant.
Die Maas-rivier naby Dinant.
Die Maas-rivier naby Dinant.
Maas: Rivier in Wes Europa

Die stroomgebied van die Maas.

Oorsprong Plateau van Langres, Champagne-Ardenne
Monding Maas-delta, Nederland
Noordsee
Stroomgebied Frankryk, België, Nederland
Lengte 925 km (575 myl)
Oorspronghoogte 409 m (1 342 voet)
Gemiddelde afloop 350 m³/s (1 236 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 34 548 km² (13 900 myl²)
Kaart van die Maas-bekken in Europa.
Kaart van die Maas-bekken in Europa.

Die Maas se oorsprong is naby die dorp Pouilly-en-Bassigny op die Plateau van Langres in die suide van die Franse gewes Champagne-Ardenne. Dit vloei noord (deur Lotaringe en weer deur Champagne-Ardenne) langs die Franse stede Verdun, Sedan en Charleville-Mézières.

Verby Givet vloei die rivier deur België, langs die Waalse stede Dinant, Namur (Namen), Huy (Hoei) en Liège (Luik). Verby Visé (Wezet) vorm die Maas die grens tussen België en Nederland en vloei langs die Nederlands-Limburgse stad Maastricht en die Belgies-Limburgse stad Maaseik.

Vanaf Thorn vloei die Maas alleen nog deur Nederland, langs die Limburgse stede Roermond en Venlo en langs die Noord-Brabantse stede 's-Hertogenbosch en Heusden. Tot 1904 het die Maas met die Waal -die grootste een van die drie Rynarme- naby Woudrichem saamgekom en het daar die Merwe of Merwede gevorm, wat bekend is van die Afrikaanse van Van der Merwe. In 1904 is die Maas daar egter afgesluit en het sy water 'n ander uitweg gekry, deur die Bergse Maas wat suideliker gegrawe is. Via die Hollandsch Diep vloei dit nou in die Ryn-Maas-delta, waar die water van die Maas vermeng met die Ryn se water in die Noordsee uitmond. In dié delta is daar nog stukke rivier soos die Oude Maas naby Dordrecht, die Nieuwe Maas naby Rotterdam -wat homself trots die Maasstad noem- en die Brielse Maas naby Brielle wat die naam Maas dra en herinner aan die oorspronklike loop van die rivier. Die Brielse Maas het tot ná die Tweede Wêreldoorlog in die Noordsee uitgemond, maar is al voor die Watersnoodramp in 1953 afgesluit.

In die middeleeu was die Maas 'n belangrike logistieke roete met kastele.

Syriviere

Die Maas se syriviere is o.a.:

  • Bar
  • Semois
  • Lesse
  • Sambre
  • Ourthe
  • Voer
  • Jeker
  • Geul
  • Roer
  • Niers
  • Dieze
  • Afgedamde Maas
  • Donge
  • Dintel

Verwysings

Bronne

  • Nederlandstalige en Franstalige Wikipedias.

Tags:

BelgiëDuitsEngelsFrankrykFransLatynLimburgsNederlandRivierWalloniesWes-Europa

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Elon MuskLandbou in Suid-AfrikaReënTransatlantiese slawehandelTsoenamiNetbalJan van RiebeeckMcDonald'sKonflik (proses)Meningsverskil oor aardverwarmingPersBTWJanie du PlessisSeekoei22 AprilAkuutPerdSkooluniformArmoedeOranje-VrystaatVloeistofBreinMiddeloorontstekingNatuurlike hulpbronFotosinteseJeuksiekteVryheidsmanifesRubik se kubusAfrikaSowjetunieWaterSuid-AfrikaLyfstraf in skoleNoord-KaapVlag van Suid-AfrikaKlimaatsverandering in Suid-AfrikaNierversakingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024MagsverheffingTrigeminale neuralgieNeurenberg-verhoreStellenboschAppelBloemfonteinPad na jou hartWerkwoordDriedimensioneelDramaBesoedelingNatuurbewaringStaatstoelaeLimpopo (rivier)Chemiese verbindingMiteWikiSuikersiekteMolekuulGeskiedenis van AfrikaansPornografiese akteurLeierSarel Jacob PretoriusAkwariumBysteekVormWet op Bantoe-onderwysBelgiëHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalOlimpiese SomerspeleAbstraksie (rekenaarwetenskap)TandbederfOu Apostoliese KerkMetaalTatoeëermerkNic de JagerLys van Griekse mitologiese figureGrondbesoedeling🡆 More