Maand: Onreëlmatige eenheid van tyd wat 'n kalenderjaar verdeel

'n Maand was oorspronklik gebaseer op die tyd wat die maan neem om 'n siklus van fases te voltooi.

Die kalender- of burgerlike maand het vir praktiese redes 'n heelgetal aantal dae. Daarom kan die maande nie almal eweveel dae hê nie.

Maand: Onreëlmatige eenheid van tyd wat 'n kalenderjaar verdeel
Die maand April word op 'n kalender uitgebeeld.
Maand: Onreëlmatige eenheid van tyd wat 'n kalenderjaar verdeel
’n Animasie van die Maan soos dit deur sy fases beweeg, soos in 2007 gesien. Dit gebeur binne omtrent 29,5 dae en dis waar die woord maand vandaan kom

Met die Gregoriaanse kalender, en ander kalendersisteme wat op die sonjaar gebaseer is, is die lengte van die maand sodanig dat daar 12 maande in een jaar pas. Met sisteme wat op die maan gebaseer is, is die lengte van die maand sodanig dat dit sover moontlik met die sinodiese maand ooreenkom.

Maande in die Westerse jaar

Die Westerse jaar bestaan uit die volgende maande:

Maand Aantal dae Genoem na Ander name
Januarie 31 die Romeinse god Janus loumaand, ysmaand, wolfsmaand, hardmaand
Februarie 28 of 29 die Etruskiese god Februus sprokkelmaand
Maart 31 die Romeinse god Mars lentemaand
April 30 aperire ( = open in Latyn) grasmaand
Mei 31 die Griekse godin Maia bloeimaand, wonnemaand, Mariamaand
Junie 30 die Romeinse godin Juno somermaand, weidemaand
Julie 31 die Romeinse veldheer Julius Caesar hooimaand
Augustus 31 die Romeinse keiser Augustus Octavianus oogstmaand
September 30 Latyn vir sewende maand herfsmaand
Oktober 31 Latyn vir agtste maand wynmaand, saaimaand
November 30 Latyn vir negende maand slagmaand
Desember 31 Latyn vir tiende maand wintermaand, feesmaand, kersmaand

By die aanduiding van 'n tydsduur kan dit verwarrend wees omdat die lengte van 'n maand kan wissel van 28 tot 31 dae. 'n Stelling soos "2 maande en 20 dae" is darem onakkuraat in terme van aantal dae, tensy dit duidelik is op watter datum dié periode eindig. Bowendien kan "2 maande en 20 dae" plus "3 maande en 15 dae" byvoorbeeld "6 maande en 5 dae" wees, maar ook "6 maande en 4 dae". Selfs by 'n gegewe begindatum kan die uitkoms ook anders wees by verwisseling van die twee terme ("3 maande en 15 dae" plus "2 maande en 20 dae").

Verwysings

Eksterne skakels

Maande van die jaar
Januarie | Februarie | Maart | April | Mei | Junie | Julie | Augustus | September | Oktober | November | Desember

Tags:

DagHeelgetalMaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

At BothaMielieDulcie van den BerghBraaiVulvaNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaMichael JacksonNemunasGordelroosJodeSuikerbekkiesWinterMetafoorEreksieSkilpadOnse VaderMaroela MediaWetenskaplike klassifikasieHannes van WykPad na jou hartHennie MaasPikkewyn2024 Chinese Grand PrixKnieAtlantiese OseaanVolhoubare ontwikkelingAarverkalkingYouTubeOntbossingHelga UysOrale seksSelfieNicola HanekomXenofobieJak de PriesterWerkwoordHeelgetalPaasfeesGeslagAfleiding (taalkunde)AkademiaBelvidere Holy Trinity-kerkKoggelmanderKunsmisHomofoonUitwerking van klimaatsveranderingJagluiperdGoudBreinvliesontstekingStikstofRieldansKlein-KarooTrevor NasserBergen-Belsen-konsentrasiekampMuskietLikkewaanLabia (geslagsdele)PerdBlourokkeKlimaatveranderingRobert SobukweFinansiële staatWhatsAppElandréNeologismeEkonomiePoësieLys van Afrikaanse televisiereekseDirekte en Indirekte redeGraatjiemeerkatDemokratiese Republiek die KongoLys van lande volgens bevolkingHolocaustKatoenSelfvertroue🡆 More