Ms-Dos

MS-DOS (Engels vir Microsoft Disk Operating System) was een van die eerste bedryfstelsels vir persoonlike rekenaars.

MS-DOS
Ms-Dos
'n Voorbeeld van MS-DOS se opdrag-line interface
Ontwikkelaar
Microsoft
Webblad https://www.microsoft.com/resources/documentation/windows/xp/all/proddocs/en-us/windows_dos_overview.mspx?mfr=true
Vrystellings
Aanvanklike vrystelling Augustus 1981
Huidige weergawe 8.0 (15 September 2000; 23 jaar gelede (2000-09-15))
Bronkodemodel Geslote bron; bron beskikbaar vir verkose weergawes sedert 2014
Lisensie Eiendoms sagteware
Kerntipe Monolities
Opdateermetode Geen
Platforms wat ondersteun word x86
Ondersteuningstatus
Nie ondersteun nie, vanaf 31 Desember 2001
Verdere leesstof

Geskiedenis

Toe IBM sy IBM-PC ontwikkel het sou hulle aanvanklik hul eie bedryfstelsel geskryf het, terwyl die BASIC-interpreteerder deur Microsoft voorsien sou word. Toe hulle eie bedryfstelsel egter nie vlot nie, wend IBM hulself tot Microsoft en sluit 'n kontrak om die bedryfstelsel te ontwikkel. Bill Gates besluit om nie van nuuts af te begin nie, maar soek na 'n geskikte produk wat verder aangepas kan word.

Microsoft koop uiteindelik QDOS (SPC se Quick and Dirty Operating System wat van CP/M afgelei is), waarvoor Microsoft 'n bedrag van 50 000 dollar betaal. Microsoft pas die bedryfstelsel volgens IBM se spesifikasies aan, waarna die produk deur IBM as PC-DOS verkoop word.

In die kontrak met IBM staan egter dat Microsoft ook self die produk aan derde partye mag verkoop. Microsoft doen hierdie onder die naam MS-DOS. Toe PC-klone wat op die IBM-PC gebaseer is op die mark kom, word MS-DOS gou populêr en begin Bill Gates stadig maar seker om sy fortuin op te bou.

MS-DOS in Windows

Windows 95, Windows 98 en Windows ME maak van MS-DOS gebruik om te begin (die BOOT-proses), waarna die grafiese laag beheer oorneem. MS-DOS is nie 'n multitaak bedryfstelsel nie, wat beteken dat slegs 'n enkele program op 'n slag kan loop. Deur die gebruik van virtuele verwerkers (in praktyk die V86-modus van die 80386-verwerker en hoër) is dit egter moontlik om verskillende MS-DOS-programme gelyktydig in hul eie virtuele rekenaars te loop. Hierdie metode is egter problematies omdat baie MS-DOS-programme die rekenaarhardeware direk wil aanspreek. 'n Gevorderde bedryfstelsel kan dit toelaat, maar stabiliteit word ingeboet.

Tensy 'n drywer 'n funksie virtualiseer, laat Windows 3.x en 9x direkte kommunikasie met die hardeware toe. Die Windows NT-bedryfstelsels laat dit egter glad nie toe nie.

Weergawes van MS-DOS

Datum Weergawe Veranderinge
Augustus 1981 1.0 Inbring van die autoexec.bat lêer
Maart 1982 1.1 Kan die datum en tyd vanaf die bevellyn wysig
Ondersteun dubbelkant diskette
Maart 1982 1.25 Eerste OEM-weergawe
Nuwe opdrag: VERIFY
Maart 1982 2.0 Ondersteun hardeskywe
Kan lêers tegelyk oopmaak
Printerbuffer ingevoer
Bekendstelling van die ANSI-drywer
Oktober 1983 2.1
Augustus 1984 3.0 Ondersteun netwerke
Maart 1985 3.1
Desember 1985 3.2
April 1987 3.3 Ondersteun NLSFUNC en FASTOPEN
Ondersteun hardeskywe groter as 32 megagrepe
Junie 1988 4.0 DOSSHELL word bekendgestel
Junie 1991 5.0 QBASIC, EDIT, UNDELETE, UNFORMAT en MIRROR
Optimale gebruik van geheue
Augustus 1993 6.0 Doublespace en Defrag
'n Antivirus program word ingesluit
1993 6.1
1993 6.2
1993 6.21
1994 6.22 DriveSpace i.p.v. DoubleSpace
Scandisk bekendgestel
1995 7.0 Uitgegee saam met Windows 95
Die rekenaar word opgebring met MS-DOS "verborge" in Windows
Lang lêername vir Windows 95 (nie in MS-DOS-modus nie)
1997 7.1 Uitgegee met Windows 95 OSR2 en Windows 98
Nuwe FAT32 lêersisteem
2000 8.0 Uitgegee met Windows ME
Geen SYS-bevel meer nie
Kan nie rekenaar na bevellyn opbring nie

Laaste weergawe

Die ontwikkeling van MS-DOS is lankal reeds gestaak. Die laaste alleenstaande weergawe was weergawe 6.22. Vanaf weergawe 7.0 is MS-DOS nie meer 'n losstaande bedryfstelsel nie, maar is regstreeks in Windows geïntegreer. MS-DOS is nog redelik sigbaar in Windows 95 en 98, maar in Windows ME is al die spore daarvan uitgewis.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Official site project MS-DOS 6.22 FOR WINDOWS: http://xn----htbwkmd.xn--p1ai/

Tags:

Ms-Dos GeskiedenisMs-Dos MS-DOS in WindowsMs-Dos Weergawes van MS-DOSMs-Dos Laaste weergaweMs-Dos Sien ookMs-Dos VerwysingsMs-Dos Eksterne skakelsMs-DosBedryfstelsel (inligtingstegnologie)EngelsMicrosoftPersoonlike rekenaar

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JagluiperdEngelsFiksieAfrikaanse taalleerDansBateAfrikaansPenisverlengingVuurKoorsblaarFinlandAntoniemSkildklierPaddaPiet ByleveldSlag van BloedrivierDeelstate van die Verenigde State van AmerikaOogproblemeEerste WêreldoorlogWikisourceWoordKlitorisPsigopatieKlem-in-die-kaakKangaroeSirkelSally EsterhuizenSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureNarsistiese persoonlikheidsteuringGrasDachshundLikkewaanBorskankerFritz WepperJo BlackDemensieGrasfamilieKoningNatuurlike satelliete van kleinplaneteNAVOGoogleWikimaniaZack du PlessisIndonesiëOssewaBernice WestGeslagMaroela MediaPoësieOnderhandelinge om apartheid te beëindigGianna MichaelsLys van kinderspeletjiesVarkgriepMensWhitey BassonHannes van WykLys van politieke partye in Suid-AfrikaDesiré GardnerRegardt van den BerghGebande muishondSuid-Afrikaanse WeermagWillie EsterhuizenEoraptorAfkappingstekenSeksuele penetrasieChristeneOnderwys (geskiedenis)Agter Elke ManKinderregteSwartbewussynsbeweging🡆 More