Mp3

MP3 (MPEG-1-oudiolaag 3; Engels: MPEG-1 Audio Layer 3) is 'n lêerformat vir die verliesvrye kompressie van oudiodata.

MP3 gebruik die beginsel dat slegs die gedeelte opgeneem en gestoor word wat die menslike oor kan hoor. Daardeur word 'n datakompressie moontlik wat die oudiogehalte min of glad nie beïnvloed nie. Die formaat is 'n indirekte voorganger van AAC (Advanced Audio Coding) of Vorbis, wat 'n beter gehalte en funksionaliteit lewer.

Bergingspoed

In vergelyking met die data wat op 'n oudio-CD gestoor is, gebruik 'n lêer wat in MP3 geënkodeer is sowat 10% van die stoorplek. Dit geld vir gehalte wat 'n bergingspoed (sampling rate) van 128 kilobis per sekonde (kbps) bied.

Wenke

Die opneem van jou eie musiek- en spraaklêers in MP3/mp3PRO is vandag redelik maklik.

Gehalte

Die gehalte is direk afhanklik van die bergingspoed, die bisse per sekonde wat gestoor word. Hoe meer inligting per sekonde gestoor word, hoe beter is die reproduksie van die klank. Jy kan 'n reeks opnames met wisselende bergingspoed maak en die gehalte daarvan vergelyk voor jy begin om opnames op 'n groot skaal te maak.

Praktiese reël vir MP3-opnames

Die algemeenste standaard vir die MP3-formaat wat tans vir musiekopnames gebruik word, is 128 kbps. Dit bied die beste verhouding tussen gehalte en stoorplek en is goed om opnames van 'n oudio-CD of ander bronne te maak. Dit sal sowat 10% van die stoorplek van 'n CD-opname van dieselfde lengte gebruik. Vir beter gehalte kan 192 en 256 kbps gebruik word. Meer as dit is moontlik, maar eintlik 'n mors van stoorplek omdat die gehalteverskille skaars waargeneem sal kan word.

As jy 'n CD-speler het in jou motor, waar die geraas in elke geval redelik hoog is, sal dit dalk goed wees om 'n laer gehalte en 'n langer speeltyd te oorweeg. Hiervoor sal oudiomateriaal van laer as 128 kbps (dalk selfs 56 kbps, 64 kbps of 96 kbps) opgeneem kan word om die speeltyd amper te verdubbel (met 64 kbps).

Vir spraakopnames is dit moontlik om so laag as 56 kbps te kies om 'n langer speeltyd te kry en die stoorplek effektief te benut.

Indien jy beoog om 'n CD-speler vir die huis aan te skaf, koop verkieslik een wat ook MP3's kan terugspeel of kies 'n DVD-speler. Die meeste DVD-spelers vandag ondersteun al verskeie formate, soos MP3 en ander.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Mp3 BergingspoedMp3 WenkeMp3 VerwysingsMp3 Eksterne skakelsMp3EngelsLêer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Klein vyf diereMuishondSmall HandsRooikatVryheidsdagPrimêre sektor van die ekonomieHartseerIntertekstualiteitSteve HofmeyrLys van nedersettings in Suid-AfrikaAnrich HerbstSimboolLys van Griekse mitologiese figureNierversakingHomofoonRenosterkewerPolisieMaterieMartin Luther King jr.Lys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandShakaKongo-krisisOlifantZenobia KockGetalSoogdierGrondwetMeningsverskil oor aardverwarmingBergpredikasieSnaarinstrumentAntisemitismeMisdaadRoland GarrosInligtingMidde-OosteGoudSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994LatynMosesApokriewe boekeLys van visseIronieSonsverduisteringHipoteseLys van Suid-Afrikaanse musikanteVerbruikerDistrik SesOmgewingskwessies in Suider-AfrikaToekoms van die AardeKoperBukkakePrince Alfred HamletLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSwart menseKindermishandelingPortugeesO.J. SimpsonBosluisbytkoorsBeesKarpaletonnelsindroomNatuurlike hulpbronPornhubDagroofvoëlsMenseregtedagWikipediaProvinsies van Suid-AfrikaWes-KaapNoFapRekenaarBevolkingOnderwysFranse RewolusieWaterkringloopSnoekerGalblaasGeldTrappe van vergelyking🡆 More