Marthinus Cornelius Ellnarius (Tienie) van Schoor (1920 - 2009) was 'n bekende historikus en outeur van talle boeke oor die geskiedenis van die Afrikaner en die Tweede Vryheidsoorlog.
Hy het dit as sy lewenstaak gesien om die geskiedenis van die ABO deeglik na te vors en te boekstaaf, en het veral in die Vrystaatse Driemanskap, pres. Theunis Steyn, genl. Christiaan de Wet en ds. J.D. Kestell belanggestel.
Tienie van Schoor | |
---|---|
Gebore | Marthinus Cornelius Ellnarius van Schoor 24 November 1920 |
Sterf | 25 Julie 2009 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Akademikus, skrywer |
Bekend vir | Boeke oor Afrikaner en Anglo-Boereoorlog |
Eggenoot | Betha |
Kinders | 6 |
Geloof | Christen |
Tienie van Schoor is op 24 November 1920 in Bloemfontein gebore. Hy het aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad gematrikuleer. Daarna verwerf hy sy meestersgraad in geskiedenis met lof aan die Universiteit van die Vrystaat, en sy doktorsgraad aan die Potchefstroomse Universiteit.
Vanaf 1949 was hy tien jaar lank geskiedenisonderwyser by die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein. In 1959 het hy geskiedenis-dosent aan die Vrystaatse Universiteit geword. Hy was van 1977 tot 1985 die departementshoof.
Van Schoor was vanaf 1963 lid van die Nasionale Vrouemonumentkommissie en was vir 16 jaar ook die voorsitter daarvan.
Van Schoor is op 25 Julie 2009 op 88-jarige ouderdom in Kleinmond in sy slaap oorlede. Hy is deur sy vrou Betha, ses kinders en elf kleinkinders oorleef.
Enkele van sy boeke ter illustrasie:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article M.C.E. van Schoor, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.