Lyra Mckee

Lyra Catherine McKee (* 31 Maart 1990, † 18 April 2019) was 'n Noord-Ierse joernalis wat bekendheid verwerf het met haar werk oor die maatskaplike gevolge van die onluste wat Noord-Ierland dekades lank geteister het.

Naas hierdie bydraes, wat in 'n verskeidenheid publikasies verskyn het, was sy ook werksaam as redakteur vir Mediagazer, 'n nuusvoer-webblad.

Lyra Mckee
Lyra McKee

Op 18 April 2019 is Lyra McKee, wat in 'n Rooms-Katolieke familie in Belfast gebore is, gedurende onluste in die Creggan-buurt van Derry, Noord-Ierland per ongeluk deur 'n koeël getref wat deur lede van die Nuwe Ierse Republikeinse Leër afgevuur is en noodlottig gewond. Haar begrafnisdiens in die Anglikaanse Sint Anna-katedraal te Belfast op 24 April is bygewoon deur die Ierse president Michael D. Higgins, die eerste ministers van die Verenigde Koninkryk en die Republiek Ierland, Theresa May en Leo Varadkar, die leier van die amptelike opposisie, Jeremy Corbyn, en leidende Noord-Ierse politici soos Arlene Foster (DUP), Mary Lou McDonald en Michelle O'Neill (albei Sinn Féin).

Lyra McKee se ma Joan Lawrie is op 10 Maart 2020 in 'n hospitaal te Belfast oorlede. Volgens persberigte het haar gesondheidstoestand ná die moord op haar dogter versleg.

Verwysings

Tags:

18 April1990201931 MaartJoernalisNoord-Ierland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nicole StraussMieliestronkNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyRomanPeach van PletzenLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)PuberteitCristiano RonaldoAfvalbestuurWeervoorspellingSydneyRefentse MorakeAfrikaansSatellietWêreld- Ekonomiese ForumVoorsetselKartografieWaterbesoedelingPlae van EgipteDonkieGoudkus (streek)DiarreeDrie-eenheidPriemfaktorSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaIntensiewe vormSelfoonGriekwa-AfrikaansTrekarbeidSoweto-opstandKitaarKlereSosiale mediaErektiele disfunksieMuskeljaatkatMadison IvyGemeenskapsorganisasieKonsonantWiki CommonsVerantwoordelikheidHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalKolorektale kankerRob HersovAnglo-BoereoorlogSiya KolisiInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandHartversakingLys van nedersettings in Suid-AfrikaVerlede tydSwartbewussynsbewegingMonoloogWikimedia-stigtingEkonomie van Suid-AfrikaOligopolieTegnologieGianna MichaelsSpinnekopGevolge van aardverwarming op oseaneAdolf HitlerJeugdagSublimasieTelkomMiddeloorontstekingSelfmoordJeuksiekteElon MuskDiepaartromboseGrondwet van Suid-AfrikaSeksCarles PuigdemontGewone breukeBeurtkragSuiwelprodukMaanAngolese Oorlog vir Onafhanklikheid🡆 More