Loena-Ruimteprogram

Loena is die naam van verskeie ruimtetuie wat die Sowjetunie tussen 1959 en 1976 na die maan gelanseer het.

Hulle is soms ook Loenik genoem na aanleiding van die naam van die eerste Sowjet-satelliet, Spoetnik.

Loena-Ruimteprogram
Loena 1
Loena-Ruimteprogram
Loena 3
Loena-Ruimteprogram
Loena 20
Loena-Ruimteprogram
Loena-sendings na die maan

Vyftien was suksesvol en het talle eerstes in die ruimte behaal. Talle eksperimente is gedoen: die maan se chemiese samestelling, swaartekrag, temperatuur en bestraling is bestudeer. Altesaam 24 ruimtetuie het die naam Loena gekry, hoewel baie meer gelanseer is. Dié wat nie die ruimte gehaal het nie, is in dié tyd geheim gehou en het nie ’n Loena-nommer gekry nie. Dié wat in ’n wentelbaan om die aarde defek geraak het, het gewoonlik die naam Kosmos gekry. Die beraamde koste van die Loenaprogram was ongeveer $4.5 miljard.

Prestasies

  • Loena 1 het nie die maan getref soos beplan nie en het die eerste ruimtetuig geword wat in ’n heliosentriese wentelbaan om die son beland het.
  • In 1959 het Loena 2 suksesvol op die maan geland en die eerste mensgemaakte voorwerp op die maan geword.
  • Loena 3 het later in dié jaar om die maan gereis en die eerste foto's geneem van sy kant wat weg van die aarde wys.
  • Loena 9 was die eerste ruimtetuig wat ’n sagte landing op ’n ander planeet uitgevoer het (Februarie 1966). Dit het vyf swart-wit stereoskopiese panoramabeelde teruggestuur na die aarde. Dit was die eerste nabyskote van die maanoppervlak.
  • Later in dié jaar het Loena 10 die eerste kunsmatige satelliet van die maan geword.
  • Loena 17 en Loena 21 het voertuie bevat wat op die maanoppervlak rondgery het (sien Loenochod-ruimteprogram).
  • Nog ’n groot prestasie was Loena 16, Loena 20 en Loena 24 wat grondmonsters van die maan geneem en dit teruggebring het aarde toe (teen 1970).

Nog ’n belangrike sending

Loena 15 sou ook grondmonsters van die maan terugbring – dit was op dieselfde tyd in die ruimte as die historiese Apollo 11-sending. Dit was waarskynlik ’n laaste poging om die kollig van die VSA te steel en sou grondmonsters teruggebring het voordat die Amerikaanse ruimtevaarders kon. Neil Armstrong en Buzz Aldrin was egter reeds op die maan toe die Loena 15 die maan nader en dit het teen ’n berg neergestort.

Mislukte sendings

Terwyl die program aan die gang was, het die Sowjetunie geen inligting bekend gemaak oor mislukte sendings nie. Westerse waarnemers het dus hulle eie name aan die sendings gegee, soos Loena E-1 No.1, die eerste mislukte sending van 1958 wat Nasa glo verband gehou het met Luna 1958A.

Nasa het ’n ruimtetuig geïdentifiseer wat hulle glo op 30 April 1966 gelanseer is en wat hulle Luna 1966A genoem het, Luna 1969B wat glo op 15 April 1969 gelanseer is en Luna 1970B op 19 Februarie 1970. Toe besonderhede oor Sowjet-lanserings later bekend gemaak is, was geeneen van dié datums op die lys nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Loena-Ruimteprogram PrestasiesLoena-Ruimteprogram Nog ’n belangrike sendingLoena-Ruimteprogram Mislukte sendingsLoena-Ruimteprogram VerwysingsLoena-Ruimteprogram Eksterne skakelsLoena-RuimteprogramMaanRuimtetuigSowjetunieSpoetnik 1

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wes-KaapPornografiese subgenresMeervoudDemi Lee MoorePaarl GimnasiumDoelwitLewerPerdGeelsugVulkanismeJesus van NasaretAuschwitz-konsentrasiekampCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaJudaïsmeOmgewingskwessies in Suider-AfrikaKunsmatige algemene intelligensieReddingskakeJan CombrinkHennie MaasVrouBiodiversiteitWet op NaturellengrondNadia ValvekensKonjunktivitisCarles PuigdemontMierleeuByeboerderyHamburgerOlifantHoërskool OuteniquaRieldansHamerkopMeningsverskil oor aardverwarmingKobus LombardEjakulasieSwemLys van politieke partye in Suid-AfrikaAborsie in Suid-AfrikaHoenderSinoniemOorstromingNeerslagHamilton WesselsKarakteriseringDuitslandSlawernySuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureHulpwerkwoordBernice WestSonnestelselBloemfonteinMIVKlereKoekie (rekenaarwetenskap)GNU/FDL-lisensieVingerseksSigaretAfrikanersOrthopteraASteentydperkSkilpadLetterlike en figuurlike taalgebruikBobby AngelVisDiskriminasiePretoriaIsraelLys van veltoestandeBreinAkroniemLianie MayKriekAllan Boesak🡆 More