Die Luitenant-doktervis (Acanthurus tennentii) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese Oseaan; ook aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by KwaZulu-Natal.
In Engels staan die vis bekend as die Lieutenant surgeonfish.
Luitenant-doktervis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | Acanthuroidei |
Familie: | |
Subfamilie: | Acanthurinae |
Genus: | Acanthurus |
Spesie: | A. tennenti |
Binomiale naam | |
Acanthurus tennenti Günther, 1861 |
Die vis word tot 30 cm lank. Die kleur van die vis kan varieer van lig grys-bruin tot donkerbruin afhangende van die vis se gemoedstoestand. Daar is 'n kenmerkende paar swart, horisontale strepe agter die bokant van die kieuedeksel. Daar is ook 'n swartkol met 'n blourand op die basis van die stertvin. Die stertvin is holrond met 'n ligblou rant. Die anale- en bekkenvin het blou rante.
Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 10 tot 40m diep is. Hulle is alleenlopers maar kan ook in klein groepies voorkom en vreet alge wat op die rif groei.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Luitenant-doktervis, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.