Luciafees

Die Luciafees, wat volgens ou tradisies veral in Swede en op die Italiaanse eiland Sisilië op 13 Desember gevier word, lui saam met Advent die Kersfeestyd in.

Luciadag is nogtans geen openbare vakansiedag in Swede nie.

Luciafees
'n Lucia-optog in Swede, 2007

Die Sweedse Luciafees-tradisie het sy oorsprong in sowel Heidense asook Christelike sedes. Volgens ou volksverhale was die wêreld in hierdie nag onder heerskappy van baie bonatuurlike magte. Mense het selfs geglo dat diere in die Lucianag sou kon praat. Alle Kersfeesvoorbereidings moes op Luciadag klaar wees, en mense het 'n klein feesmaal gehou. Selfs huisdiere is 'n ekstra rantsoen gevoer. In die laaste tyd van die Juliaanse kalender – dit wil sê voor die invoering van die Gregoriaanse kalender in die 18de eeu – het die Luciafees met die wintersonstilstand op die Noordelike Halfrond saamgeval.

Lucia is een van min kerklike feesdae in die Luthers-Protestantse Skandinawiese lande wat ter ere van 'n heilige gevier word – Sint Lucia, die beskermheilige van Syrakus wat in die 4de eeu oorlede is. Die Luciafeesvieringe en tradisies wat daarmee gepaard gaan was deur die eeue aan verandering onderworpe. Teen die vorige eeuwisseling (1900) was die Luciafeestradisie orals in Swede gevestig en is die fees in die verskillende landsdele ook op dieselfde manier gevier.

Die huidige moderne Luciatradisie het sy oorsprong nogtans in die weste van die land, in Västergötland en Värmland van waar dit dwarsoor Swede uitgebrei het. In die 20ste eeu is die Luciafeestradisie daarnaas ook in ander gebiede oorgeneem, soos byvoorbeeld in die Sweedssprekende geweste van Finland, gedeeltelik selfs in Denemarke en Noorweë asook in Sweedse emigrantegesinne in die Verenigde State.

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansLuciafees  Wiki Commons het meer media in die kategorie Luciafees.
  • (en) "St. Lucia's Day". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 Desember 2021.
  • (en) "St. Lucia's Day". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 Desember 2021.

Tags:

AdventItaliëKersfeesSisiliëSwede

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JuraVerantwoordelikheidProstaatkankerAanpassingskapasiteitChristendomOligopolieOopbroninhoudDieregeluideHokkieDaggaKonjunktivitisSwawelAardverwarmingSelfmoordKlankverskynselsDiamantMensSkisofrenieTransatlantiese slawehandelBevolkingMierBlourokkeNederlandVoedingLodewyk XVI van FrankrykAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidGeweldDikdermProvinsies van Suid-AfrikaGroepsgebiedewetAnglisismeSeksualiteitKrygkorDurbanPerdebyeSebraOu Apostoliese KerkSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Menslike skeletGroot GatTuisbladEngelandOm-te-infinitiefkonstruksieKatEmfiseemVerkleinwoordKlimaatsverandering in AfrikaKinderregteRosa ParksMenstruasieMaanFiela se kind (rolprent)Eerste WêreldoorlogDemokratiese AlliansiePlastiekStadKarakteriseringApartheidDansWelwitschiaGetalWesterse filosofieInstagramMeeueStilleweSeksuele opwekkingHeupvervangingFabelDroomVennootskapNamibiëGawes van die Heilige GeesAnti-inflammatoriese middelSteve Biko🡆 More