Lucas Johannes Meyer: Suid-Afrikaanse politikus (1846-1902)

Lucas Johannes Meyer (19 November 1846, Sandrivier – 8 Augustus 1902, Brussel), die seun van Izaak Johannes Meyer en Martha Maria Landman, was president van die kortstondige Nieuwe Republiek en was verantwoordelik vir die stigting van die hoofstad daarvan Vryheid.

Hy was later Lid van die ZAR se Uitvoerende Raad en Veggeneraal in die Boere-oorlog.

Lucas Johannes Meyer
Lucas Johannes Meyer: Suid-Afrikaanse politikus (1846-1902)
Generaal Lucas Meyer tydens die Tweede Vryheidsoorlog
Gebore19 November 1846
Sterf8 Augustus 1902
Bekend virPresident van die Nieuwe Republiek en stigter van Vryheid.

Nadat die Nieuwe Republiek opgeneem is in die Zuid-Afrikaansche Republiek is Meyer verkies tot lid van die Volksraad van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Hy was oënskynlik simpatiek teenoor die saak van die uitlanders en het soms met Kruger se beleide gebots. Hy het egter wel die wapen opgeneem toe die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek en die boeremagte aangevoer wat Dundee in die Slag van Talana aangeval het. By die Slag van Modder Spruit het hy as gevolg van swak gesondheid ineengestort. Nadat hy in Pretoria herstel het, het hy na Natal teruggekeer en boeremagte op die Tugelarivier aangevoer. 'n Gebrek aan vertroue deur sy manskappe lei egter daartoe dat hy van sy bevel onthef word en teruggeroep word na Pretoria. Hy het in die ZAR regering onder Schalk Burger, die waarnemende president, gedien toe dit na Tautesberg in noordoos Transvaal verskuif is in Desember 1901. Hy het ook die kongres tussen die ZAR en die Oranje-Vrystaat bygewoon wat gehou is ter voorbereiding van vredesamesprekinge in April 1902. Hy het die Vrede van Vereeniging mede-onderteken in sy rol as lid van die Uitvoerende Raad van die ZAR.

Hy is in Augustus 1902 oorlede en is in Vryheid begrawe.

Generaal Lucas Meyer Rylaan in Welgelegen, Wes-Kaap, is na hom vernoem.

Verwysings

Tags:

184619 November19028 AugustusBrusselNieuwe RepubliekSandrivierVryheid, KwaZulu-NatalZuid-Afrikaansche Republiek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AllergiePiet ByleveldOrgasmeDroogteOrtopedieKatAntarktikaMarkus JoosteAardeAnale kankerStuitjieTropiese sikloonSamestellingTrappe van vergelykingNederlandsMenslike penisgrootteLika BerningMangelontstekingHartversakingVaginale kankerDie BylWes-KaapAfrikaanse WikipediaTonnels van Củ ChiKoorsblaarKoppeltekenMarie PentzTurkyeRepubliek ArtsachKoos BekkerVoornaamwoordHartLys van Griekse mitologiese figureBloedsomloopstelselAfrikaanse Hoër SeunskoolEoraptorArabiesKleinkolmuskeljaatkatKlein-KarooEuropaAfkappingstekenKasteel die Goeie HoopNieuwoudtvilleNagmaalHeliosfeerEkologiePornografiese subgenresDonker materieEstlandWiskundeRooikatInternetWladimir PoetinGuillain-Barré-sindroomModernismeKangaroeTrigeminale neuralgieGodsdiensBelgiese gewesteJesus van NasaretHerfsAsynLys van Afrikaanse rolprenteHeupvervangingAnneli van RooyenKinderregteWynand du ToitTydWiskundige terminologieLibiëSendelingposisie🡆 More