Lourens Van Der Vyver

Ds.

Lourens Stephanus van der Vyver (noemnaam Louwtjie, Steynsburg, 19 Februarie 1931 – Pretoria, 12 Februarie 1983) was van 1956 tot sy dood predikant vyf Gereformeerde kerk, naamlik Theunissen (1956–1960), Daspoort (1960–1965), Groblersdal (1965–1969), Voortrekkerhoogte (1969–1974) en Wierdapark (1974–1983).

L.S. van der Vyver
 L.S. van der Vyver
Lourens Stephanus van der Vyver

Naam Lourens Stephanus van der Vyver
Sterfte 12 Februarie 1983 (op 51)
Pretoria, Transvaal
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Theunissen (1956–1960)
Daspoort (1960–1965)
Groblersdal (1965–1969)
Voortrekkerhoogte (1969–1974)
Wierdapark (1974–1983)
Jare aktief 1956–1983
Kweekskool Potchefstroom

Herkoms en opleiding

Lourens van der Vyver het sy opleiding op sy geboortedorp ontvang en hom begin 1949 aan die PU vir CHO as student ingeskryf om vir predikant te leer. Volgens ds. A.S.L. Minnaar, wat sy lewensberig in die GKSA se Almanak van 1984 geskryf het, het dit "spoedig geblyk dat hy oor mooi gawes van hart en hoof beskik" het. Hy het aktief deelgeneem aan studenteverenigings en was onder andere redakteur van die studenteblad Die Wapad. Onder sy medestudente was hy geliefd – altyd beginselvas en iemand wat nie geskroom het om sy standpunt te stel nie, maar altyd bereid om na ander te luister. Aan die PUK het hy die grade B.A. (1951) en Th.B. (1955) verwerf

Gemeentebediening

Begin 1956 het prop. Van der Vyver 'n beroep aanvaar na die Gereformeerde kerk Theunissen, in kombinasie met Bultfontein. Na 'n bedieningstyd van bykans vyf jaar, het hy ’n beroep aangeneem na Daspoort, waar hy gearbei het van 1960 af as reeds die vyfde predikant van die 20 jaar oue gemeente. Hierna het hy in 1965 ’n beroep aanvaar na Groblersdal, maar ook daar het hy nie lank gebly nie, want in 1969 word hy kapelaan in die weermaggemeente Voortrekkerhoogte. Toe die burgerlike deel van die gemeente in 1974 afstig as GK Wierdapark, het ds. Van der Vyver die beroep na die nuwe gemeente aanvaar, waar hy sowat nege jaar lank met besonderse seën gearbei het tot met sy plotseling afsterwe op 12 Februarie 1983, 'n week voor hy 52 sou word. Minnaar skryf: "In sy werk was hy pligsgetrou en nougeset. Alles moes sekuur korrek wees tot in die kleinste besonderhede. Die Saterdagoggend met sy afsterwe was sy preke vir Sondag gereed, sowel as die gemeenteblad wat hy versorg het.

Onder sy leiding is 'n sierlike kerkgebou in Theunissen opgerig – so ook in Wierdapark, waar hy die hele organisasie in verband met die oprigting van die kerkgebou behartig het volgens die stelsel van eienaarbouer, waardeur hy die gemeente baie geld bespaar het.

Waardering

A.S.L. Minnaar beskryf ds. van der Vyver in sy lewensberig in die Almanak van 1984 as "'n blymoedige gelowige, 'n waardige bedienaar van die Woord, 'n liefdevolle, sorgsame eggenoot en vader, 'n gewaardeerde vriend. Sy veelsydige gawes het sy gemeentes sowel as die gemeenskap waar hy gewoon het, ten goede gekom.

"Op meerdere vergaderings het hy sy deel gedoen deur in verskeie deputategroepe te dien. In die gemeenskap het hy diens gelewer in skoolkomitees, beheerrade en skoolraad, en ten tye van sy afsterwe was hy lid van die stadsraad van Verwoerdburg.

Gesinslewe

In Maart 1957 het hy in die huwelik getree met Rita Smit, sy nooientjie uit sy studentetyd. Uit dié huwelik is drie kinders gebore.

Bron

  • (af) Minnaar, ds. A.S.L. in De Bruyn, ds. F.R.P. 1984. Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1984. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

Lourens Van Der Vyver Herkoms en opleidingLourens Van Der Vyver GemeentebedieningLourens Van Der Vyver WaarderingLourens Van Der Vyver GesinsleweLourens Van Der Vyver BronLourens Van Der Vyver12 Februarie19 Februarie19311983Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk DaspoortGereformeerde kerk GroblersdalGereformeerde kerk TheunissenGereformeerde kerk VoortrekkerhoogteGereformeerde kerk WierdaparkPretoriaSteynsburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gevolge van aardverwarming op oseaneItaliaansAardbewingHerpes simplexHiënaPerdKolorektale kankerSkaakPlantPlatinumByeboerderyWayde van NiekerkDuitse maselsChris HaniMenseregteBosvarkJak de PriesterLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLys van elemente volgens simboolHondsdolheidMieliePolisieLuiperdVolhoubare ontwikkelingIranSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureVryheid van spraakDemi Lee MooreSann de LangeToekoms van die AardeKankerJacques LootsElandréKitaarSkisofrenieBreinvliesontstekingDulcie van den BerghBeurtkragMIVSharpeville-slagtingGewasboerdery in Suid-AfrikaMetaalGeelsugOmgewingskwessies in Suider-AfrikaOlifantHartVK (sosiale netwerk)TuberkuloseRamsar-vleilande in Suid-AfrikaMisdaadromanLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaBukkakeKoolhidraatWoordsoortVermenigvuldigingIntensiewe vormMeningsverskil oor aardverwarmingLys van bekende Suid-AfrikanersAt BothaDesmond TutuBasisinkomsteVergelykings (taalkunde)EngelsMiddelmisbruikKoperOogproblemeAfrikaanse woordelys en spelreëlsPornografieNaaldekokerAngolese BurgeroorlogGeografie van Suid-AfrikaHomofoonNarsistiese persoonlikheidsteuringSelfoonMiskruier🡆 More