Lourens Muller

Lourens Muller (27 September 1917 – 30 April 2005) was 'n Suid-Afrikaanse politikus.

Muller was 'n lid van die Nasionale Party, LP vir Ceres (1961–1979) en het in die kabinette van John Vorster en P. W. Botha gedien. Hy was die adjunkminister van justisie (1966), polisie (1966-1968), finansies (1966-1968) en ekonomiese sake (1966-1968). Daarna word hy die minister van binnelandse sake (1968-1970), polisie (1968-1974), ekonomiese sake (1970-1974) en vervoer (1974-1979).

Lourens Muller
Lourens Muller
Lourens Muller in 1970

Minister van Vervoer
Ampstermyn
1978 – 1979
Eerste minister John Vorster
P. W. Botha
Voorafgegaan deur Ben Schoeman
Opgevolg deur Chris Heunis

Minister van Ekonomiese Sake
Ampstermyn
1970 – 1974
Eerste minister John Vorster
Voorafgegaan deur Jan Haak
Opgevolg deur Owen Horwood

Minister van Polisie
Ampstermyn
1970 – 1974
Eerste minister John Vorster
Voorafgegaan deur John Vorster
Opgevolg deur Jimmy Kruger

Ampstermyn
1968 – 22 April 1970
Eerste minister John Vorster
Voorafgegaan deur P.K. le Roux
Opgevolg deur Marais Viljoen

Persoonlike besonderhede
Gebore Stefanus Lourens Muller
27 September 1917
Distrik Beaufort-Wes
Sterf 30 April 2005 (op 87)
Somerset-Wes, Suid-Afrika
Politieke party Nasionale Party
Konserwatiewe Party
Eggenoot/-note Hanlie van Niekerk (operasangeres)
Louise Muller

Biografie

Stefanus Lourens Muller is op 27 September 1917 in die distrik Beaufort-Wes gebore. Hy het die skool sonder matriek verlaat en by die Suid-Afrikaanse Spoorweë in Soutrivier aangesluit. Hy het hom later as prokureur bekwaam en in Robertson gaan gepraktiseer.

Muller was 'n lid van die parlement vir die Nasionale Party in die Ceres-kiesafdeling, en het verskeie hoë regeringsposte beklee. Hy was op 'n tyd die gunsteling om mnr. John Vorster as staatspresident op te volg. Die destydse eerste minister, mnr. P.W. Botha, wou egter 'n oormaat van Kapenaars in senior poste voorkom, en het Marais Viljoen van die Transvaal as staatspresident gesteun.

Kort hierna het hy weens ongelukkigheid uitgetree en is sy NP-lidmaatskap in 1980 beëindig, klaarblyklik omdat hy nie die jaarlikse ledegeld van R1 betaal het nie. Hy het 'n vurige ondersteuner van die pas gestigte Konserwatiewe Party geword en die KP finansieel ondersteun.

Muller is op 30 April 2005 op 87-jarge ouderdom in 'n kliniek in Somerset-Wes oorlede. Hy is in Robertson (Wes-Kaap) begrawe.

Verwysings

Tags:

Ceres (kiesafdeling)John VorsterNasionale PartyP. W. BothaSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PseudowetenskapHipertensieSuikersiekteAluminiumAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidWikiquoteMosesMadison IvyCleopatra VIIBayer 04 LeverkusenVloeistofApartheidBlourokkeSintetiese veselsHomoseksualiteitToekoms van die AardeSelfmoordHokkieLeenwoordAarverkalkingGrondwet van Suid-AfrikaAnilingusAardeWinterBruin menseAdolf HitlerVakbondCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse opposisieleiersSamestellingMaroela MediaReënWerkwoordWes-Germaanse taleSteve BikoKoolhidraatOmgewingsgesondheidMynbouLys van politieke partye in Suid-AfrikaGeelslangParysGeldMaselsMagneetAfkappingstekenKunsmatige algemene intelligensieMondFiksieNagapieAfleiding (taalkunde)DuitsRacheltjie de BeerLiefdeLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)TuberkuloseDiepaartromboseVaginale kankerLettergreepTienerSteenkoolRobbeneilandKonsonantVitamienVoedingKoolstofSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Suider-AfrikaBruto binnelandse produkMaanHartaanvalSelfstandige naamwoordBreinEjakulasieWes-IndiëPersoonlikheid🡆 More