Louis Kruger

Ds.

Louis Stephanus Kruger (distrik Bethal, 28 April 1922 – 11 Januarie 2006) was tussen 1951 en 1962 predikant in drie gemeentes van die GKSA.

Louis Kruger
 Louis Kruger
Louis Kruger

Naam Louis Stephanus Kruger
Geboorte 28 April 1922
Distrik Bethal
Sterfte 11 Januarie 2006 (op 83)
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Groblersdal 1951–'54
Benoni 1954–'58
Odendaalsrus 1958–'62
Jare aktief 1951–1962
Kweekskool Potchefstroom

In sy lewensberig in die Almanak vir die jaar 2007 skryf ds. L.S.D. du Plessis: "Oor die werk van die Here in en deur Louis Stephanus Kruger kan ons as mense vanuit ons sondige eenvoud en beperkte begripsvermoë dalk baie vrae vra, waarvan die vernaamste sekerlik is: Waarom het die Here so 'n briljante en absoluut toegewyde dienskneg van Hom so 'n feitlik lewenslange beproewingspad laat loop?"

Herkoms en opleiding

Louis Kruger 
Professore en studente van die Teologiese Skool Potchefstroom, 1947. Eerste ry: B. Duvenage, G.P. Scheepers, M.J. Booyens, prof. S. du Toit, prof. W.J. Snyman, prof. J.D. du Toit, prof. J.P. Jooste, P.W. Buys, C. Hattingh, F.W. Buytendach. Tweede ry: I.J. van der Walt, J.J. van der Walt, L.S. Kruger, P.J. Opperman, J.M. Opperman, E.J.G. Norval, P.G. Geertsema, C.H. Smit, H.J. Kruger, P. Snyman, H. Pelser, P.C. Rule, M.W. van der Walt. Derde ry: Z.C. Grobler, G.L. van der Walt, A.P. Malan, B. Spoelstra, H.A. Louw, H.J. Boshoff, L.J. Buys, A.J. Pelser, W. Venter, G.H.J Kruger.
Louis Kruger 
Vierdejaars aan die Teologiese Skool Potchefstroom, 1950. Eerste ry: D.J. van der Walt, E.J.G. Norval, G.L. van der Walt, I.J. van der Walt, J.M. Opperman. Tweede ry: J.C. Lessing, P.J. Opperman, L.S. Kruger, C.H. Smit, H.J. Kruger.

Van kleins af wat die besonderse intellek waarmee Louis Kruger ontvang het, duidelik sigbaar. Hoewel die nagevolge van polio reeds op jong ouderdom lastig begin raak het, het hy deurentyd blymoedig opgetree, was hy 'n bron van onnutsigheid in sy skoolklasse, en het hy nooit gehuiwer om ten spyte van sy verswakkende spierfunksies ouer mense te help met moeilike take nie. Du Plessis skryf van die keer toe ds. Kruger op pad êrens heen was, 'n bejaarde man 'n dak sien verf het, die dak opgeklim, die bejaarde se kwas uit sy hand geneem en die dak eers kant en klaar geverf het, voor hy verder gegaan het.

Nadat hy tot die oortuiging gekom het om predikant te word, is sy begeerte hiertoe byna verydel toe medici bevind dat hy waarskynlik nie ouer as 30 jaar sou word nie, en dat die baie jare se studie hierdie prognose verder sou laat verswak. Die destydse Kuratorium het hom as gevolg hiervan ernstig afgeraai om die teologiese studie aan te pak. Gelei deur sy innerlike oortuiging, en ondersteun deur sy jeugvriendin, Nonnie Swart, het hy egter die studie met oorgawe aangepak en met groot sukses voltooi. Sy besonderse begaafdheid was so opmerklik dat hy reeds 'n beroep na die NG Kerk in Malawi ontvang het nog voor hy klaar studeer het.

Gemeentebediening

Nadat hy in 1950 sy studie voltooi het, het hy vele beroepe ontvang, en is hy begin 1951 bevestig in die Gereformeerde kerk Groblersdal, as die eerste predikant in sy eerste gemeente. Kort daarna is hy en Martha Hendrina Magdalena (Nonnie) Swart getroud.

Van 1954 af het hy Benoni bedien, en van 1958 tot 1962 was hy werksaam te Odendaalsrus. Weens steeds verswakkende gesondheid en ten spyte van selfs operasies en behandeling in Londen, moes hy in 1962 emeriteer. Tot in daardie stadium was hy nie net met gemeentelike werk besig nie, maar het hy ook akademies besig gebly.

Skrywer

Sy boek Waarom is u lid van die Gereformeerde Kerk? was 'n blitsverkoper met heelwat herdrukke. Sy grootste bydrae tot die Gereformeerde Kerke, volgens ds. Du Plessis, was sy aandeel in die boek Handleiding by die Gereformeerde Kerke, "'n boek wat oor baie jare, en selfs oor kerkgrense heen, steeds deur die ernstige soeker na God se orde vir sy kerk, bestudeer word".

Ná sy emeritering

Louis Kruger 
Louis Kruger, sy vrou, Nonnie (gebore Swart), hul eie kinders, Theunis en Maggie, en grootmaakdogter, Esther (regs).

Die Kruger-egpaar het twee begaafde kinders gekry, naamlik Maggie en Theunis, asook, terwyl hulle die Paul Kruger-kinderhuis te Linmeyer uitgebou het (naasaan die Gereformeerde kerk Klipriviersberg), Esther, wat hulle kon grootmaak soos hulle eie. Eindelik, ook weens verdere verswakkende gesondheid, moes hy ook die werk by die kinderhuis, asook enige verdere werk staak.

Tog het hy op uitnodiging, al kon hy later nie meer behoorlik loop nie, steeds gepreek. Du Plessis skryf: "En wat 'n begaafde prediker was hy nie! Enigeen wat (Iees) deur die twee preekbundels van hom wat gepubliseer is, kom gou agter dat die eksegese besonder deeglik en verantwoord is, en die gedagte-opbou suiwer en boeiend. Sy preke was gevul met geestelike energie, hoewel sy liggaam vinnig agteruitgegaan het."

Sy vrou, Nonnie, het op 14 Junie 1993 in 'n motorongeluk gesterf. Sy hartseer was baie groot en volgens ds. Du Plessis het hy eintlik nooit ophou rou oor haar nie. Intussen het ds. Kruger se eie gesondheid so agteruitgegaan dat hy later 24 uur per dag versorg moes word. Sy versorgers, Miena en Pienkes, "het hierdie werk blymoedig en deeglik gedoen", skryf ds. Du Plessis, "terwyl hy hulle, met sy goeie verstand wat hom tot die einde bygebly het, in die Gereformeerde leer ingelei het.

Waardering

Du Plessis skryf: "Waarom die Here so 'n begenadigde dienskneg van Hom so 'n onverstaanbaar moeilike lewenspad laat loop het? Ons weet nie. Maar vir wyle ds. LS Kruger, wat alles gegee en opgeoffer het in diens van die Here en sy ewige evangelie, was dit wat die Here sê in 2 Korintiërs 4:16-18 die vreugde waaraan hy deurentyd vasgehou het."

Bronne

  • (af) Du Plessis, ds. L.S.D. in Vogel, ds. W. et al. 2006. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 20074. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Eksterne skakels

Tags:

Louis Kruger Herkoms en opleidingLouis Kruger GemeentebedieningLouis Kruger SkrywerLouis Kruger Ná sy emeriteringLouis Kruger WaarderingLouis Kruger BronneLouis Kruger Eksterne skakelsLouis Kruger11 Januarie1922200628 AprilBethalGereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PenisDramaJeuksiekteVrystaatHipotesePaarl GimnasiumDemi Lee MooreWerwelkolomJeugdagMondIslamAlkoholismeSnaarinstrumentMangelontstekingGrieksEngelsWolfKaartISimangaliso-vleilandparkSekondêre sektor van die ekonomieSuurstofJan van RiebeeckOntwikkelende landGroep van SeweZack du PlessisLetterkundeSwawelNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyLys van Kaapstad se voorstedeNagmaalIsraelSelfoonVierde Industriële RevolusieAardePornHorlosieBevolkingSamestellingBayer 04 LeverkusenSan FranciscoSkaapWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaDermpoliepTropiese sikloonNagRodiumDesmond TutuMadison IvyAnale seksOorkruipersBuffelLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameOntwerpDrinkwatervoorsieningAnrich HerbstSonsverduisteringSewe wonders van die wêreldIrma SternAarverkalkingSeksuele penetrasieBrongitisNapoleon BonaparteNoag se arkSoweto-opstandDigvormPornografiese akteurGewoonteGlenys LynneHartversakingLangste woordRolprentSpinnekopVeelrassige pornografieNasionale VrouedagOnbemande vliegtuigMartin Luther King jr.🡆 More