Louis Gossett Jr.: Amerikaanse akteur

Louis Cameron Gossett jr.

Hy is seker die bekendste vir sy rolle as sersant Emil Foley in die 1982-rolprent An Officer and a Gentleman, waarvoor hy ’n Oscar gewen het, as Fiddler in die 1977-TV-minireeks Roots, waarvoor hy ’n Emmy ingepalm het, en Ol' Mister in The Color Purple (2023).

Louis Gossett
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Gossett in Februarie 2008.

Geboortenaam Louis Cameron Gossett jr.
Geboorte 27 Mei 1936 (1936-05-27) (87 jaar oud)
Aktiewe jare 1957-tans

Loopbaan

Gossett het sy verhoogdebuut in 1953 gemaak toe hy ’n ander akteur vervang in die Broadway-toneelstuk Take a Giant Step, wat deur The New York Times se dramaresensente gekies is as een van die 10 beste toneelstukke van die jaar. Gossett het ook die Donaldson-prys vir beste nuweling gewen. Hy was 17 en nog op skool, sonder enige formele dramaopleiding.

Sy latere Broadway-toneelstukke sluit in A Raisin in the Sun (1959). Sy rolprentdebuut was in 1961 in Sidney Poitier se fliekweergawe daarvan met dieselfde naam.

Hy was in dieselfde jaar een van die oorspronklike akteurs van Jean Genet se toneelstuk The Blacks. Met 1 408 opvoerings het dit die langste Off-Broadway-speelvak van die dekade gehad.

Die rol in Roots het hom in 1977 bekend gemaak. Terwyl hy in die wetenskapsfiksiereeks The Powers of Matthew Star (1982–1983) te sien was, het hy ook in An Officer and a Gentleman gespeel. Sy rol as die drilinstrukteur in dié prent het hom die eerste swart persoon gemaak wat ’n Oscar vir beste manlike byspeler wen, die tweede swart man wat ’n Oscar vir toneelspel kry en net die derde een wat enigsins ’n Oscar wen.

Benewens stemwerk in produkte soos die geanimeerde TV-reeks The Batman en die videospeletjie Half-Life 2, was hy ook in Left Behind: World at War (2005) en die omstrede drama Boiling Pot (2013), wat gebaseer is op ware voorvalle van rassisme by universiteite tydens die Amerikaanse presidentsverkiesing van 2008. In 2014 het hy in Boiling Pot die rol van ’n speuder vertolk wat ’n moord moet oplos wat deur rassisme aangevuur is terwyl hy sy eie vooroordele eenkant toe moet skuif.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

193627 MeiAfro-AmerikaanseAkteurEmmyOscarThe Color Purple (2023-rolprent)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Menslike penisgrootteBrasiliëHeupVersamelnaamTeologieBakterieRam (sterreteken)MarsDoziTropiese sikloonSiberiëVulvaAdolf HitlerApostoliese GeloofsbelydenisGewone luislangJohan StemmetHeliosfeerDuitslandKinkhoesPoësieVaginale kankerAngkor WatGoogle TranslateWoordEreksiePlae van EgipteTonnels van Củ ChiCarles PuigdemontSeksualiteitPersBybelRugbywêreldbeker 2023VoornaamwoordMuskeljaatkatEngelsChristo WieseKunsmatige intelligensieOnse VaderDundermEierleierKasterolieZuid-Afrikaansche RepubliekAnale kankerWes-KaapSaharaSonnestelselNamakwalandVerenigde State van AmerikaRoekelose DadeMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaAfkortingGriepDachshundLeeuTurkyeJohannesburgPieter BiewengaNarkoseLys van veltoestandeSmall HandsPornhubSeekoeiBipolêre gemoedsteuringMusiekMiddelmisbruikDuitse perdebyJacques LootsGooglePaulus van TarsusOnderhandelinge om apartheid te beëindigGenesisJan van RiebeeckKinderregte🡆 More