Lofty Nel

Johannes Arnoldus (Lofty) Nel (*11 Augustus 1935 in Pretoria – †18 Julie 2016 in Kaapstad) was op sy dag ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Junior Bokke en as agtsteman en flank vir die Springbokke gespeel het.

Nel was ewe tuis op agtsteman of flank en kon ook in die slotposisie sak. Hy het van 1957 tot 1971 vir Transvaal, Wes-Transvaal en die ou Suidoos-Transvaal gespeel.

Lofty Nel Rugbyportaal
Volle naam Johannes Arnoldus Nel
Geboortedatum (1935-08-11)11 Augustus 1935
Geboorteplek Pretoria, Suid-Afrika
Sterftedatum 18 Julie 2016 (op 80)
Sterfteplek Kaapstad, Suid-Afrika
Lengte 193 cm
Massa 98,4 kg
Skool Hoërskool Riebeeck
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Agtsteman; Flank
Springbokno. 362
Amateurspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Wesrand RFC
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
1957–1960
1961–1963
Transvaal
Wes-Transvaal
korrek soos op 10 Augustus 2014.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1959
1960–1970
Junior Springbokke
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika

11

(0)
korrek soos op 10 Augustus 2014.

Die Mielieboere het in 1964 onder Nel se kapteinskap die SARB-raadstrofee gewen. Onder kapteinskap van Peter Allen is Nel ingesluit by ’n Junior Springbokspan wat in 1959 na Argentinië getoer het en al dertien wedstryde gewen het, ’n totaal van 456 punte aangeteken het en ’n skamele 47 punte afgestaan het.

Nel maak sy Springbokdebuut op 25 Junie 1960 teen die All Blacks in Johannesburg. Hy het sy laaste toets op 12 September 1970, ook in Johannesburg, en teen dieselfde span gespeel. Hy het in elf toetse gespeel waatvan drie teen Australië en agt teen Nieu-Seeland was en waarvan die Springbokke vyf toetse gewen en ses verloor het. Nel het voorts in dertien toerwedstryde gespeel, en in provinsiale kleure teen Ierland (1961), die Britse en Ierse Leeus (1962 en 1968), Australië (1963 en 1969), Rhodesië (1966), Frankryk (1967) en Nieu-Seeland (1970).

Nel het 26 jaar lank as verteenwoordiger vir SA Brouerye op Witbank gewerk. Hy het in 2000 afgetree.

Verwysings

Tags:

11 Augustus18 Julie19352016Goue LeeusJunior BokkeKaapstadLuiperdsPretoriaPumasRugbySpringbokkeSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OseaanTelefoonSuid-Afrikaanse GrensoorlogSeptimius AwardsNetbalEjakulasieGemeenskapsorganisasieShakaOranje-VrystaatFaf de KlerkNazi-DuitslandMisdaadromanMynbouKoorsHomofoonTienerFabelUniegebouTennisKwaZulu-NatalStam (taalkunde)Lionel PetersonMikro-ekonomieSikloonVisDemokratiese Republiek die KongoSpringbokMieliestronkPoësieNelson MandelaBysteekAngssteuringTuisbladLys van Suider-Afrikaanse soogdiereAustraliëGedigBeesTransatlantiese slawehandelOlimpiese SpeleAnrich HerbstSlag van BloedrivierVloeistofEkonomie van Suid-AfrikaKunsArthur GrumiauxWoordeboek van die Afrikaanse TaalVennootskapBynierGeografie van Suid-AfrikaAgtervoegselLys van Afrikaanse rolprenteErfenisStrykysterDolfynMangelontstekingLetterkundeDiarreeVulvaLeestekenPaddaWaterbesparing in Suid-AfrikaEkologieVormHeuningbyBek-en-klouseerHartLandbou in Suid-AfrikaBosluisbytkoorsAfrikanersWiki CommonsKlimaatveranderingHindoeïsmeTyd🡆 More