Lodewyk Ix Van Frankryk

Lodewyk IX (Poissy, 25 April 1214 – Tunis, 25 Augustus 1270), wat ook Lodewyk die Heilige genoem word, regeer in die tydperk tussen 1226 en 1270 as koning van Frankryk.

Lodewyk IX
Koning van Frankryk
Lodewyk IX van Frankryk
Lodewyk IX van Frankryk
Dinastie Capet
Bewind 8 November 122625 Augustus 1270
Kroning 29 November 1226
Gebore 25 April 1214
Poissy, Frankryk
Gesterf 25 Augustus 1270
Tunis, Tunisië
Saint Denis Basiliek
Voorganger Lodewyk VIII
Opvolger Philip III
Gade Margaret van Provence (122195)
Kinders Blanche (* 1240)
Isabelle (* 1242)
Lodewyk (* 1243)
Filip III van Frankryk (* 1245)
Johan (* 1246)
Johan Tristan (* 1250)
Pieter * 1251)
Blanche (* 1253)
Robert van Clermont (* 1256)
Marguerite (* 1257)
Agnes (* 1260)
Vader Lodewyk VIII (11871226)
Moeder Blanche van Kastilië (11881252)
Sint Lodewyk IX
Lodewyk Ix Van Frankryk

Louis IX van Frankryk is vereer as 'n heilige en geverf in portretkuns lank na sy dood (soos portrette kan nie sy verskyning akkuraat weerspieël nie). Hierdie portret geskilder deur El Greco ca. 1592–1595.
Koning van Frankryk, Belyder
Gebore 25 April 1214, Poissy, Frankryk
Sterfte 25 Augustus 1270, Tunis, Tunisië
Vereer in Anglikaanse Gemeenskap
Rooms-Katolieke Kerk
Heiligverklaring 11 Julie 1297, Rome deur Pous Bonifatius VIII
Feesdag 25 Augustus
Attribute Uitgebeeld as koning van Frankryk, oor die algemeen met 'n kroon, 'n septer met 'n fleur-de-lis op die end, moontlik met 'n blou klere met 'n verspreiding van wit fleur-de-lis (wapen van die Franse monargie)
Beskermheilige Vlag van Frankryk Frankryk, Franse monargie, Derde Orde van Sint Francis, Aartsbisdom van New Orleans, haarkappers,

passementiers (kantmakers)

Lodewyk, wat as een van die mees bekwame heersers in die Franse geskiedenis beskou word, bestyg die troon reeds op die ouderdom van twaalf jaar. Sy moeder Blanche van Kastilië tree as sy voogdes op tot by sy mondingwording in die jaar 1234. Sy oefen ook later nog 'n groot invloed op haar seun uit.

Tydens 'n ernstige siekte beloof Lodewyk in 1244 om 'n kruistog te onderneem, en die herowering van heilige plekke van die Christendom beskou hy vir die res van sy lewe as sy vernaamste taak. As 'n voortreflike regent slaag hy daarin om die vrede in Wes-Europa te herstel en is sodoende in staat om twee keer, van 1249 tot 1254 en van 1269 tot 1270, as kruisvaarder in die Heilige Land te veg.

Die kruistogte is 'n sware las vir Frankryk, sowel in finansiële asook in administratiewe opsig, tog blyk die moslems ondanks alle inset onoorwinlike teenstanders te wees. Op sy eerste kruistog word Lodewyk op 6 April 1250 in Egipte gevange geneem en moet vrygekoop word. Verder moet hy beloof om nooit weer 'n islamitiese staat aan te val nie. Nog voor die begin van die tweede kruistog, wat hy desondanks wil onderneem, doen hy 'n ernstige siekte op en sterf in die somer van die jaar 1270 in Tunisië. Hy is in Karthago begrawe.

In die jaar 1297 word Lodewyk vanweë sy asketiese leefstyl en wonderlike genesings by sy graf deur pous Bonifatius VIII heilig verklaar. Sy gedenkdag is 25 Augustus.

Lodewyk word deur die mense van sy tyd as 'n buitengewone heerser ervaar, wat 'n opvallende vroomheid vertoon en terselfdertyd as 'n uitstekende soldaat en koning optree wat die aansien van die Franse monargie vergroot en sy mag uitbou. Danksy Lodewyk word die Koninkryk van Frankryk die magtigste staat in Europa. Met die Vrede van Parys van die jaar 1259 erken die Engelse koning Lodewyk as leenheer van die Guyenne en doen afstand van sy aanspraak op Normandië.

Lodewyk is die ideaal van 'n middeleeuse regent wat as bekwame heerser aanspraak maak op gehoorsaamheid, maar as 'n mens steeds omgee en reg en geregtigheid in sy koninkryk bevorder – 'n uitsondering in die feodale tydperk wat eerder deur willekeur gekenmerk word.

Hy bevorder ook matiging ten opsigte van kleredrag en ander uiterlikhede en probeer selfs sterk dranke en prostitusie in Franse kroeë te verbied. Vir sy onderdane staan hy bekend as die man wat die beweerde doringkroon van Christus, die heiligste van alle relieke, teen 'n aansienlike prys aangekoop en na Frankryk gebring het, waar hy in die Sainte-Chapelle van Parys 'n geweldige heiligdom laat oprig om hierdie en andere relikwieë te bewaar. Die spits van die Heilige Lans, waarmee volgens 'n legende die Romeinse offisier Longinus die sy van Christus na sy dood aan die kruis deursteek het, is eweneens deur Lodewyk na Frankryk gebring, het egter intussen spoorloos verdwyn.

Nakomelinge

Lodewyk IX is die vierde seun van Lodewyk VIII van Frankryk en sy eggenote Blanche van Kastilië. Op 27 Mei 1234 trou Lodewyk IX met Marguerite van Provence en het elf kinders:

Voorvaders

          ┌──> Lodewyk VII van Frankryk "die Jonge" (1120-1180),            │    Koning van Frankryk           │      ┌──> Filips II van Frankryk ("Filips Augustus") (1165-1223),       │    Koning van Frankryk      │    │      │    └──> Adele van Champagne (1140-1206),      │         ...      │ ┌──> Lodewyk VIII van Frankryk ("die Leeu") (1187-1226),  │    Koning van Frankryk │    │ │    │    ┌──> Boudewyn V van Hainaut (1150-1195), │    │    │    Graaf van Hainaut │    │    │ │    └──> Isabelle van Hainaut (1170-1190), │         Grawin van Artois │         │ │         └──> Margarethe I van Vlaandere (1145-1194), │              Grawin van Vlaandere │ Lodewyk IX van Frankryk ("die Heilige") (1214-1270), Koning van Frankryk │ │         ┌──> Sancho III van Kastilië (1133-1158), │         │    Koning van Kastilië │         │ │    ┌──> Alfons VIII van Kastilië (1155-1214),  │    │    Koning van Kastilië │    │    │ │    │    └──> Bianca van Navarra († 1157) │    │         ... │    │ └──> Blanche van Kastilië (1188-1252)      ...      │      │    ┌──> Hendrik II Plantagenet (1133-1189),       │    │    Koning van Engeland       │    │      └──> Eleonore Plantagenet (1161-1214)           ...           │           └──> Eleonore van Akwitanië (1122-1202)                Hertogin van Akwitanië 

Tags:

12141226127025 April25 AugustusFrankrykHeiligePoissyTunis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Tongaanse nasionale rugbyspanTurkyeEjakulasieOrkney Snork NieGebande muishondLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaAardverwarmingVarkgriepWashington, D.C.DonderstormSean CombsTolla van der MerweFrankrykErfenis21 v.C.PinksterVlag van LibanonMaselsMiddelmisbruikSuikersiekteFiksieLetterlike en figuurlike taalgebruikSpysverteringstelselReënspinnekopBloemfonteinKewerBeroerteTonnels van Củ ChiGrasSuider-AfrikaSpelerposisies in rugbyLiefdeWayback MachineMeervoudSelfieVulvaMenslike skeletBreingewasPenisOrganometaalchemieChristeneEekhoringKoggelmanderOlimpiese godeVyfsterKoningDuitse perdebyHoofpynKoekie (rekenaarwetenskap)Hannes van WykBasisinkomsteGNU-lisensie vir vrye dokumentasieErica BoyerKanadese nasionale krieketspanNarkoseMorfologie (taalkunde)Google MapsVolksrepubliek ChinaGeelslangAtriale fibrillasieBateMieliestronkEikelGodHelm (geboorte)LugbesoedelingSpookvoëlMenseregtedagMisdaadJan BloukaasDaggaLys van Suider-Afrikaanse soogdiere🡆 More