Lizette Rabe

Lizette Rabe is 'n joernalis en skrywer.

Sy is tans professor in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch.

Lewensloop

Rabe is gebore op 14 Februarie 1957. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Aan die Universiteit van Stellenbosch behaal sy die grade BA, BA Honneurs (cum laude), B.Joernalistiek Honneurs (cum laude) en in 1994 ‘n DPhil. Sy is getroud met Anton Hörstmann. Beide is vyfdegeslag-afstammelinge van die Philippi-Duitsers.

Van 1979 tot 1982 was Rabe joernalis by Die Burger. In 1983 begin sy by die vrouetydskrif Sarie, waarvan sy in 1988 die assistentredakteur en in 1994 die redakteur word. Vanaf Januarie 2001 is sy professor.

Bibliografie

Rabe is die skrywer van:

  • Wat bababoeke jou nie vertel nie. Kaapstad: Femina/HAUM, 1987
  • Bete und Arbeite – The Philippi Germans and their story. Kaapstad: Mzansi Media, 2010
  • Rykie: ‘n Lewe met Woorde. Kaapstad: Tafelberg, 2011 (‘n boek oor die lewe van die joernalis Rykie van Reenen)
  • Rabe is redakteur en mede-skrywer van verskeie ander publikasies

Bronne

  • www.StellenboschWriters.com
  • La Vita, Murray: Oor hoop en ‘n lewe met woorde. Die Burger, Vrydag 26 Augustus 2011

Tags:

JoernalisUniversiteit van Stellenbosch

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VlagterminologieLongontstekingGamelanKultuurGeskiedenis van erotiese afbeeldingsCleopatra VIIVars waterResensieKeelseerGawes van die Heilige GeesDiepaartromboseISimangaliso-vleilandparkLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandJavaScriptEkosisteemekologieFotosinteseJan-Willem BreureGewoonteAustraliëSkildklierVK (sosiale netwerk)Onderhandelinge om apartheid te beëindigBokmakieriePrimêre sektor van die ekonomieGewasboerdery in Suid-AfrikaYouTubeSwartrenosterVioolAbstraksie (rekenaarwetenskap)ElandréHartaanvalVoornaamwoordGewone tortelduifLys van Kaapstad se voorstedeSlag van BloedrivierBosluisbytkoorsIntertekstualiteitApartheidVerassingHangbrugPieter DuvenageLys van ingelyfde NG gemeentesVulvaSarah Rose KarrSkisofrenieSwawelWayde van NiekerkProteïenPampoentjiesVerkleurmannetjieVerenigde State van AmerikaWikiDeelwoordBeesKatWater (molekuul)Slag van Cuito CuanavaleDaggaTrianthemaNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartySomerAfrikaanse taalleerBernice WestPaddaVaginaGroep van SeweStikstofSuid-Afrikaanse GrensoorlogJohan StemmetHeuningbyStaalJeuksiekteEkonomie🡆 More