Little Richard: Amerikaanse pianis en singer

Richard Wayne Penniman (5 Desember 1932 – 9 Mei 2020), beter bekend as Little Richard, was 'n Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en musikant.

Hy was sewe dekades lank 'n invloedryke figuur in populêre musiek en kultuur. Penniman se mees gevierde werk dateer uit die middel van die vyftigerjare, toe sy charismatiese voorkoms en dinamiese musiek, gekenmerk deur frenetiese klavierspel, klopende terugslae en skree, die grondslag gelê het vir rock and roll. Sy innoverende emosionele vokalisering en uptempo-ritmiese musiek het ook 'n sleutelrol gespeel in die vorming van ander populêre musiekgenres, waaronder soul en funk musiek. Hy het talle sangers en musikante beïnvloed oor musikale genres van rock tot hip-hop.

Little Richard
Little Richard: Vroeë lewe, Bekendheid, Verwysings
Little Richard in 2007
Agtergrondinligting
GeboortenaamRichard Wayne Penniman
Gebore(1932-12-05)5 Desember 1932
Macon, Georgia, Verenigde State
Sterf9 Mei 2020 (op 87)
Nashville, Tennessee, Verenigde State
Beroep(e)Sanger, liedjieskrywer
InstrumenteStem, klavier
Jare aktief1947–2020

Vroeë lewe

Richard Wayne Penniman is op 5 Desember 1932 in Macon, Georgië, gebore die derde van 12 kinders van Leva Mae (née Stewart) en Charles "Bud" Penniman. Sy pa was 'n kerk diaken en 'n baksteen messelaar, wat mampoer verkoop het en 'n nagklub besit het genaamd die Tip In Inn. Sy moeder was 'n lid van Macon se New Hope Baptist Church. Aanvanklik moes sy voornaam 'Ricardo' gewees het, maar 'n fout het gelei tot "Richard". In sy kinderjare is hy deur sy familie die bynaam "Lil 'Richard" genoem vanweë sy klein en skraal raam. Penniman het op 'n jong ouderdom in die kerk begin sing.

Bekendheid

Nadat Richard ontdek is op 'n talentskou in 1951, het hy 'n paar plate gemaak, wat nie juis aftrek gekryhet nie. Nadat die rock'n'roll era in 1955 begin het, het hy ‘n deurbraak gemaak met liedjies soos Tutti Frutti, Long Tall Sally, Lucille en Good golly Miss Molly, wat almal goue plaat status bereik. Hy het sy eie merk op rock'n'roll gemaak as gevolg van sy opruiende en energieke wyse van sang. Na sy suksesse, onttrek hy in 1957, toe 'n joernalis in 'n onderhoud rock'n "roll, van onwelvoeglike lirieke en 'n sterk seksuele aanslag, wat teen God se wil is beskryf het.

In 1962, toe rock'n'roll baie meer aanvaar geword het, het hy sy terugkeer gemaak met 'n Britse toer. Hy is ondersteun deur sommige van sy Britse aanhangers, die Beatles en The Rolling Stones. In die tussentyd, het hy 'n aantal gospel plate opgeneem. Daarna het hy soms opgetree en plate gemaak, hoewel hy die meeste van sy loopbaan as predikant deurebring het. 'n Moeilike oomblik, gegewe sy godsdienstige agtergrond, was sy belydenis dat hy homoseksueel was.

Little Richard het soms met jonger pop kunstenaars, soos Elvis Costello gespeel, na 1980. Hy rap in die lied Elvis is Dead van die Living Colour en speel soms in films. Later het hy die Verenigde State met Chuck Berry getoer en bygedra tot 'n huldeblyk vir Johnny Cash.

Hy het ook baie gas verskynings in films en TV-reeks (dikwels as homself), insluitend in die film The Girl Can't Help It en in die reeks Columbo, Sesame Street en Full House.

Little Richard het op 9 Mei 2020 gesterf. Hy was 87 jaar oud.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Little Richard Vroeë leweLittle Richard BekendheidLittle Richard VerwysingsLittle Richard Eksterne skakelsLittle Richard193220205 Desember9 MeiHip-hop

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KweekhuiseffekKoolstofdioksiedTydGevolge van aardverwarming op oseaneCristiano RonaldoBreinSharpeville-slagtingHeupChemiese elementVakbondAssonansieDroomKokketielDrinkwatervoorsieningVleilandWater (molekuul)DataverwerkingHoërskool OuteniquaIgtiologieCleopatra VIIBrongitisTekstielOlimpiese Somerspele 2024KoringVlag van Suid-AfrikaWetenskaplike klassifikasieKonsentrasiekampBipolêre gemoedsteuringAkkedisStilleweKommunikasieAtoomGemeenskapsorganisasieNag van die lang messeAce MagashuleNiersteenMelaatsheidVaste stofOnomatopeeEekhoringJohan BadenhorstSeeKarooHamburgerAardedagJakobJan CombrinkSonnestelselBestaansboerderyKomplementêre kleureLys van politieke partye in Suid-AfrikaBTWPuberteitRobert SobukweSwemAtlantiese OseaanGasLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaYstervarkJazzAfrikaanse TaalmonumentNamakwalandBrugOnderhandelinge om apartheid te beëindigWaterbesoedelingGNU/FDL-lisensieMenslike seksuele gedragCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaMaatskaplike verantwoordelikheidJan van TonderMaagdelikheidAndré JacobsSatellietfoto🡆 More