Litas

Die litas (ISO-kode LTL, meestal afgekort as Lt; meervoud litai of litų) was tot 31 Desember 2014 die geldeenheid van Litaue.

Dit was opgedeel in 100 centų (genitief; die nominatief meervoud is centai in Litaus).

Litas
Verskeie Litas-munte
Litas
Biljet van 100 litas

Die litas is vir die eerste keer in 1922, ná die Eerste Wêreldoorlog, ingevoer toe Litaue sy onafhanklikheid van die Sowjetunie verklaar het, en is op 25 Junie 1993 heringevoer nadat die Sowjet-roebel, wat tydens die besetting van Litaue as amptelike betaalmiddel gedien het, tydelik deur die Litause talonas as 'n oorgangsgeldeenheid vervang is. Die naam is, net soos in die geval van die Letlandse lats, van die landsnaam afgelei.

Tussen 1994 en 2002 was die litas teen 'n vaste wisselkoers van 4,00 litas aan die Amerikaanse dollar gekoppel. Daarna is 'n vaste wisselkoers van 3,4528 Lt met die Europese geldeenheid Euro ingestel. Daar is oorspronklik beplan om die Litas vanaf 1 Januarie 2010 met die Euro te vervang, tog is hierdie omskakeling as gevolg van Litaue se destydse inflasiekoers en die internasionale ekonomiese krisis na die nuwe datum 1 Januarie 2013 verskuif. Met begin van die jaar 2015 het die Euro die litas amptelik vervang.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

201431 DesemberGeldeenheidISO 4217LitaueLitaus

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BestuiwingNatuurbewaringKunsmatige algemene intelligensieDansBrandmondsindroomKaapstadSikloonMieliestronkSportPersoonlikheidDroogtePerdebyeNiersteenApartheidXhosaWoordJo BlackChristendomErfenisdag (Suid-Afrika)OorstromingVraag en aanbodSharpeville-slagtingNierSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureLeeuLys van Afrikaanse skrywersInfeksieSonnestelselNetbalWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaDierSkoolKnieCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsTuberkuloseKunsmatige intelligensieNarsistiese persoonlikheidsteuringViëtnamSelfmoordPlantKoue OorlogHomoniemGewone breukePaddaRenosterSeisoenAardbewingVaalrivierAkademiaPoësieFotosinteseChatGPTSkildklierRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Martin Luther King jr.Koos BekkerAfrikaansCleopatra VIIVersoeningsdagVerkleinwoordVoorvoegselOnderwysE-posZoeloeNatriumsulfietGeletterdheidJewgeni PrigozjinWeer (meteorologie)BosbokAlliterasieKonsentrasiekampMobutu Sese SekoAfrikaanse WikipediaJaar🡆 More