Lionel Abrahams

Lionel Abrahams (11 April 1928 – 31 Mei 2004) was 'n Suid-Afrikaanse romanskrywer, digter, redakteur, kritikus, essayis en uitgewer.

Hy is in Johannesburg gebore, waar hy sy lewe lank gewoon het. Hy is met 'n serebrale gestremdheid gediagnoseer en moes tot 11-jarige ouderdom 'n rolstoel gebruik.

Lionel Abrahams
Gebore11 April 1928
Sterf31 Mei 2004
Johannesburg
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
BeroepSkrywer en digter
Bekend virGedigte en romans

Abrahams is veral bekend vir sy poësie. Herman Charles Bosman was sy mentor. Hy het later sewe volumes van Bosman se postuum-gepubliseerde werke geredigeer.

Abrahams was in eie reg een van die invloedrykste figure in die Suid-Afrikaanse letterkunde, en het talle gedigte, essays en twee romans gepubliseer. Deur Renoster-boeke, wat hy in 1956 begin het, het hy werke van Oswald Mtshali en Mongane Wally Serote gepubliseer.

Hy is in 1986 met Jane Fox getroud. In dieselfde jaar ontvang hy eredoktorsgrade in die letterkunde van die Universiteit van die Witwatersrand en die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Romans

  • The Celibacy of Felix Greenspan: A novel in 18 stories, gepubliseer deur Bateleur Press, 1977
  • The White Life of Felix Greenspan, gepubliseer deur M&G Books, 2002

Gedigte

  • Journal of a New Man, gepubliseer deur Ad Donker, 1984
  • The Writer in Sand, gepubliseer deur Ad Donker, 1988
  • A Dead Tree Full of Live Birds, gepubliseer deur Snail Press, 1988
  • Chaos Theory of the Heart, gepubliseer deur Jacana Media, 2005
  • To Halley's Comet, die publiseerder is onbekend

Werke oor Lionel Abrahams

  • Lionel Abrahams: A Reader, red. Patrick Cullinan, gepubliseer deur Ad Donker, 1988
  • A Writer in Stone: South African Writers Celebrate the 70th Birthday of Lionel Abrahams, red. G. Friedman en Roy Blumenthal, gepubliseer deur David Philip, 1998

Sien ook

Verwysings

Tags:

Lionel Abrahams RomansLionel Abrahams GedigteLionel Abrahams Werke oor Lionel Abrahams Sien ookLionel Abrahams VerwysingsLionel Abrahams11 April1928200431 MeiSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rob HersovAborsie in Suid-AfrikaAboriginesCheslin KolbeStereotipeNag van die lang messeKongo-krisisHernubare energieVerkoueTydNatuurlike hulpbronKlimaatveranderingAnale kankerMiddeloorontstekingAustraliëBreingewasOogproblemeHartaanvalGesondheidTradisionele Afrika-medisyneBysteekKweekhuiseffekTweede Nuwe JaarKunsmatige algemene intelligensieEkostelselKommunikasieKameelperdHeuningWoestynSuid-Afrikaanse GrensoorlogMeervoudKontinentPriemgetalErektiele disfunksie3D-rolprentAvbobPropagandaVigsPussy RiotTrappe van vergelykingElon MuskOutismeTropiese sikloonViëtnamOranje-VrystaatNagmaalGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondBorskankerGeweldMaagsweerBevolkingsafnameDieregeluideSportEjakulasieN.P. van Wyk LouwDoelwitLettergreepBreinkaartSendelingposisieEiffeltoringLys van elemente volgens simboolSuurstofOmtrek, oppervlakte en volumeSpringbokkeVleilandAardeIntensiewe vormDoopTuberkuloseSeptimius AwardsMahatma GandhiBewaringstatusAarde se atmosfeerDroomSkoolHeks van HexrivierOu Apostoliese KerkStikstof🡆 More