Linda-Gail Bekker

Linda-Gail Bekker MBChB, DTMH, DCH, FCP (SA) is 'n professor in medisyne en bedryfshoof van die Desmond Tutu MIV-stigting.

Sy is ook direkteur van die Desmund Tutu MIV-sentrum aan die Universiteit van Kaapstad. Sy is 'n voormalige president van die Internasionale Vigsvereniging (2016-18).

Linda-Gail Bekker
Bekker praat in 2018 by die 50ste bestaansjaar-simposium van die John E. Fogarty International Centre
Bekker praat in 2018 by die 50ste bestaansjaar-simposium van die John E. Fogarty International Centre
Gebore Zimbabwe
Werkgebied MIV- en Tuberkulosenavorsing
Alma mater
Werkplekke
Bekend vir MIV/Vigs-navorsing
Eggenoot Robin Wood

Vroeë lewe en opvoeding

Bekker is in Zimbabwe gebore. Sy het medies aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer. Sy was van plan om 'n geriatriese geneesheer te word, maar het 'n kliniese rotasie in KwaZulu-Natal voltooi en daar 'n belangstelling in MIV- en Tuberkulosenavorsing ontwikkel. Sy het gesien hoe jongmense aan MIV/vigs sterf en was gefrustreerd omdat sy hulle nie kon help nie. Haar doktersgraad is deur die John E. Fogarty International Centre befonds en sy het aan die Rockefeller-universiteit gewerk in die gebied van gasheer-immuniteit. Haar doktorale adviseur was Gilla Kaplan.

In 2009 het sy die Royal Society Pfizer-toekenning gewen vir haar navorsing oor tuberkulose-epidemiologie. Die finansiering het haar navorsing in die Nyanga-primêre gesondheidskliniek in Kaapstad ondersteun. Bekker is passievol oor onderrigprogramme en betrokkenheid by gemeenskappe en haar gemeenskapswerk wil stigma oor MIV en tuberkulose oorkom. Bekker se man, Robin Wood, dien as direkteur en uitvoerende hoof van die Desmond Tutu MIV-stigting, waar Bekker bedryfshoof is, en dit ondersteun die welstand van mense in van die armste gemeenskappe in Suid-Afrika. Sy het 'n mobiele bussie ontwikkel, bekend as die "Tutu-toetser", wat toetsing bied vir swangerskap, hoë bloeddruk, diabetes, MIV/vigs, TB en vetsug.

Sy is 'n direkteur van die Desmund Tutu MIV-sentrum aan die Universiteit van Kaapstad, waar sy beste praktyk en bewysgebaseerde inligting oor behandeling van adolessente met MIV en voorkoming van MIV in adolessente integreer. Die sentrum word befonds deur die National Institutes of Health van die VSA. sy het 'n program ontwikkel genoemd "Choices for Adolescent Methods of Prevention in South Africa (CHAMPS)"; wat jongmense se houding teenoor besnydenis uitdaag, jong vroue aanmoedig om gesinsbeplanning te gebruik en profilakse voor blootstelling ondersoek. Sy het ook gewerk aan 'n program oor swangerskap en MIV/vigs genoemd "Pregnancy and HIV/AIDS Seeking Equitable Study (PHASES)" wat ook deur die National Institutes of Health befonds is. Sy bestudeer die implementering van antiretrovirale terapieë en is opgewonde oor selftoetsing vir MIV.

In 2016 word sy verkies tot president van die Internasionale Vigsvereniging. Sy het die openingsvoorlegging aangebied tydens die International AIDS Society se konferensie in Parys, waar sy oor nuwe voorkomingsopsies, soos profilakse voor blootstelling, gepraat het. In 2018 word sy verkies tot die raad van die International AIDS Vaccine Initiative, 'n wêreldwye, nie-winsgewende, openbare-private vennootskap wat die ontwikkeling van entstowwe versnel om MIV-infeksie en vigs te voorkom. Sy was bekommerd oor Donald Trump wat die wêreldwye mediese reaksie teen MIV ondermyn het. Sy was 'n hoofspreker op Wêreldvigsdag 2017. Bekker dien ook as adviseur van die VSA se noodplan vir vigsverligting in die wêreld, getitld "President's Emergency Plan For AIDS Relief (PEPFAR)".

Sy het bygedra tot The Conversation, 'n netwerk van nie-winsgewende media wat nuusberigte op die internet publiseer wat deur akademici en navorsers geskryf word. Bekker hou daarvan om te skilder en gebruik straatteater in haar gemeenskapswerk.

Sy is 'n lid van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika.

COVID-19

Bekker was saam met Glenda Gray die mede-ondersoeker van die Sisonke-proefneming wat daarop gemik was om gesondheidswerkers in Suid-Afrika vroeë toegang tot Covid-19-entstowwe te gee. Die fase-3b-ope kliniese proef het van 17 Februarie 2021 tot 15 Mei 2021 geduur, met 478 733 dosisse wat aan gesondheidswerkers gegee is. Die studie het die effektiwiteit van die Jansen- (J&J) entstof getoets wanneer dit op groot skaal onder Suid-Afrikaanse toestande toegedien word.

Bronne

  • Hogg, Alec (1 Julie 2020). "A Rational Covid-19 Perspective: Half an hour with UCT Prof Linda-Gail Bekker, SA's global heavyweight". BizNews.com.

Verwysings

Tags:

Linda-Gail Bekker Vroeë lewe en opvoedingLinda-Gail Bekker Navorsing en loopbaanLinda-Gail Bekker COVID-19Linda-Gail Bekker BronneLinda-Gail Bekker VerwysingsLinda-Gail BekkerUniversiteit van Kaapstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TatoeëermerkOrtopedieErektiele disfunksieKlimaatSamestellingWright-broersDie Laaste Avondmaal (Leonardo)HindoeïsmeYouTubeKappie (skryfteken)BesoedelingRina HugoWerkwoordKoorsblaarLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)MosambiekAnneli van RooyenWikipediaKaartEkonomieKunselementeDesimale breukeMenseregteSteve BikoMaatskappyVermenigvuldigingReg tot ‘n gesonde omgewingLidwoordEmfiseemLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaWetenskapDiarreePornhubAtmosfeerBorskankerEngelandMassaPankreasEkotoerismeAfrikaBreinVersoeningsdagGasDomkragRymVaginaSlawernyFisiese oefeningVolstruisOrthopteraNiemetaalLeestekenHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalTelkomDansLGeografie van Suid-AfrikaEnsiklopedieCleopatra VIIWithaaiDirekte en Indirekte redeSkuinsstreepLys van veltoestandeHeupLys van elemente volgens simboolGianna MichaelsSelfstandige naamwoordD.J. OppermanKimberleyApartheidNatuurbewaringBestuiwingMangelontstekingBiodiversiteit🡆 More