Rivier Limpopo: Rivier in die binneland van Suider-Afrika

Die Limpopo is 'n groot rivier in die binneland van Suider-Afrika wat in die Indiese Oseaan uitmond.

Die rivier vorm die internasionale grens tussen verskeie lande, waaronder Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe en Mosambiek. Vasco da Gama, die Portuguese ontdekkingsreisiger, het die Limpopo in 1498 "ontdek".

Limpopo
Die Limpoporivier in Mosambiek
Die Limpoporivier in Mosambiek
Die Limpoporivier in Mosambiek
Rivier Limpopo: Ontstaan en roete, Sytakke van die Limpopo, Lys van sytakke[3]

Die Limpopo se waterskeiding en rivierloop

Oorsprong Samevloei van Krokodilrivier en Maricorivier, Suid-Afrika
Monding Xai-Xai, Mosambiek
Indiese Oseaan
Stroomgebied Vlag van Botswana Botswana
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Vlag van Mosambiek Mosambiek
Lengte 1 750 km (1 087 myl)
Oorspronghoogte 872 m (2 861 voet)
Mondinghoogte 0 m
Gemiddelde afloop 170 m³/s (6 003 vt³/s)
Stroomgebiedopp. 415 000 km² (160 232 myl²)

Ontstaan en roete

Die Limpoporivier ontspring by die samevloei van sy twee hoofsytakke in die noorde van Suid-Afrika en is ongeveer 1 750 km lank met 'n stroomgebied van 413 000 km², die tweede grootste rivier in die streek. Dit loop in 'n boogvorm al langs die grens van die voormalige Transvaal – eers noordoostelik, dan noord, draai oos na Mosambiek en dan in 'n suidoostelike rigting voor dit naby Xai-Xai in Mosambiek in die Indiese Oseaan uitmond.

Dit dien as 'n internasionale grens vir sowat 640 km, tussen die suidooste van Botswana en die noordweste van Suid-Afrika en verder tussen suidelike Zimbabwe en die noorde van Suid-Afrika.

Sowat 14 miljoen mense woon in die Limpoporivierbekken, 'n area van ongeveer 413 000 vierkante kilometer. Daar heers groot armoede in hierdie streek, en die rivier kan nie in die waterbehoeftes van al die inwoners voorsien nie.

Sytakke van die Limpopo

Krokodilrivier

Die oorsprong van die Krokodilrivier is net noord van Ontdekkersweg by Witpoortjiestasie in Krugersdorp. Hier is die rivier nog 'n klein stroompie, dit vloei noord, gaan oor die Witpoortjie waterval en onder deur die N14 nasionale pad by Muldersdrift. Hiervandaan kronkel die rivier verder noordwaarts, verby die Lanseria-lughawe en vloei in die Hartbeespoortdam in. Anderkant die dam hou die rivier noordwes, verby Brits en deur die Rooikoppiesdam. Die rivier vloei steeds noordwes, suid verby Thabazimbi tot waar die Maricorivier saamvloei met die Krokodilrivier om die Limpoporivier te word.

Groot Maricorivier

'n Groot sytak is die Maricorivier. Die rivier ontspring net suid van die dorp Groot Marico, vloei noord verby Groot Marico, deur die Marico-Bosvelddam en verby Silkaatskop tot by Derdepoort. Hier swaai die rivier noordoos tot dit saamvloei met die Krokodilrivier.

Ander sytakke

Die Notwanerivier is nog 'n belangrike sytak van die Limpopo, dit ontspring op die rand van die Kalahariwoestyn in Botswana en vloei in 'n noord-oostelike rigting. Die hoofsytak van die Limpopo, die Olifantsrivier, wat in Mosambiek saamvloei, lewer byna 1,233 miljoen m3 water per jaar.

Lys van sytakke

Linkerkant (almal vloei in Botswana)

Linkerkant (vloei in Zimbabwe)

Linkerkant (vloei in Mosambiek)

Regterkant

    almal ontspring in Suid-Afrika

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Rivier Limpopo Ontstaan en roeteRivier Limpopo Sytakke van die LimpopoRivier Limpopo Lys van sytakke[3]Rivier Limpopo Sien ookRivier Limpopo VerwysingsRivier Limpopo Eksterne skakelsRivier LimpopoGrens tussen Suid-Afrika en BotswanaGrens tussen Suid-Afrika en MosambiekGrens tussen Suid-Afrika en ZimbabweIndiese OseaanPortugalRivierSuid-AfrikaSuider-AfrikaVasco da Gama

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KriekDataverwerkingReënTuisbladMusieksimboleKompasEeuSkuinsstreepNuwe TestamentSlawernyMIVAardbewingKontinentOutismeMIV/vigs in Suid-AfrikaHemelBesemHelpmekaar-kollegeYstertydperkPad na jou hartKrokodilGesondheidLys van chemiese elemente volgens atoomgetalAvbobEerste WêreldoorlogLys van Suid-Afrikaanse skrywersMierGroot vyfFinale OplossingStereotipeGroepsdrukMynbouEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaFossielbrandstofDemi Lee MooreKunsBevolkingProstaatklierLys van nedersettings in Suid-AfrikaNatuurlike hulpbronKErfenisdag (Suid-Afrika)BorskankerGevolge van aardverwarming op oseaneKommunismePenisLeonardo da VinciJavaScriptVolhoubaarheidWet op Verbod van Gemengde HuwelikeFiela se kindVoorsetselElon MuskCalviniaLieweheersbesieTransatlantiese slawehandelGetalBrandmondsindroomPretoriaSoortnaamSwart menseBorsAkwariumEjakulasieAfleiding (taalkunde)KlereNatuurbewaringNG gemeente JansenvilleBloeddrukSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Enkelvoudige sinBreingewasEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaEngelsYslandPlant🡆 More