Liefling (die movie)
Liefling (die movie): Lief die movie
Liefling (die movie) is 'n Afrikaanse rolprent wat op 19 November 2010 in teaters landwyd in Suid-Afrika begin draai het. Die rolprent is van Engelse onderskrifte voorsien om dit vir 'n wyer gehoor toeganklik te maak.
Liefling (die movie) | |
---|---|
Regisseur | Brian Webber |
Draaiboek | Anel Stop, Brian Webber, Christ van der Walt, Erik Holm, Linda Korsten, Paul Krüger, Schalk van der Merwe |
Met | Bobby van Jaarsveld Lika Berning Marlee van der Merwe Sonja Herholdt Elize Cawood Rouel Beukes Kurt Darren Willem Botha |
Musiek deur | Johan Heystek |
Redigeerder | Anel Stolp |
Verspreider | Indigenous Film Distribution |
Uitgereik | 2010-11-19 |
Speeltyd | 117 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Amptelike webtuiste |
Liefling is deur Linda Korsten, Gé Korsten se dogter, vervaardig en sy het dit aan hom opgedra. Bryan Webber is die regisseur.[1] Die rolprent se webtuiste beskryf dit as die eerste grootskerm Afrikaanse musiekblyspel ("musical") in meer as 30 jaar.
Genre
Die rolprent is 'n musiekblyspel.
Hoofrolspelers
- Bobby van Jaarsveld
- Lika Berning (van den Berg)
- Marlee van der Merwe
- Elize Cawood
- Rouel Beukes
- Sonja Herholdt
- Kurt Darren
- Willem Botha
- Anna Davel
en andere.
Sien ook
Verwysings
- ↑ Liefling – die musiekblyspel, Sarie se webwerf, besoek op 27 Februarie 2010
Eksterne skakels
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Liefling (die movie), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
#Wikipedia® is a registered trademark of the Wikimedia Foundation, Inc. Wiki (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wikimedia Foundation.