Lichtenburg

Lichtenburg is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika.

Lichtenburg
Die hoofstraat van Lichtenburg.
Die hoofstraat van Lichtenburg.
Lichtenburg is in Noordwes (Suid-Afrikaanse provinsie)
Lichtenburg
Lichtenburg
Lichtenburg Lichtenburg se ligging in Noordwes
Koördinate: 26°09′0″S 26°10′0″O / 26.15000°S 26.16667°O / -26.15000; 26.16667 26°10′0″O / 26.15000°S 26.16667°O / -26.15000; 26.16667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoordwes
DistrikNgaka Modiri Molema
MunisipaliteitDitsobotla
Stigting1873
Regering
 • TipeDeel van 'n Plaaslike Munisipaliteit
Oppervlak
 • Totaal108,90 km2 (42,05 vk. myl)
Hoogte
1 459 m (4 787 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal26 338
 • Digtheid242/km2 (630/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense30.3%
 • Indiërs/Asiërs1.9%
 • Bruin mense7.9%
 • Swart mense59.5%
 • Ander0.3%
Taal (2011)
 • Tswana 52.5%
 • Afrikaans 38.1%
 • Engels 4.1%
 • Ander 5.3%
Poskode (strate)
2740
Poskode (posbusse)
2740
Skakelkode018
Lichtenburg
Die museum op Lichtenburg.
Lichtenburg
Die gedenkteken op Lichtenburg opgedra aan burgers van die distrik wat gesneuwel het tydens die Anglo-Boereoorlog.
Lichtenburg
Die gebou van die NG moedergemeente Lichtenburg.
Lichtenburg
Die boodskap aan die basis van die obelisk op Lichtenburg, opgedra aan plaaslike gesneuweldes in die Anglo-Boereoorlog.
Lichtenburg
Die kerksaal van die NG moedergemeente.
Lichtenburg
Die standbeeld van genl. Koos de la Rey voor die stadsaal.

Geskiedenis

Die dorp is gestig op die plase Middelbosch en Doornfontein. Die plase is deur Hendrik Greeff, skoonvader van generaal JH De la Rey, aan die Zuid-Afrikaansche Republiek vir die stigting van 'n dorp geskenk. Die naam is gekies in 1873 deur die president van die Zuid-Afrikaansche Republiek Thomas Francois Burgers, en beteken "dorp van lig". Jacobus Voorendyk het op 13 Maart 1926 'n diamant op hulle familieplaas ontdek, en binne twaalf maande was daar 108 000 fortuinsoekers op die toneel.

Godsdiens

Vir hoofartikel, sien NG gemeente Lichtenburg.

Die eerste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (indertyd bekend as die Nederduitse Hervormde of Gereformeerde Kerk) in die Wes-Transvaal is in 1885 hier gestig waarvan die verste uithoek meer as 110 km van die dorp af was. Die lidmate het skaars 300 getel. Die eerste kerkie is reeds in 1878 opgerig onder leiding van die konsulent, ds. J.P. Jooste van die NG gemeente Potchefstroom. Dertien jaar later, danksy die ywer van Lichtenburg se eerste leraar, ds. H.J.L. du Toit, het die gemeente 'n nuwe klipkerk ingewy.

Tydens die dienstydperk van ds. J.A. Beyers, van 1905 tot 1912 die tweede leraar, is die noordelike gewel laat aanbou. Dit was sy opvolger, ds. J.G. Perold (1913-'19), wat gesorg het vir die verfraaiing van die binneruimte van die kerk deur galerye en nuwe banke te laat aanbring. Die kerk het eers tydens ds. P. du Toit, later armersorg-sekretaris van die Kaapse Kerk, sy huidige voorkoms gekry danksy die oprigting van die toring en die aanbring van die uurwerk. Toe is 'n nuwe orrel ook in gebruik geneem. Tydens ds. Du Toit se bediening het die dorp geweldige verandering ondergaan toe die delwerye in 1926 oopgaan.

Distrik

Die distrik beslaan 6 200 km2. Mielies, grondbone en sonneblomsaad is van die belangrikste gewasse wat verbou word. Sement word ook in die omgewing vervaardig.

Bekende inwoners

Geboortes

Sien ook

Bronne

  • Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
  • Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
  • Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Lichtenburg GeskiedenisLichtenburg GodsdiensLichtenburg DistrikLichtenburg Bekende inwonersLichtenburg GeboortesLichtenburg Sien ookLichtenburg BronneLichtenburg VerwysingsLichtenburg Eksterne skakelsLichtenburgNoordwesSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Tropiese sikloonMiljardRudi ClaaseEienaamSeekoeiHorlosieWaterpokkiesWinterSkisofrenieWitbloedselGipsRegeringSimboolArmoedeMaselsAfrikaBaälWerkwoordRosa ParksAfrikaanse woordelys en spelreëlsHeupvervangingCorioliskragAfkortingVoorvoegselSoortnaamEuropaWaterDomkragKrampHondKewerKoorsSonnestelselD.J. OppermanAardeLettergreepSuurstofEllipstekenAgtervoegselRenaissanceAfrikaansErfenisLys van veltoestandeSteenkoolDiamantBreinKriekWiskundige terminologieJan van TonderPad na jou hartIndustriële RevolusieKatoenAngina pectorisWeerfrontKalenderKunsAfleiding (taalkunde)JuraAlliterasieSoogdierLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaBynierWoordeboekHeupResensieKlem-in-die-kaakOos-KaapGalblaasMaanMaagWiskundeRooibokVroueregteMateriaal🡆 More