Li Peng

Li Peng (Chinees: 李鹏; pinyin: Lǐ Péng; 20 Oktober 1928 - 22 Julie 2019) was 'n Chinese politikus.

Bekend as die 'Slagter van Beijing' vir sy rol in die Tiananmen-plein bloedbad. Li was van 1987 tot 1998 die vierde premier van die Volksrepubliek China en was die voorsitter van die Staande Komitee van die China se nasionale volksvergadering, die belangrikste wetgewende liggaam van China, van 1998 tot 2003. Li was vir die grootste deel van die negentigerjare tweede in die rangorde van die Kommunistiese Party van China (KPC) net na die destydse sekretaris van die Party, Jiang Zemin. Hy het tot sy aftrede in 2002 sy setel in die KPC Politburo Staande Komitee behou. Hy het sy setel in die KPC Politburo Staande Komitee behou tot met sy aftrede in 2002.

Li Peng
Li Peng

Li was die seun van 'n vroeë kommunistiese rewolusionêr, maar is as kind wees gelaat toe sy pa deur die Kuomintang tereggestel is. Nadat hy Zhou Enlai in Sichuan ontmoet het, is Li grootgemaak deur Zhou en sy vrou, Deng Yingchao. Li is opgelei as 'n ingenieur in die USSR en het by 'n belangrike nasionale kragonderneming gewerk nadat hy na China teruggekeer het. Hy het die politieke onrus van die 1950's, '60's en '70's vrygespring vanweë sy politieke verbintenisse en sy werk in die onderneming. Nadat Deng Xiaoping in die laat 1970's die leier van China geword het, het Li 'n aantal toenemend belangriker en magtiger politieke posisies ingeneem en uiteindelik in 1987 premier geword.

As premier was Li die sigbaarste verteenwoordiger van die Chinese regering wat die gebruik van geweld gesteun het om die Tiananmenplein-protesoptogte van 1989 te beëindig. Tydens die betogings het Li sy gesag as premier gebruik om krygswet te verklaar, en in samewerking met Deng Xiaoping, wat die voorsitter van die Sentrale Militêre Kommissie was, is opdrag gegee dat die militêre aksie van Junie 1989 teen studente-pro-demokrasie-betogers op die Tiananmen-plein ingestuur was. Li pleit vir 'n grootliks konserwatiewe benadering tot Chinese ekonomiese hervorming, wat hom in stryd gebring het met die sekretaris-generaal Zhao Ziyang, wat in 1989 uit guns geval het. Nadat Zhao uit sy amp onthef is, bevorder Li 'n konserwatiewe sosialistiese ekonomiese agenda, maar verloor invloed aan die opkomende vise-premier Zhu Rongji en kon nie die toenemende vryemarkliberalisering van die Chinese ekonomie voorkom nie. Tydens sy ampstermyn het hy die omstrede projek Three Gorges-dam gelei. Hy en sy gesin het 'n groot Chinese krag monopolie bestuur, wat die Chinese regering opgebreek het nadat sy termyn as premier verstryk het. Li is in Beijing op 90-jarige ouderdom oorlede.

Bronne

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

192820 Oktober201922 JulieBeijingChineesChineseJiang ZeminKommunistiese Party van ChinaPinyinPolitikusTiananmen-betogings van 1989Volksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Bhimrao Ramji AmbedkarChris HaniSwartbewussynsbewegingNederduitse Gereformeerde KerkPresident van Suid-AfrikaHoopAbrahamAarverkalkingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024TsongaKunsmatige intelligensieKoolhidraatImpakte van toerismeKarooVloeistofISimangaliso-vleilandparkTjelloWinterErfenisdag (Suid-Afrika)Lys van visseDiatomiese molekuulEnkelvoudige sinTienerKatLys van politieke partye in Suid-AfrikaMiskruierCyril RamaphosaHorlosieSuid-Afrikaanse PolisiediensAborsieNieu-SeelandNederduitsch Hervormde KerkBelastingTsjeggiesOrgasmeWaarheid-en-versoeningskommissieMaanMatriek in Suid-AfrikaSpaansBaälSan FranciscoWes-KaapHiënaGeelsugGrieksJan-Willem BreureKlimaatveranderingMonopolieApostoliese GeloofsbelydenisIndustriële RevolusieDuifWikiJaco JacobsVlekvrye staalApokriewe boekeVergelykings (taalkunde)VerkleinwoordKnopiespinnekopVulvaVerkleurmannetjieAkroniemCarike KeuzenkampUnie van Suid-AfrikaDoopGamelanEkostelselKommaSkaapDroogteSeptimius PicturesTuberkuloseKultuurPaasfeesGewone tortelduif🡆 More