Li Na (Chinees: 李娜; pinyin: Lǐ Nà ; gebore 26 Februarie 1982 in Wuhan) is 'n voormalige tennisspeler van die Volksrepubliek China wat in 1999 professioneel begin tennis speel het.
Li Na in 2015 | ||
Land | Volksrepubliek China | |
---|---|---|
Woonplek | Wuhan, Hubei, Volksrepubliek China | |
Geboortedatum | 26 Februarie 1982 | |
Geboorteplek | Wuhan, China | |
Lengte | 1,72 m | |
Kollege | Huazhong Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (BA) | |
Afrigter | Jiang Shan (2006–2012) Thomas Högstedt (2009–2010) Michael Mortensen (2011) Carlos Rodríguez (2012–2014) | |
Begin professioneel | 1999 | |
Afgetree | April 2002–Mei 2004; 19 September 2014 | |
Spelstyl | Regshandig (tweehandig handrughou) | |
Loopbaan-wengeld | $16 709 074 (soos op 17 Julie 2023) (28ste van alle tye) | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 503–188 (72,8%) | |
Loopbaantitels | 9 WTA, 19 ITF | |
Hoogste rang | No. 2 (17 Februarie 2014) | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | W (2014) | |
Franse Ope | W (2011) | |
Wimbledon | KE (2006, 2010, 2013) | |
VSA-Ope | HE (2013) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | E (2013) | |
Olimpiese Spele | HE – 4de (2008) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 121–50 (70,8%) | |
Loopbaantitels | 2 WTA, 16 ITF | |
Hoogste rang | No. 54 (28 Augustus 2006) | |
Australiese Ope | 2R (2006, 2007) | |
Franse Ope | 2R (2006, 2007) | |
Wimbledon | 2R (2006) | |
VSA-Ope | 3R (2005) | |
Groot dubbelspeltoernooie | ||
Olimpiese Spele | 2R (2012) |
Li was die eerste Chinees wat vir 'n Grand Slam-toernooi geplaas is en die eerste Chinees op die wêreldranglys van top-10 tennisspelers. Daarnaas was sy die eerste Chinees wat die kwarteindstryd van 'n Grand Slam kon bereik (2006 op Wimbledon). In 2011 haal sy die eindstryd van die Australiese Ope, die eerste Chinees wat so ver kon deurdring.
Op 4 Junie 2011 maak sy haar deurbraak en word die eerste speler van Asië om 'n Grand Slam-enkelspeltitel te wen toe sy vir Francesca Schiavone van Italië met 6-4, 7-6 op Roland Garros geklop het.
In 2014 verower sy haar tweede Grand Slam-titel deur Dominika Cibulkova met 7–6(7–3), 6–0 in die Australiese Ope te klop.
Die tabel toon Li Na se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in vroue-enkels waaraan sy deelgeneem het:
Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA-Ope |
---|---|---|---|---|
2005 | Rondte 3 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Rondte 1 |
2006 | Rondte 1 | Rondte 3 | Kwarteindstryd | Rondte 4 |
2007 | Rondte 4 | Rondte 3 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie |
2008 | Rondte 3 | Nie deelgeneem nie | Rondte 2 | Rondte 4 |
2009 | Nie deelgeneem nie | Rondte 4 | Rondte 3 | Kwarteindstryd |
2010 | Halfeindstryd | Rondte 3 | Kwarteindstryd | Rondte 1 |
2011 | Eindstryd | Wenner | Rondte 2 | Rondte 1 |
2012 | Rondte 4 | Rondte 4 | Rondte 2 | Rondte 3 |
2013 | Eindstryd | Rondte 2 | Kwarteindstryd | Halfeindstryd |
2014 | Wenner | Rondte 1 | Rondte 3 | Nie deelgeneem nie |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Li Na (tennisspeler), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.